top of page

Trek!

Dit is moontlik een van die mees minder dinge waarvan enige iemand hou en dit is Trek. Na 30 Jaar het my ouers besluit dit is nou tyd om finaal ‘n plek van hul eie aan te skaf en 'n huis te koop (waarvoor ons vreelik dankbaar is om te kan doen, veral met vandag se ekonomie ), maar niemand het vir ons gesê dat daar soveel energie ,dit is nou emosies in gesluit, daarin sal gaan nie. 


Ek kan nog onthou toe ek jonger was, was trek een van die lekker dinge in die lewe, jy pak jou speelgoed in 'n sak en as jy weer sien is jy in ‘n nuwe kamer geen moeite, geen werk. Die grootmens lewe het my dadelik laat besef dit is toe nie meer so maklik nie. Tussen al die uitsorteer van jare lange se briefies en prentjies en wie weet wat nog, is die pak baie meer uitdagend as net speelgoed in ‘n sakkie gooi. Ek het ook vinnig besef dat om 12 bokse te pak uit een kas nou n realiteid word en ek nie besef het ek het so baie boeke nie ( en ja ek het almal gelees ). Hoe meer ek inpak hoe meer kom ek agter hoe baie ek het en is in daai oomblik wat dit my slaan “ Nadia jy is so bevooreg” ja dit is nou well nie die duurste of die mooiste goed ni,maar ek dink op daai oomblik het die emosie van dankbaarheid so diep geslaan dat ek besef het ons almal myself ingesluit, is soms so ondankbaar met wat ons het. Ons wil altyd meer, beter of mooier besit. Op daardie oomblik besef ek dat wat ons het bepaal nie hoe dit lyk nie, maar hoe ons daaroor voel, ons voeg waarde aan seker dinge en dit is hoekom ons met honderde prentjies en briewe sit, geld kan nie altyd alles koop wat ons harte en menswees nodig het nie maar, een ding kan ek vir julle verseker dit kan baie boeke koop.


Ek sit en blaai deur prentjies wat ek self geteken het toe ek nog op laerskool was en ek wonder wat in my gedagtes op daardie ouderdom aangegaan het, want in werklikheid sit almal se son in een of ander hoek en op 'n later stadium begin die son 'n gesig kry, wel julle almal weet wat ek bedoel, laat ek terugkom by die pak gedeelte . So is ons gereed om “ laai en waai” soos hulle hier in die Oos Kaap sal gebruik en ons kom agter dat daar naby 'n 100 bokse is vol goed. Ons is in skok want ons weet ook dat alles wel weer uitgepak moet raak, daardie is nog iets van trek wat dit soveel meer opwindend maak die uitpak gedeelte. Dit voel jy was op een groot “shopping spree” en kan alles nou weer in hulle kaste terug pak.


Met trek kom daar ook baie nuwe dinge ,hoe die kamers kan verander watter kleur die huis geverf kan raak en al sulke lekker dinge, ‘n nuwe begin, ‘n nuwe geleentheid om herhinneringe te maak en nog so twee honderd bokse se goed bymekaar te maak.


In die proses van trek het ek vreeslik baie oor nuwe seisoene begin leer ,daar moet altyd iets eindig vir iets nuut om te gebeur en ek gaan julle met hierdie gedagte los. Gee geboorte aan jou nuwe seisoen, dit mag dalk soos geboorte pyne in die begin voel, maar wanneer dit aanbreek en jy staar dit in die gesig is alles die moeitewerd.


Niks in die lewe is net van selfsprekend nie, so wees altyd dankbaar, hou jou kop hoog en werk hard. Na 30 jaar is daar nuwe hoop vir my ouers, want hulle het besef dit is nooit te laat terwyl jy nog asem haal nie. 


Nadia

145 views0 comments

Related Posts

See All

Stilte

bottom of page