top of page

21 Dinge Vir 2021

Ja, ek weet Januarie is lankal verby en jy het dalk al van jou nuwejaarsvoornemens afgetick. Jy eet nie meer tjoklits nie en jy drink net oor naweke wyn. Dis great en ek is saam met jou bly, maar hierdie is nie 'n nuwejaarsvoornemens lysie nie. Hierdie is iets wat uit vrees geskryf is. 'n Vrees vir 'n lewe waar ons meer kon bereik en ons het nie. Nie omdat ons nie die vermoeëns het nie, maar omdat die lewe ons in ’n rigting gedruk het en ons dit net aanvaar het.


Ek wil hê ons moet besef dat ons dit waarvan ons nie hou nie ook kan verloor. Daai werk of verhouding waarin jy is net omdat dit veilig is? Jy kan dit verloor, want alles is tydelik. So, my argument is dat ons dan netsowel 'n kans kan vat op dit waarvoor ons lief is. 'n Kans op iets wat dalk, net dalk jou wêreld kan verander.


Dink so daaraan: Ons almal het iets om na die tafel toe te bring en as ons dit nie bring nie, mis die wêreld uit op dit, mis die wêreld uit op JOU. En dit maak my hartseer, want op hoeveel lieflike vrouens het die wêreld al uitgemis? Ek kan aan ’n paar dink en ek is seker jy ook.


As jy nou bietjie van ’n kriewel aan jou binnekant ervaar en jy besef dat die wêreld besig is om uit te mis op jou, wil ek jou uitdaag. Kom ons vat die res van 2021 en ons werk aan onsself. Kom ons bereik ons volle potensiaal en kom ons sit meer energie in dit waarvoor ons lief is.


Hier is ’n paar riglyne om jouself op 'n plek te kry waar jy braaf genoeg sal wees om die kans te vat op dit waarvoor jy lief is. Alles begin by jouself en die tyd om die lig op jou binnemens te skyn is nou. Jou binnemens wat jou “stuur” en alles wat jy doen beinvloed, goed of sleg.


  1. Leer ken jouself, elke deeltjie van jouself. Skyn lig op elke hoekie van jou hart, stap deur elke kamer en soek dit wat jou jou maak. God het elke individu uniek gemaak en slegs tyd in Sy teenwoordigheid kan vir jou hierdie uniekhede van jouself openbaar.

  2. Nou ken jy jouself, nou moet jy jouself LIEFHÊ, onvoorwaardelik lief. Dit sluit jou verlede en swak besluite in. Selfaanvaarding is een van die beste dinge wat jy kan bekom. Slegs wanneer jy jouself aanvaar het sal dit vir jou moontlik wees om te glo dat jy genoeg is en werklik hier op aarde is vir ‘n spesifieke doel.

  3. Moet nie ‘settle’ vir tweede beste net omdat jy alleen voel nie. Daar is baie ‘mediocre’ dinge in die lewe. Eet ‘n stuk ‘mediocre’ kaaskoek, bly in ‘n ‘mediocre’ huis, maar jy doen nie ‘mediocre’ LIEFDE nie. Liefde moet alles bedek, alles glo, alles hoop en belangrikste van als, liefde moet alles verdra. En as daar een ding is wat ‘mediocre’ liefde nie sal kan doen nie, is dit verdra.

  4. Besef en aanvaar dat almal op hulle eie tydlyn is. Hierdie is JOU tydlyn. Moenie vergelyk nie.

  5. Voeg meer opbouende woorde by jou woordeskat. Daar is soveel krag in wat ons sê.

  6. Praat oor jou foute. Lewe is te kort vir almal om dieselfde foute te maak, laat ander toe om uit jou foute te leer. Dit is ‘n groter geskenk as wat jy kan besef.

  7. Leer om NEE te sê. Jy mag nee sê, as jy nie wil nie dan wil jy nie. As dit by jou eie welstand kom mag jy selfsugtig wees.

  8. Vind jou PASSIE. Dinge wat jou opgewonde maak is gekoppel aan jou lewensdoel, volg dit. Analiseer dit wat jou opgewonde maak sorgvuldig en kyk dan of jy ‘n beroep daaruit kan maak of aan kan koppel.

  9. REIS. Gaan sien jou land, ander lande, plekke en mense (as jy al BAIE verlief was sal jy verstaan dat mense ook gereis kan word).

  10. Jou liggaam is ‘n tempel; die Heilige Here woon in jou, laat dit jou motivering wees om die gesondste en fikste weergawe van jouself te wees.

  11. Doen ‘n liefdestaal toets, vind uit hoe jy liefde gee en ook hoe jy dit wil ontvang. Dit sal al jou verhoudings, romanties- en nie-romanties, versterk.

  12. ‘Mental health’. Maak seker jou kop is gesond. Jou welstand hang als van jou gedagtes af. Jou gedagtes vorm jou lewe, dus kan ek nie genoeg klem plaas op ‘mental health’ nie.

  13. Wat laat jou tiek? What sparks your soul? Wat steek jou aan die brand as dit naby aan jou kom. Beoefen dit.

  14. WAARDEER liefde selfs wanneer jy nie deel daarvan is nie.

  15. Leer om te VERGEWE. Onvergifnis steel jou vreugde en dit is nie die moeite werd nie.

  16. Vat jouself op ‘n ‘date’ en geniet jouself vir wie en wat die Liewe Here jou gemaak het, want jy IS genoeg en Hy het jou gemaak om geniet te word, al is dit vir eers net deur jouself.

  17. Bou genade in jou menswees in en maak dit ‘n kern karaktereienskap. Genade wys jou dele van mense se harte wat oordeel, kwaad en verwyt nie kan of ooit sal nie.

  18. Koester en maak tyd vir kwaliteit tyd saam met jou mense. Ons is so geleen.

  19. Die gras is nie groener aan die ander kant nie. Maak net jou gras meer gereeld nat en jy sal sien. Jou gras is so mooi en groen soos die hoeveelheid tyd en aandag wat jy daaraan spandeer.

  20. Hou jou voete op die grond.

  21. Ag en dan vier jy jouself. Hou ’n partytjie en noem dit “Yay me”. Want jy huil oor al die mooi binne jou en jy is op ’n plek waar ander se seer joune is, want dis Syne en ons is een.


P.S. Daar is mooi mense daar buite wat lewe wil blaas in jou drome. Onthou dit.


- Jani Marais


1,002 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page