Ons sit verlede week by ons kerk se sel groep, natuurlik, dis dan Woensdag aand, dit is uit oudergewoonte hoe die week se skedule verloop. Nietemin, maak ons beurte om die tafel om te vertel hoe dit met jou gaan. Ek benut die voordeel daarvan om op die verste punt van die tafel te sit en die amper-laaste spreekbeurt te hê om gou ‘n mooi antwoord in my gedagtes te formuleer, terwyl ek in gedagte hou dat niemand tog hier is om te hoor hoe dit werklik gaan nie, ons leef nie meer in so samelewing waar die ‘Hoe gaan dit?’ opreg geantwoord word nie. Nee, ons is al mooi gekondisioneer: “Goed dankie en self?” – dis nou indien jy wel nog een van diegene is wat ‘dankie’ sê en wedersydse belangstelling toon.
Intussen baklei my hart en kop in splitsekondes met mekaar, en vir ‘n oomblik is ek werklik so in verwondering hoe ons brein die vermoeë het om in splitsekondes aan letterlik honderde dinge gelyk te kan dink..inelkgeval, die mooi, netjies en agtermekaar gedagtes rofstoei met die waarheid wat werklik in my hart rond sluip – ek is nie nou so heeltemal great en okay nie. Aan die een kant wil ek nie kla nie, hoe kan mens kla met ‘n wit brood onder die arm. In my lewe is ek skatryk – nie met die tipe bank balans waar ek my eie rekening wil hack nie, maar skatryk in liefde van my fenominale ouers en hartsvriende, goeie gesondheid, ‘n werk wat ek werklik voor lief is, en dan natuurlik al die honderd duisend ander dinge wat mens so graag as vanselfsprekend in ons lewens aanvaar..
Maar iewers is my hart en kop nie meer so lekker in lyn nie en is daar nie net loadshedding in ons straat nie, ek ervaar so bietjie loadshedding in my hart ook – en ek wonder meteens waar is God om die ligte aan te sit, en for that matter, die ligte aan te hou? Hy verwag van my om ‘n helder liggie vir die wêreld te skyn, maar dit voel of daar ‘n emmer oor hierdie liggie gesit is. ‘n Emmer van moeg wees, die tipe moeg wat slaap nie in ‘n oogwink gaan regruk nie. ‘n Emmer van onsekerheid in myself, ‘n emmer van hartseer oor alles wat seermaak en dinge wat ek nie verstaan nie, ‘n emmer van self-verwyt van die foute wat ek maak en dan bid en jammer sê net om weer dieselfde foute te maak. ‘n Emmer van wegkruip want ek wil nie gesien word nie, deels oor skuldgevoelens wanneer die duiwel my so graag kom herhinner van elke liewe detail van my sondige natuur, en deels omdat sosiale media ‘n ontevredenheid oor myself begin kweek het – ook net omdat ek dit toegelaat het. Soveel emmers, so min lig.
Ons almal het ons eie emmers wat ons self oor ons liggies sit. Dis bietjie soos om jouself op ‘n Stage 6 loadshedding te sit terwyl die elektrisiteit eintlik aan is.
Hierdie gedagtes bly deur die loop van die week by my en ek ervaar meteens seker die eerste en enigste ‘Ah’ oomblik: Ons kan nie vir God vra waar Hy is omdat Hy vêr voel, as ons die een is wat wegkruip omdat ons skuldig voel nie. God is nie vêr of kwaad nie, ons is kwaad en vol onvergifnis – teenoor onsself! Die resultaat? Ons voel nie ons verdien om in God se geselskap te wees nie, en ek weet virseker hierdie sondaar doen nie, maar in ons identiteit is ons eers God se kind voor ons sondaars is, ‘n sondaar wat wel overdose op genade, maar ons is eerste God se kind, dit is wat Hy oor ons spreek, ongeag.
