Rouxnette Wiegand
‘Here, ek weet ek moet by U uitkom, en ek wil so graag. Maar my sonde is te swaar, my teleurstelling te groot en skuldgeveloens vreet my op, so ek gaan net eers aan myself werk voordat ek weer op my geloofspad klim.’
Klink hierdie gedagte dalk vir jou bekend? ‘n Gebroke sondaar kan tog nie voor ‘n almagtige God staan nie, so dan oortuig ons onsself dat ons eers ons 60% kapasiteit op 100% moet kry voordat ons durf om God se troon te nader om by Sy voete te gaan rus.
As jy al so gevoel het, wil ek eerstens vir jou sê dis heeltemal okay. Soms slaan die lewe bietjie die wind uit ons seile en kry ons ‘n overwagse slaggat en ons bande blaas af. Dis normaal. Inteendeel, welkom by die regte lewe. Ek gaan nie vir jou vertel die lewe gaan altyd mooi wees nie, dit sal ‘n leuen wees. Al wat ek wel kan sê is dat hierdie oomblikke en beproewings nodig is om ons geloof te versterk.
Voordat ek groot gedoop is, het ‘n verhouding met God altyd vir my so maklik gelyk van ‘n buitestaander se oogpunt. Die lewe moet mos maklik wees vir ‘goeie Christene’, want God is aan jou kant. As ek net toe verstaan het watter battlefield mens werklik betree wanneer jy God kies, dan sou ek dalk vroeër al ge-oefen het om werklike bold prayers te bid! Nietemin, genade ontmoet ons in hierdie plekke ook en rus ons toe to fight the good fight, ongeag die potholes op ons lewenspad.
Ek het wel onlangs hierdie waarheid geleer: my sonde is nie my identiteit nie. Ek is eers God se dogter, voordat ek ‘n sondaar is wat overdose op genade. Dit is wie God sê ek is, ek is heel eerste Syne voordat ek enigiemand of enigiets anders is. Fyn aanmekaar geweef deur Sy Vadershand, vir Hom. As ek dink aan wat Jesus vir ons aan die kruis kom doen het, wonder ek altyd wie is ek om te sê ek is eers ‘n sondaar as God klaar gesê het ek is vrygekoop. God dink ons elkeen is ‘n 10 - inteendeel, God dink ons was worth giving His only Son to die on the cross for us - en ons het die audacity om te dink Hy is verkeerd want ek en jy dink dalk ons is net-net ‘n 6.
Tweedens, wil ek vir jou sê ek dink God lag saggies vir ons soos ‘n Pa doen wanneer Sy kinders eers hulle eie koppe wil volg - net die blote gedagte dat ek werklik dink ek kan op my eie insigte staat maak om beter te wees en myself reg te ruk is bietjie waansinnig, nie noodwendig onmoontlik nie, maar wel waansinnig en ‘n onnodige struggle wat ek in my rugsak gooi.
Sonder om soos ‘n regte girl te klink, is die poging wat ons aanwend om onsself reg te ruk amper soos wanneer ons self ons pap bande wil omruil. Natuurlik kan ek ‘n band omruil, maar natuurlik vat dit ook effens langer as wanneer my pa dit doen. Dood eenvoudig vir die rede dat my pa fisies die krag het om die bolts en nuts los te draai en die kar op die regte plek op te jack, hy weet hoe die eindproduk moet lyk en hy weet hoe om dit uit te voer in die regte volgorde. Ek kan dit doen, maar hy kan dit vinniger en meer effektief doen want hy is toegerus met insig en krag om dit te doen.
Dieselfde beginsel geld wanneer ons die spanner uit God se hand wil haal om ons eie lewens te probeer fix. Hy sal dit vir jou gee en selfs nog saggies fluister en instruksies gee as jy bereid is om te luister. Terselfdetyd sal Hy altyd geduldig wag vir die dag wanneer jy uiteindelik terugkeer na Hom om op Sy krag en insigte staat te maak. Hy is jou Pa, natuurlik wil Hy jou help en is Hy die enigste Een wat werklik kan, maar Hy gaan nie Sy helpende hand op jou afdwing nie, Sy liefde lyk nie so nie.
Kan jy jouself hierdie genade voorstel: dat God so sagkuns ons bande weer met genade-lug kom vul wanneer ons pogings om op ons eie beter te wees misluk. Saggies. Skoon. Lig. Alles net genade en verdere bevestiging hoe graag God net naby jou wil wees.
Geloof is die hoeksteen en kompas van alles wat in ons lewens aangaan en hoe ons daarop reageer, die dinge wat ons nog nie gesien het nie en ons wandel saam God terwyl ons wag om daar uit te kom. Geloof bedek alles van ‘n nuwe band, na ‘n afgeblaasde band, die alleen season wanneer ons ons rug op God draai want ons maak staat op ons eie insigte om self ons bande te ruil, na die waiting season vir God om jou bande te vervang en iets goed te maak vir Sy eer.
God wag vir jou en wil so graag saam met jou rus, net daar waar jy is. Practice makes perfect, maak seker jy is besig om jou hart en gedagtes te oefen om op jou geloofspad te bly ongeag omstandighede, eerder as om jou eie kragte te oefen om jou eie bande om te ruil.
“Trust in the Lord with all your heart, and do not lean on your own understanding. In all your ways acknowledge him, and he will make straight your paths.”
Proverbs 3:5-6 ESV
“The Lord your God is in your midst, a mighty one who will save; he will rejoice over you with gladness; he will quiet you by his love; he will exult over you with loud singing.”
Zephaniah 3:17 ESV
“And those who know your name put their trust in you, for you, O Lord, have not forsaken those who seek you.”
Psalm 9:10 ESV
For King & Country - God Only Knows
Cecily & Meredith Andrews - Never Known a Love
Jonathan David Helser - Find Me
Revelation Enterprises - God van Wonders
Crowder - Come As You Are
Baie liefde,
Roux
Xx