Die ervaring van geen klank nie, of die ervaring van so min geluide dat dit as volledig natuurlik en rustig beskou word is hoe "Wikipedia” dit beskryf . Ek beskryf stilte as die geluide van vrede, daardie rustige oomblikke wanneer die klank golwe van jou gedagtes teen jou ore vasslaan maar nie by jou mond kan uitkom nie .
Toe ek groot geraak het was stilte die geluid van warboel . Ons almal ken hierdie woorde wat deur n mamma gespreek word “ Hoekom is die kinders so stil, wat vang hulle nou weer aan? “ Ek het dit nooit verstaan nie want ek was tagtig persent van die tyd een van die kinders wat heeltyd op my eie was en myself besig gehou het met inkleur of skryf ,maar toe raak ek tanie van twee woel waters en ek begin myself daardie woorde meer gebruik as wat ek besef. En skielik is stilte nie meer n goeie ding wanneer hulle in dieselfde vertrek is nie ,maar nie te min ek veruil daai oomblikke vir niks.
Vandag wil ek net ons almal terug bring na n ander tipe stilte die wat ons min van kry en nee ek praat nie van die loadshedding stilte nie,ek praat van die stilte wat jy ervaar wanneer jy op die strand sit en kyk hoe die branders teen die rand vas slaan sonder om verby daardie lyn te gaan . Ek praat van die stilte waar die enigiste geluide wat jy hoor jou gedagtes is en mense kan hulle soms raas . Ek praat van die stilte wat jy kry wanneer jy kinders sien speel en net hulle lag geluide hoor ek praat van die tipe stilte wat jou hart snare trek en n glimlag op jou gesig sit. Ek dink dit is belangrik dat ons almal tenminste een keer n dag hierdie tipe stilte ervaar en wanneer jy nie kan nie net vir jouself sal laat onthou dat wanneer dit stil is beteken dit nie noodwendig iets fout is nie dit beteken net die vrede binne jou siel wil n voorskyn maak so, laat dit toe en knyp jou lippe teen mekaar en wees net stil want soms in die stilte vind jy jou waarde in God meer as wat jy in die wêreld se geraas sou.
“Buig laag voor die Here. Wag op Hom sonder om veel te sê.Hou op om jou so om te krap oor hoe goed dit met skelms gaan”- Psalms 37:7 DB