Ek reflekteer aan elke keer wat ek die swart skapie was wat in self-inflicted loadshedding gesit het, dit was nooit God wat die ligte afgesit het nie. Dit was ek. Soos Adam en Eva toe hulle van God weggekruip het oor skaamte en skuldgevoelens, onvergifnis teenoor hulself. Aan die een kant is dit seker goed dat die Heilige Gees my kom convict van die foute in my lewe, maar aan die ander kant is dit – soos ek nou besef het – van kardinale belang dat ons leer om ons foute met genade en vergifnis te hanteer soos ons dit van God vra. Ek kan nie van Eksom verwag om die main switch aan te skakel sonder dat ek my eie skakelaar gebruik en dan kla omdat dit donker is nie. Die tyd het gekom, soos vir Paul, om in die tronk ‘n midnight-miracle te ervaar. Jy mag jou liggie skyn, jou loadshedding is net tydelik, dit is nie jou identiteit nie.
Leer om jouself te vergewe, voordat jou skuldgevoelens jou gaan leer om al verder van God af weg te dwaal omdat jy dink Hy is kwaad of unforgiving nie, Hy is nie, inteendeel, Hy het jou vir Homself geskape en jy is Syne – Hy sal jou nooit alleen los nie. Sy liefde en genade is groter as enige skaamte of skuldgevoel en Sy genade groter as enigiets wat ek met hierdie einste brein wat aan soveel dinge op ‘n slag dink wanneer mense om ‘n tafel gesels, nooit sal kan begryp nie.
MooisteVrou, haal die emmer van jou kop af en gebruik dit om jou pad te begin mop. Ek weet dit klink waansinnig, maar dink net vir ‘n oomblik daaroor. God het jou reeds toegerus om jou liggie te laat skyn en om die regte pad te volg, en Sy genade-emmer loop oor wanneer ons foute maak. Moenie jou liggie verdof en jou pad vuil hou omdat jy voel jy underserving van God se genade is of te vêr weg nie, God wil net hê jy moet huistoe kom. He created you for Him, and He loves you too much to leave you as He found you.
Vergewe jouself vir die kere wat jy nie ma, dogter, suster of vriendin van die jaar was nie – die lewe gebeur en voor jy dink jy gaan nog tyd maak om iets van jou honderde to-do lysies aft e tick, dan is jou emmer reeds leeg en dis okay om tyd vir jouself te vat, jy moet tyd vir jouself vat anders is jy besig om vanuit ‘n leë koppie ‘n groot slukkie niks te skink – ons almal het dit al probeer en ons elkeen kan getuig hierdie poging baat niemand niks.
Vergewe jouself vir die kere wat jouself teleurgestel het en dit verwar met teluerstelling van God. Hy ken jou hart, ongeag jou aksies. As jy verkeerd was ken Hy dit ook, dis nie ‘n groen kaart om te maak en breek met mense se gevoelens soos jy wil nie – maar give it time, give it grace and give it to God. Wanneer jy voel jy het jouself en Hom teleurgestel, én wanneer jy teleurgesteld voel as gevolg van omstandighede. Onthou altyd, God bly dieselfde al verander my omstandighede, en God bly dieselfde al verander my omstandighede nie. He’s always working all things together for good for those who love Him. Dis ‘n belofte reg uit die Bybel, dis nie voelgoed-fêncy woorde vir ‘n blog nie. Vertrou op Sy waarheid, al maak dit nie nou dadelik vir jou sin nie.
Vergwe jouself, want die laste wat jy nou so swaar aan dra het Jesus reeds vir ons onthalwe aan die Kruis gedra. Hy het dit juis gedoen soda tons laste lig sal wees om te dra. Ek weet ons is almal fenominale, sterk vroue, en al kan die wêreld dit nie nog harder skree nie, wil ek jou graag herhinner dat dit nie ‘n vereiste vir vrouwees is om alles op jou eie te wil doen en dra nie. Vergewe jouself, sit dit neer en rus bietjie by jou Skepper – dis nou jou beurt aan hierdie tafel en Hy wil hoor hoe dit werklik met jou gaan, sonder emmers en sonder loadshedding. As jy tans in ‘n seisoen van emmers en loadshedding is, is di took reg – God wil dit steeds hoor. Hy bly dieselfde God, ongeag die seisoen waarin jy jouself tans bevind.
Liedjies om te luister:
Same God – Elevation Worship
Kind - Cory Asbury
Greater Still – Brandon Lake
Pride of a Father - Hillsong young & live
Baie liefde,
Rouxnette 😊