top of page

Aan die vrou wat ek aanhou in die steek laat

Alhoewel ek weet dat ek dit nie altyd wys nie, en alhoewel ek jou deur die jare so seer gemaak het, laat ek begin deur te sê dat daar so baie dinge is wat ek van jou liefhet.

Ek is mal daaroor as jy in die herfs ontdooi/lewendig word, al is alles besig om dood te gaan. Dit herinner my dat jy die skoonheid in dinge vind, selfs wanneer dit tot ‘n einde kom. Ek hou daarvan dat selfs in jou moeilikste tye wanneer jy nie die pad voor jou kon sien nie, jy in elk geval gekies het om aan te gaan. Jou veerkragtigheid is 'n deel van jou waarvoor ek jou nooit genoeg krediet gegee het nie.

Ek weet dat ek jou al meer kere platgeslaan het as wat ek jou opgelig het, en ek weet dat ek nie altyd die plooie by jou oë gesien het as jare se glimlagte en lag nie, maar eerder 'n fout wat nooit reggemaak kon word nie. Ek weet dat wanneer jy goed gevoel het oor jouself, het ek daardie brose plant van selfliefde wat jy so saggies gegroei het, vergiftig.


Ek is jammer dat ek, vir elke keer wat jy vir my gesê het dit gaan goed met jou, amper onmiddellik met jou saamgestem het. Dit is nie dat ek wou nie, ek het net my vrese meer geprioritiseer as wat ek jou geprioritiseer het.


Ek hoop dat jy my glo as ek sê dat ek van nou af belowe om die eerste persoon te wees op wie jy kan staatmaak in tye van chaos en onsekerheid. Ek belowe om jou lief te hê wanneer jy voel jy is “unloveable” en daar vir jou te wees wanneer jy voel niemand anders is nie.


Ek sal nie meer met jou spot wanneer jy besluitloos is om jou koffie te bestel nie, want ons kan dan saam lag. Ek sal jou nie dwing om paniekerig te raak as jy jou trein mis nie, want daar sal altyd 'n volgende een wees. En wanneer jou hande bewe van golwe van angs, sal ek die eerste persoon wees wat hulle vashou.


Ek weet dat ek net een kans staan ​​op 'n liefde soos joune, en hierdie keer belowe ek om dit reg te doen. Ek hoop dat jy kies om my te vergewe vir al die kere wat ek jou minder laat voel het as wat jy is, want ek weet dat daar niemand in hierdie wêreld is wat ek meer moet liefhê as jy nie.


Liefde,

‘n Jy wat belowe om beter te wees.


Foto: Farrinni

313 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page