A Good Mom
Has bad days + great days
+ normal days + overwhelming days + perfect days + trying days + super mom days + a whole lot of love + real + crazy motherhood days.
Goeie ma’s het ook slegte dae
Om ma te wees is soveel meer as net verantwoordelikheid en ‘n titel. Alles begin by daardie swangerskap toetsie, van daardie punt begin jou reis. Vir my, was dit ooweldigend, blydskap, opgewondeheid, ‘n gevoel wat jy nie vir my iemand kan beskryf, want jy en net jy alleen is verantwoordelik om daardie klein mensie binne jou te lat groei, op te pas en te koesteer.
Dan word jou babatjie gebore en die gevoelens is soveel meer, jy wil die perfekte ma wees vir jou kind, maak nie saak hoeveel keer daar vir jou gesê word daar is nie so iets soos ‘n perfekte ma nie. Jy wil alles reg doen, en dan kom die dae en oomblikke wat jy jouself verloor. En dan wanneer jy weer jouself reggeruk het kastei jy jouself oor jou swakheid.
As ma is jy konstant in ‘n “battle” met jouself.
Is ek goed genoeg?
Doen ek alles wat ek moet?
Het ek nou die regte keuse gemaak?
Gee ek genoeg liefde? Raas ek te veel? Stimuleer ek my kind genoeg?
Ons probeer so hard om ma te wees, dat ons vergeet om mens te wees.
Geen mens, verhouding of werk is net p
erfek nie, so hoekom sal ma-wees net perfek wees? Dis doodnormaal om goeie en slegte dae te hê as ma. Ook normaal om net op te daag en jou beste te gee vir die dag, want môre het jy weer ‘n super-held-ma-wees-dag. Daar’s baie trane en soms voel dit of jy jou kop verloor, só asof jy op die rand van mal-wees staan, maar net soos jy op daardie oomblik voel, gaan jy op ‘n ander dag weer die teenoorgestelde voel. Dit is hoe dit is om ‘n ma te wees.
Dit help om jouself nie te verwyt vir jou slegte dae nie, want ons almal bly net mens. Ons is nie bo-natuurlike wesens sonder hart en siel.
“Motherhood is magical.” Dit is regtig, want die goeie dae maak soveel op vir die slegte dae.
Hetsy jy af dae het of nie, jy bly ‘n goeie ma as jy daagliks net die beste weergawe van jouself van daardie dag kan bied vir jou kind.
