Mooiste vrou, jou gevoelens is normaal, maar dit is nie akkuraat nie. God het jou bitter lief, en Hy waak oor jou.
Om pyn en leiding te ervaar is bloot die gevolg van die lewe, nie omdat God jou wil straf nie. Hy sê dan in Jeremiah 29:11 “For I know the plans I have for you, plans to prosper you and not to harm you, plans to give hope and a future.”
Gisteraand om middernag lê ek steeds wakker, ek rol rond en wonder oor hierdie struikelblok wat voor my en my man soos ‘n berg lê. My gedagtes tuimel rond in my kop en die gevolgtrekking wat ek maak is dat God besig is om my te straf, want die berg wat tussen my en my man lê, is presies wat ek jare terug aan ‘n eks-kêrel gedoen het. Die enigste verskil is, dis nie my man se keuse om op te tree soos wat hy doen nie, daar is ‘n mediese rede daarvoor. Ek het ‘n keuse gemaak om hom so te aanvaar en dit is nie regverdig dat ek hom nou daarvoor wil verwyt nie.
Maar, die duiwel is baie besig en speel met my gedagtes. Ek sukkel om die duiwel te ignoreer. My hart is seer en ek wil nie so voel nie. Ek draai vir die hoeveelste keer om en sê hardop: “Ek word nie gestraf nie, God het mý lief!”
Ek wil eintlik net vir jou kom sê dat maak nie saak deur watter diep waters jy besig is om te gaan nie, God sal jou nooit straf nie. Want Hy het jòù lief!