Al ooit gevoel jy is nou alleen in ñ donker gat, dit voel nie eers of jou gebed bo uit kom nie. En al wat jy eintlik wil doen is op ‘n hoop sit en huil! Mooistevrou, ek val sommer met die deur in die huis. Jou swakhede, jou moeilikste omstandighede, jou seer en trane is nie eers vir ons Vader ‘n druppel in die emmer nie. Sy genade is vir ons té groot dat Hy ons alleen sal los om so mismoedig te voel. Met vrouemaand op ons, wonder ek so hoeveel vrouens onderdruk hul emosies bloot omdat jy ñ vrou is. Ons dagtakies vereis al ons aandag, dan is daar moontlik kinders wat na omgesien word, huistakies wat afgehandel moet word, jou lewensmaat het jou tyd nodig en as alles gedoen is, slaan die horlosie - slaaptyd. Waar pas jy in? Het jy werklik tyd om by jouself in te check? If you’re one of those people who has that little voice in the back of her mind saying, ‘Maybe I could do [fill in the blank],’ don’t tell it to be quiet. Give it a little room to grow, and try to find an environment it can grow in…. Vrou, as jy al hierdie dinge kan behartig tot die beste van jou vermoeë al voel jy jy skeep jouself af, dink net wat kan jy wees en alles doen as jy vry is in jouself en ook na jouself omsien soos jy na ander doen. Mag jy hierdie vrouemaand jouself vier - nie iemand anders nie, nie jou ma of sussie nie - JOUSELF. Doen hierdie vrouemaand elke dag iets vir jouself - al vat dit letterlik 5-minute se koffie in stilte, al doen jy jou grimering agter ‘n toe deur, of al bad jy langer as gewoonlik. Niemand gaan te na gekom word nie, want jy is ook belangrik! As jy volhou in hierdie maand, sal jy gou die tyd hê om elke dag en nie net in vrouemaand na jouself om te sien nie. Jy maak saak. Jou gemoedstoestand is belangrik. Jy verdien tyd vir jouself. Jy mag ook sit en niks doen nie! Vier vrou wees - vier jouself! Dit is wat God vir jou wil hê, want so skyn Sy lig deur jou. Jou hindernisse sal jy ook met Sy genade en krag deur kom, mits jy na jouself kyk en weet waar vandaan jou krag kom.
top of page

Stay inspired
With weekly inspirational blogs
Search
Noelene Bester- Jul 27
- 2 min read
Sosiale media maat ma-wees so moeiteloos lyk, dit skep die perfekte wêreld, maar tog weet ek en jy dat dit nie eintlik die geval is nie.
Ek verkyk my altyd aan die “reels” op instagram, waar mamma’s in hul mooiste klere op videos verskyn saam hul kinders. Vreesloos vry op die strand hardloop, in die mooiste kafee ‘n koffie en groot stuk koek geniet. Moet my nie verkeerd verstaan nie - ek sien die mooi hierin raak. Maar, hoe sal ons reaksie wees as ons sosiale medie gevul is met die “raw & real” van ma-wees?
Deesdae as ek in die publiek gesien word is daar ‘n 90% kans dat my klere kolle op het van my 8-weke oue reflux baba, my oë lyk moeër as gewoonlik en ek gaan jou nie noodwendig dadelik herken nie. Bloot vir die feit - my moeg is moeg. In hierdie nie-so-mooi deel van mamma-wees, het ek boonop nog ‘n peuter wat se emosies te groot is om te hanteer en die aanpassing van die enigste een kind na die oudste kind is oorweldigend.
Ons mag dalk ‘n episode in die winkel hê waar sussie huil omdat sy nie iets kan kry nie, mamma moet ferm nee sê en dan merk ek ‘n tannie op wat haar wenkbroue lig. Want hoe kan mens nee sê vir so klein mensie? Ja tannie, ons het perke en sussie moet leer dat sy nie altyd haar sin kan kry nie.
Sou dit vreemd wees om hierdie oomblikke ook af te neem en vir die wêreld te wys? Ons wil die idee skep dat alles mooi en maklik is, maar dit is nie die geval nie.
Ek het koffie gedrink saam ‘n vriendin en sonder om oor my woorde te struikel het ek gesê ‘sommige dae is vrek moeilik, ek sukkel!’
Toe ek dit hardop sê, het dit gevoel ek doen iets verkeerd, maar hierdie vriendin is ook ‘n mamma en sy ken die ins & outs al te goed - want, ja, ons sukkel al lyk dit nie so nie.
Mamma-wees voel dalk of jy nooit rus nie - jy moet bont staan vir alles - enige tyd! Jy moet net reg wees. Dadelik.
Mooiste-mamma , sosiale media skep ‘n beeld van Ma-wees. Ja, ons het daardie oomblikke ook. Maar die agter die skerm oomblikke waar jou klere bemors is, jou skouers hang en jy voel jy kan nie meer nie, hierdie is die oomblikke wat in my oë mooier is.
Jy gaan nie jou vuil klere, deurmekaar hare of kort-humeur onthou nie. Jy was daar in die oomblik, jy het jou alles gegee vir die kleinste mensie wat op jou staat maak. Hulle maak nie staat op ons om die perfekte video te maak nie. Hulle gaan onthou hoe was daar gespeel en gelag, saam geleef in die oomblik.
Mamma - al is jou dae nie die perfekte instagram reel nie, jy doen goed. Jy bou aan God se koninkryk, en jou chaos is perfek, al voel dit meer oorweldigend as enige iets anders.
Neem jou chaos in, neem dit ook af - want daarna gaan ons die meeste verlang!
Voor jy jou oë uitvee bly jou klere skoon, en jy tel nie meer speelgoed en kinderskoene op wat die huis vol lê nie.
358 views0 comments
Noelene Bester- Jul 7
- 2 min read
“ I've seen busy people make time. I've seen bad communicators communicate well. I've seen bad texters respond quickly and write paragraphs. I've seen people "who aren't ready for a relationship" get ready in two conversations. If someone wants you, you won't have to ask for effort. “
Moeite.
Vir party gaan hierdie swaar af, vir ander is dit tweede natuur en kom sommer van self. Sommige vul hul beker deur meer te gee as wat verwag word, en ander dreineer hulself as moeite teveel is.
Mooistevrou, waar bevind jy jouself wanneer jy “moeite” doen? Vul dit jou beker, of maak dit jou eerder moeg?
Ek besef dat ons as mens soms bang is om moeite te doen vir iemand, dit mag jou dalk herinner van iets wat seer was in jou verlede, of iemand anders kry iets waarvoor jy graag bid - ‘n beter werk, om ‘n babatjie te baar, om ‘n gelukkige huwelik te hê of om dalk net liefde te vind.
Onthou altyd, dat hoe meer jy gee hoe meer sal jy ontvang, nie noodwendig dieselfde nie, maar dit wat JY in daardie oomblik nodig het. En wanneer jy gee, mag jy dit met liefde doen, met ‘n glimlag en ‘n ligte hart.
Ons Vader sê in Jeremia 30:17
“Ek sal jou gesond maak, jou wonde genees, sê die Here….”
JEREMIA 30:17 AFR83
As jy daardie ekstra myl vir iemand stap, al maak dit seer en dis vir jou moeilik - onthou dat ons Vader jou wonde sal genees. Presies dalk in hierdie manier, wanneer iets seer is, is ons Vader besig om ons te vorm in iets beter. Jy mag dalk die “closure” kry wat jy nodig het.
Mag jou moeite mooi wees, Mooistevrou. Leef Sy lig, en jy sal LIG wees!
bottom of page