top of page

A away vir die res van 2021

Die drie A's

Aanvaar

Aanpas

Aanhou


Toe jy jou nuwejaarsvoornemens opgestel het vir 2021 het jy dalk nie gedink dat dinge nogsteeds sou lyk soos dit nou lyk nie? Jy het dalk, soos ek, gedink dat die virus teen die tyd al weg gaan wees of tenminste meer weg.


Ek het gedink ek sou die winter in SA verruil vir ’n sorgvrye vakansie in Europa en ook gehoop dat ek nie als 7 keer hoef af te vee in die gym nie. Maar hier staan ek steeds met my sanitizer en wag vir ’n treadmill. Ag en ek hoef nie meer te sê nie, want jy weet, ek weet jy weet.

Dit als op sy, is ek nie hier om te kla oor als wat aangaan nie, maar ek is wel hier om vir jou te sê dat jy nie nog 6 maande hoef te wag om lewe te blaas in jou ambisies nie. Dis nou die tyd om bereikbare doelwitte te stel en 2021 joune te maak.


Al ooit gehoor van die drie A’s? Hiers wat jy moet weet:


AANVAAR

Google sê om iets te aanvaar beteken “to take or receive something offered” en ek kan nie meer saam stem nie. As jy iets aanvaar, kies jy om dit te vat en dit joune te maak, al is die uitkomste van hierdie aanvaarding nie altyd aan jou kant nie.

Voorbeeld: Jy het ’n restaurant. Die covid regulasies kom gooi als deurmekaar. Wat nou? Nou kyk jy om jou en jy sien dat dit nie net jy is nie en daar is ook fisies niks wat jy aan die omstandighede kan doen of verander nie. Al wat oorbly is aanvaar, aanvaar wat besig is om te gebeur. Ek wil he jy moet daarop let dat aanvaar nie gelyk is aan opgee nie.


AANPAS

Ah, hierdie is my gunsteling een. Aanpas is gelyk aan geleentheid en geleentheid het potensiaal. Ek weet dat almal nie ewe goed ‘deal’ met aanpassing nie, maar die tyd waarin ons lewe vereis dit amper. Dinge verander oornag en ons kan dit meeste van die tyd nie beheer nie. MAAR jy kan aanpas en dis jou kompeterende voordeel.

Voorbeeld: Restaurante mag net ’n seker hoeveelheid mense bedien en party weke is net wegneemetes toelaatbaar. Jy het nog nooit wegneemetes gedoen nie, maar nou moet jy om te oorleef. Jy stel selfs iemand aan met ’n scooter en nou lewer jy sommer af ook. Wat het jy nou net gedoen? Jy het aangepas.


AANHOU

Hierdie is nou weer my minder gunsteling een. Aanhou voel vir my na iets wat moet gebeur as iets nog nie uitwerk of ’n sukses nie. Alhoewel dit seker waar is, help dit my om daarna te kyk deur my doelwitte en passies. Dis makliker as jy aanhou probeer omdat dit wat jy wil bereik na aan jou hart is. Aanhou is hoogs noodsaaklik en meeste van ons gee net net te gou op. So moenie soos meeste van ons wees nie. Wees die uitsondering, wees die een wat aanhou.

Voorbeeld: Jy het nogsteeds jou restaurant, maar mense ken jou nie as ’n plek wat wegneemetes doen nie, so jy kry swaar. Nou hou jy aan deur jou bemarking te verander of selfs nuwe oplossings te soek. Aanpas oorvleuel hier met aanhou.


Eenvoudige voorbeelde, maar hierdie 3 A’s is oral van toepassing, selfs in ons persoonlike lewe en verhoudings.

SPRING BINNE IN AUGUSTUS IN EN VAT TERUG JOU 2021!

Jy het dalk uitgestel as gevolg van finansiële of persoonlike redes, maar dit is nooit te laat om jou doelwitte na te jaag nie, om ’n beter jy na te jaag nie. JY, JA JY VERDIEN DIT.


341 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page