top of page

Aan die man wat nog moet opdaag: Ek werk aan my terwyl ek wag vir jou.



Hey Frênd. Ek verwys maar na jou as frênd, want soos ek myself ken gaan ek jou virseker eers lekker in ‘n friendzone gooi voor ek jou naby aan my hart gaan toelaat, ek belowe dis nie intensioneel nie, dit is ‘n default setting om myself te beskerm, want ‘n paar goeie akteurs het ook al hul voorskyn gemaak in die waiting season., maar soos Deidre Barnard se liedjie lui, kan hy net soveel voorgee voor hy jou kom verras.


Soms wonder of ek jou al ontmoet het, dalk ken ek jou al jare, dalk het jy al voor my in die kerk gestaan of miskien het jy al voor my ingery en het ek jou saggies geskel, byvoorbaat jammer daaroor – verkeer is nog ‘n teerpunt vir my, maar ek werk daaraan. Miskien oorskry jy grense opsoek na jouself, of dalk na iets groter as jouself. Miskien sit jy in Jo’burg traffic en dink aan my ook, of jy dwaal dalk iewers in die Vrystaat vlaktes en verbeel jou ‘n prentjie wanneer jy na jou beeste gaan kyk. Dalk is jy besig om spoor te sny in Limpopo terwyl ‘n lekker Theuns Jordaan treffer in die agtergrond blêr. Hoe dit ook al sy, en waar jy ookal jouself bevind, hier is ‘n paar dinge wat ek solank in the waiting season met jou wil deel:

As ek nie van beter geweet het nie, sou ek dink jy is wraggies aspris om so lank al nie op te daag nie. Ek herhinner myself gereeld dat ek nie gebind is tot die wêreld se kalenders nie juis omdat ek weet ek en God het nog nooit na dieselfde horlosie gekyk nie, maar dit raak bietjie uitdagend om nie vasgevang te raak in die ‘wanneer is dit my beurt’ as ek konstant sien hoe almal om my verloof raak, gevolg deur die sprokiestroue en dan ‘n pienkvoet. ‘n Regte ‘white-picked-fence’ verhaal soos in elke modern country liedjie. Soveel soos ek dit vir elke liewe vriendin gun, juis omdat ons so hard saam mekaar oor ons lewensmaats bid, wonder ek regtig of jy dalk verdwaal het op ‘n scenic route oppad na my toe? Dis okay as jy het, ek sou ook die scenic route vat. En ek het al ‘n klompie kere. Dis waar ek elke keer vir Jesus ontmoet, want in Pretoria is daar skaars plek vir nog ‘n kar, wat nog gepraat van plek vir God? In dieslefde asem kan ook getuig dis juis hier, in die besige strate van Pretoria, waar God oor en oor sy perfekte puzzle bou – stukkie vir stukkie!

Dis okay dat jy laat is, ek glo met elke stukkie ekstra liefde wat ek vir jou kweek en bêre en elke nuwe storie wat ek oorleef om vir jou te vertel, dat jy is eintlik perfek op skedule is.

Jy sien, ek het nie fancy woorde of ‘n mooi agtermekaar storie om eendag vir jou te vertel nie, maar ek hoop op die journey waarop jy jouself bevind leer ken jy genade, want dit is die enigste woord wat ek ooit gaan kan gebruik om my lewe en my storie vir jou te verduidelik – alles doodeenvoudig net genade. Onverdiend. Oorvloedig. Onbeskryflik.


Ek wil graag glo ek is op die straight en narrow, maar ek was al meer kere as wat ek trots is om te sê die een waarvoor God die 99 voor gelos het. Maar God is goed, grace fills the gaps. Dis belangrik dat jy weet ek bid al jare lank vir jou: jou menswees, jou karakter, jou familie, jou vriende en dat jy die een is wat die inspraak maak eerder as wat jy die een is wat beinvloed word. Ek bid vir jou werk en dat jy passievol is in wat jy doen. Ek bid dat jy werklik diep tevrede en gelukkig is, selfs al gee die lewe soms ‘n tequila shot waarvoor jy nie gereed was nie. Ek bid vir jou gemoedstoestand en dat jy eendag die vrymoedigheid sal hê om jou heel diepste emosies, gedagtes en gevoelens met my te deel – ek weet nie of jy soos die classic Suid-Afrikaanse man geleer is dat mans nie emosie toon nie, asseblief doen, dit is vir my die heel mooiste eienskap. Ek bid al jare vir jou, dat jy ‘n Effesiers 5 tipe man sal wees, en natuurlik ‘n man soos my pa, in jou eie hoedanigheid.

Maar terwyl ek dit vir jou bid, werk ek so hard aan myself om ‘n Spreuke 31 tipe vrou te word. Vir my, vir jou en vir die voorbeeld wat ek hoop ons eendag vir ons kinders kan wees.

