top of page

15 minute saam met God.

“Draw close to God and He will draw close to you.”

Ek lees onlangs Lysa Terkeurst se boek getiteld “what happens when women walk in faith” waarin sy skryf dat as ons saam met God wil stap ons eers gaan moet wegloop van dit waaraan ons gewoond is. Wanneer ons ‘n tree in God se rigting wil gee sal ons eers ons hardkoppige wil om alles op ons manier te doen moet agterlaat.


Leave the attitude.

Leave the stubborn pride.

Leave the right to be right. 


Ons is so gewoond daaraan om op ons eie ritme staat te maak dat ons vergeet wie eintlik in beheer is van ons hart se klopslag. Ons vergeet soms om bietjie te vergeet van alledaagse krake en om eerder op Sy stem te fokus. Mooiste Vrou, wanneer jou siel vergeet om te glimlag, onthou om te onthou wie jou asem is.  


“If you are a woman who honors God right where you are, you are in ministry. Keep being obedient, keep looking for the next door to open, and above all else hold closely to God” - Lysa Terkeurst.

Wanneer ek angstig raak maak ek op 15 minute staat om myself te herinner wie werklik in beheer is van my dag. 


Mooiste Vrou, jou 15 minute moet só lyk:


  • 5 minute van dankbaarheid 

Doen my ‘n guns, Mooiste Vrou, wees genadig met jouself en kyk hoe ver jy al gekom het. Jy is tot meer in staat deur Hom. He has renamed you. You are closer than you think to the faith you’ve always wanted. Sê vir Hom dankie vir ‘n blou Maandag, ‘n lang dag, ‘n moeilike dag – want dit bly ‘n dag wat jy saam met Hom kan stap.


  • 5 minute van “surrender

Dit is vir my soms gerusstellend om myself te herinner “dis okay om oor te gee.” Mooiste Vrou, dit is belangrik om te besef jy is nie in beheer van jou dag nie. En dit is dan net so belangrik om Hom toe te laat om oor te neem. You have God – who is infinitely creative and on your side. 


  • 5 minute van prys

Mooiste Vrou, God raak kinderlik opgewonde oor jou en die “mooi” wat vir jou wag. Wees daarom net so opgewonde oor Hom en loof Hom vir wie Hy is en vir wat Hy doen. 


229 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page