top of page

31 Lewenslesse geleer, 31 redes om self-liefde toe te pas...

Die belangrikste les wat jy kan leer is om te luister na al die ander lesse en ek wens ek't meer geluister, minder "geworry" en meer geleef. Op 31 belowe ek myself om meer te luister na my instinkte, en ek hoop jy sal ook.


Hier is 31 dinge wat ek geleer het die afgelope tyd in my lewe.


  1. "Confusion" gebeur wanneer ons fokus verkuif van Jesus en staat maak op "outside resources" in plaas van Jesus Christus as jou "Source".

  2. Daar gaan mense wees wat niks van jou hou nie, dis belangrik dat jy van jou hou sodat jy nie validasie by hulle verwerping soek nie.

  3. Jy sal nie iets gedoen kry, as jy nie begin nie.

  4. Vergifnis maak werklik vry - vergifnis is vir jou, of hulle dit verdien of nie.

  5. Hoe meer jy mense uit jou lewe hou wat toxic is, hoe minder probleme sal jy hê, veral wat verhoudings aanbetref.

  6. Moenie jou hart op 'n skinkbord gee aan iemand wat nog nie bewys het dat hy jou liefde verdien nie, en selfs bewys hy jou verkeerd, moet hy steeds vir jou baklei - op 'n Christelike wyse. You're the prize.

  7. Stadige nee's is die beste manier om grense in jou lewe in te bring en te beoefen.

  8. Grense is die beste beskerming wat jy vir jouself kan gee.

  9. Luister na jou Gees en jou "gut"; vir meeste dinge in ons lewens is dit ons kompas, en luister ons nie, brand ons ons vingers op een of ander manier.

  10. Wees sag en geduldig met jouself.

  11. Om iets te "rush" bring of teleurstelling, of seer, of mislukking - vat jou tyd, veral met besluite.

  12. Jy hoef niks nie; wanneer jy gedruk voel om iets te doen of te sê, beteken dit 'n situasie manipuleer jou om te reageer; pause, word stil, wag 'n bietjie en dink mooi voordat jy reageer.

  13. Ken jou waarde; KEN jou waarde, weet presies wie jy is, en wat jy wil hê in die lewe.

  14. Luister na die eerste rooi lig; teveel kanse, laat jou val in 'n greep van "is ek regtig goed genoeg" en jy probeer die situasie of persoon "justify" en dit maak dat jy nie luister na jou eie belange en wat dit regtig aan jou doen nie.

  15. Een nee is genoeg. As hy jou respekteer sal hy luister en dit herstel.

  16. Probeer nuwe dinge, dit gee selfvertroue.

  17. Jy hoef nie altyd te antwoord nie, jy kan maar stilbly ook.

  18. Soms moet jy iemand van 'n afstand liefhê.

  19. Jou lewe is "up to you", dis jou keuse watter houding jy wil dra, slegte dinge gebeur met almal, maar jy kan kies wat jy daarmee maak.

  20. Net omdat jou ouers dalk verkeerde besluite gemaak het, beteken nie jy moet dit volhou of teen hulle hou nie, dis jou lewe, jy kan kies hoe JOU lewe moet lyk.

  21. Harde werk, bereidwilligheid, eerlikheid en entoesiasme is van die mees belangrikste kwaliteite wat jy kan hê, met dit sal jy hoogtes bereik.

  22. Jy's nie "too much" nie, jy's jy.

  23. Om moeite te doen en meer te doen as wat van jou gevra word is mooi, moenie dit stop nie.

  24. Tyd is min, waardeer die mense in jou lewe wat altyd by jou staan.

  25. Net omdat jy iets verkeerd gedoen het, beteken nie jou lewe is oor en die Here klaar met jou nie, Hy het oneindige genade vir jou en oneindige liefde.

  26. Mense hou jou dop, en dis die regte ding om reg te probeer lewe, maar as jy 'n fout maak, so what, jy's net mens en dis okei, maak foute,.

  27. Lewe gebeur vir jou, nie teen jou nie.

  28. Dis jou eie werk om seker te maak dat jy genees, niemand gaan kom en jou "fix" nie.

  29. Leef in die hede, neem elke oomblik in en probeer kyk wat jy kan leer uit elke situasie, deur dit te beskou as 'n les en leer proses.

  30. Jou verlede was nie tydmors nie, dit was seisoene van groei, jy't geleer. En alles wat gelei het tot waar jy vandag is het 'n doel vir dit wat voorlê, dra positiwiteit in jou hart en sien hoe alles uitspeel.

  31. Proverbs 21:21 "He who follows righteousness and mercy, finds life, righteousness and honor."



-Adele


Sluit aan by Mooistevrou Club




719 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page