Ek moet bieg, ek het al vir God gesê Hy kan jou nou maar hou want lyk my jy gaan inelkgeval nie opdaag nie, en dis toe dat ek besef ek moet my fokus verander van jou na God want wie dink ek is ek om vir die Skepper van die heelal te sê Hy moet sy planne vir my lewe aanpas want my geduld het opgeraak, the audacity. So dit is waarmee ek tans mee besig is. Die gebed het weereens verander, en ek het vir God gevra Hy moet jou nog net so rukkie op die scenic route hou tot ek die weergawe van myself is wat ek uiteindelik mee tevrede is, want ek het intussen ‘n nuwe paar wyshede bekom.


Ek het besef ek hoef nie hierdie wereld met al sy prag en al sy seer alleen te face nie, ek oefen dit elke dag want ek is effens van ‘n beheervraat en doodeenvoudig gewoond daaraan om al vir 26 jaar op myself staat te maak, hoe onnodig simpel van my? Ten minste kan ek nou daaroor giggel. Maar ek is elke dag nader aan jou toelaat om hierdie dinge saam my te ervaar. Ek leer lief raak vir myself, in die beeld en waarheid wat God oor my gesê het en hoe my identiteit in Hom lyk. Hierdie is nog die moeilikste ding wat ek al ooit moes doen, naas die toespraak wat ek by my broer se roudiens moes gee. Dis blerrie moeilik. Vir 26 jaar het ek soveel leuens oor myself geglo, bloot omdat ek net nooit intensioneel geluister het na alles wat al die goeie siele met wie die voorreg gehad het om al ‘n pad te kon stap nie. Ek luister steeds moelik, maar ek hoor intensioneel meer en hou al meer van daardie waarhede vir myself. Hoe is dit regverdig om te verwag dat jy my moet liefhê as ek nie myself lief het nie – en hoe kan ek jou dan werklik liefhê soos wat ek graag wil, as slegs die buitelyne van my hart geteken is en ek nooit die rooi verf oopgemaak het nie?


Gelukkig vir my, en gelukkig vir jou, is God se tydsbereking so perfek. Hy het fenominale mense in my lewe kom sit – die tipe vriende wat ek vir jou ook bid. Hulle hou my op die reguit paaie, hulle lag saam wanneer ons op nuwe avonture gaan en hulle huil saam wanneer ons op nostalgiese liedjies dans. Hulle sit saam met my in hotelle, en drink goedkoop wyn saam met my in parkeerterreine. Hulle celebrate klein victories saam met my in glo meer in my as wat ek in myself glo. Hulle wil weet hoe gaan dit met my hart, en hulle kom agter in my stemtoon wanneer iets pla. Hulle leer my dat daar soveel plek en aanvaarding is vir presies wie ek is, maar hulle hou my accountable om beter te wees waar ek kan. Hulle is reg uit die hemel uit. Elke liewe een van hulle. Ek hoop en bid jy het sulke mense. Die veilige, langpadmense.

Ek was altyd te trots om te sê dat ek vir jou wag, want die man vir wie ek eendag wag sal al sy sterre dank. Maar Jesus het die trots kom verander in afwagting. Sien, Jesus is nie wreed nie. Hy plant nie drome in ons harte as Hy nie van plan is om dit te bewaarheid nie, and even if He doesn’t, bly Hy SO goed. Ek hoop jy ervaar ook sulke intieme, intense oomblikke met ons Skepper. Ek hoop jy leer ook om in obedience uit jou gemakzone te stap. Ek hoop jy is bietjie weird, dis al hoe ons hierdie gospel saam gaan share, soms moet mens bietjie weird wees vir Jesus – dit is hoe obedience vir my lyk!

Ek is opgewonde om jou te ontmoet. Ek wens ek kon nou al weet wie jy is dat ek ekstra intensioneel saam met jou oor jou gebedslysie kan bid, maar ek glo God werk in jou hart soos wat Hy in my hart kom werk het. Ek kan nie wag om alles vir jou te vertel nie. Geen fancy woorde, geen classy stories nie..its been quite the adventure, meeste stories sal mense my nooit glo nie, maar dis hoe my lewe lyk. Ekstra intens. En ek het ‘n week terug eers besef dis nie iets wat ek hoef te verander nie, want dit is presies wie ek is, en ek leer baie vining om versot te raak daarop! Hierdie lewe is vir my verskriklik mooi. Mooi is nie eers die regte woord nie, maar ek streef hierdie jaar na ‘eenoud’ – so mooi is dan goed genoeg.

Terwyl ons wag, wil ek twee liedjies met jou deel:

Minke Brits – Bou aan ‘n Vrou: as jy die liedjie luister sla jy ‘n 0.02% glimpse kry van wat in hierdie hart aangaan.

Live at Liv - Come Holy Sprirt: hierdie liedjie maak my so gelukkig. Ek hoop jy reach nations en route na my toe, ek is opgewonde om dit saam jou te doen!

Ek sien uit vir wanneer jy kom, ek werk net nog bietjie aan myself terwyl ek vir jou wag. Ek hoop jy laat God toe om met jou ook te werk. Ek is ‘n romantikus, ek glo nog in ‘The Notebook’ tipe liefde, want my hele familie is real-life voorbeelde van the real en raw fairytales!


“When the time is right, I, the Lord, will make it happen.” – Isaiah 60:22

Al my liefde,

Jou afwagtende vir-altyd tjommie!

xxx


4,757 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page