top of page

Al dra ‘n aap ‘n goue ring…

Ek het iewers ‘n quote gelees wat lui- “you can hide your identity, but you can’t hide your true self”


Nou let’s face it… ons almal ken daai persoon wat voorgee hy (of sy) is iets wat hulle nie werklik is nie. Jy weet…daai een wat net ontwerpers klere dra want netnou dink iemand sy is doodgewoon nes ons almal, die een wat die waanspreeklike “promise” ring aan sy vinger sit want hy probeer die aandag van sy rondloper oog aflei of die een wat dalk die vroom glimlag op haar gesig sit en maak of sy nie van alles en almal om haar skinder nie…


Wel Mooistevrou, vandag wil ek jou herhinner dat al dra ‘n aap ‘n goue ring- bly hy maar ‘n lelike ding!

Ons lewe ongelukkig in ‘n wereld van voorgee waar dit makliker is om ‘n valse beeld vir ander te projekteer as om net eg te wees aan wie jy werklik is. Want om eg te wees vereis van jou om soms te moet erken dat jy self ook soms daai aap met ‘n goue ring is, en om dit te doen moet jy jou foute herken…jou “flaws” openbaar aan die wêreld…en soms wegstap van die “cool” groepie bloot net om die regte ding te doen.

Mooistevrou, verwyder die ape met hulle goue ringe uit jou lewe en behou die mense wat eg en opreg is. Behou die mense wat daadwerklik net die beste intensies vir jou het en laat gaan die gene wat jou net as ‘n tydverdryf en opsioneel sien.


Ek self is onlangs gekonfronteer deur my eie aap met ‘n goue ring, en waar die gene wat my ken dalk sou dink dat hierdie situasie my dalk sou breek- het dit juis die teenoorgestelde effek gehad want ek het net opnuut my eie waarde besef en sjoe…ek het behoorlik ‘n bullet gedodge want daai aap bly maar eintlik ‘n lelike ding!


Moet jy self ook nie ‘n goue ring dra en voorgee dat jy iets is wat jy nie werklik is nie net sodat jy kan inpas of geliefd voel nie, want dan op die ou einde van die dag is al wat jy eintlik is…ook net ‘n aap! Bly eg aan jouself en moenie bang wees om jou ware karakter op jou mou te dra nie. Vertrou jou instink en stap weg van die tafels waar jy nie veronderstel is om aan te sit nie. Hierdie stap is nie altyd maklik nie maar laat ek jou ‘n geheim vertel- dit is “oh so liberating!”


Mooistevrou ek laat jou vandag met die volgende woorde-

Be bold and be brave enough to be your own true self....”


Nie net is jy dit werd om eg en opregte mense in jou lewe te hê nie MAAR God het jou amazing geskape en jy hoef nie een enkele deeltjie van jouself te vermom met ‘n goue ring vir ander nie.

412 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page