Al is jy ‘n Mamma…bly jy tog steeds ‘n vrou
Die heel grootste geskenk wat ek nog ooit ontvang het was die titel Mamma.
Ek is seker meeste mammas sal saamstem dat moederskap ongelooflik rewarding is maar meeste van die tyd kan dit ook ongelooflik challenging wees. (Jy mag dit maar erken Mamma- hierdie is n safe-zone)
Of jy nou ‘n pasgebore baba het wat sy dag en nag omgeruil het, ‘n kleuter wat sukkel met tandesny of mangelontsteking, ‘n tiener met n houdingsprobleem of selfs ‘n volwasse kind wat die grootmens wereld moet betree…elke fase van ma-wees kom maar met sy eie uitdagings.
Bo en behalwe dit is jy dalk ook ‘n enkel mamma, ‘n getroude mamma, ‘n werkende CEO mamma, ‘n voltydse tuisbly mamma (CEO van haar huis natuurlik), ‘n juffrou-mamma, ‘n stief-mamma…ag kom ons voeg sommer net ook sjef, berader, skeidsregter en taxi by al daai mamma-rolle ook by…
MAAR
Ek dink die uitdaging van ma-wees wat net nie genoeg oor gepraat word nie, of nie durf hardop gese word nie is die nommer 1titel wat jou in staat stel om al hierdie rolle te kan vervul…
JY IS STEEDS NET ‘n VROU!
‘n Vrou met gevoelens, bekommernisse, onsekerhede oor haar voorkoms en behoeftes.
Jy kom met ‘n wenslysie van dinge vir jouself wat jy nie durf hardop wil se nie want jy is meer geneig om jouself af te skeep sodat elke lid van jou gesin en selfs jou vriendinne en familie eerder hulle wenslysie kan he. Jy sal berge versit om die mense om jou gelukkig te maak maar vergeet meeste van die tyd van jou eie hart en geluk..Jy plaas jouself permanent laaste op die ‘’to-do’’ lysie van die dag want jy ag jouself nie as belangrik genoeg nie.
Vandag wil ek vir jou sê Mooistevrou…
Jy mag voel jy maak saak!
Jy mag fokus op jouself en n paar boksies van daai wenslysie afhaal!
Jy is dit werd!
Jy is ook belangrik!
Daar is n engelse spreukwoord wat lui-
‘’You cannot pour from an empty cup. ‘’
Ek het dit nooit heeltemal verstaan tot ‘n vriendin (dankie Anita) dit eendag vir my verduidelik het in die middel van ‘n mamma-breakdown.
Al is jy n superma, gaan jy nie instaat wees om te gee as jou bekertjie leeg is nie. Jy gaan ongelukkig, moeg en geirriteerd wees as jou bekertjie leeg is MAAR elke keer as jy jou bekertjie vol maak (selfs net met ‘n paar druppels) gaan jou uitkyk oor die lewe verbeter en jy gaan instaat wees om ‘n beter mamma, vrou en vriendin te kan wees. Want kom ons erken dit maar - ‘n gelukkige mamma is ‘n goeie mamma.
So hoe maak jy jou bekertjie vol? Dit hoef nie ‘n spa dag of ‘n vakansie op ‘n eiland (SONDER DIE KINDERS NATUURLIK) te wees nie. Dit kan ‘n uur in die gym wees, dit kan ‘n borrelbad wees, dit kan ‘n koffie saam ‘n vriendin wees gits dit kan selfs ‘n glas wyn terwyl jy vir ‘n halfuur wegkruip in die kas wees mamma!
Vat vandag ‘n tree terug…herhinner jouself al is jy ‘n super mamma, jy is steeds ook eerstens ‘n vrou.
Fokus daarop om jou bekertjie ‘n bietjie voller te maak en haal asem.
Jy mooistevrou is God se mooiste skepping, moet dit nie vergeet nie!