top of page

Alleen

Maak jy ooit tyd vir jouself om net alleen te wees, sonder enige sosiale media, televisie, musiek of ander mense ? Ek bedoel werklik alleen te wees net in jou eie geselskap en gedagtes.


Dit is baie belangrik om alleen tyd te kan hê. Ek weet dit is nie altyd moontlik met ons besige lewens nie maar al probeer jy net 10min, sal jy soveel daaruit kan baat. Dit kan dalk vir jou voel of jy selfsugtig is om alleen tyd te wil hê maar jy sal gou agterkom hoe noodsaaklik alleen tyd werklik is vir jou.


Baie mense is eintlik bang om alleen te wees. Hulle kan nie funksioneer sonder ander mense nie. As jy soos ek is, smag jy na alleen tyd net om te kan herlaai en net te kan wees. Om tyd alleen te spandeer net met jouself is hoogs selfsorgend. Jy het nodig om te kan “reset”. Jy kan vinnig uitgeput en oorlaai voel as jy nie alleen tyd maak nie. “You can't pour from an empty cup” Jy moet eers na jouself om sien voor jy na ander kan omsien.


Ons maak ons karre se petroltenk vol en so ook moet jy jou eie petroltenk vol maak. Dit is belangrik om na jou liggaam en gees om te sien sodat jy gesond en produktief kan wees.Is jy iemand wat altyd net gee en gee vir ander? Voel jy dat jy altyd na ander se behoeftes moet om sien en as jy nee sê , word hulle kwaad? Elke mens het sy limiet. Jy kan nie jou eie behoeftes uit stel vir ander nie. Jy sal jou eie idividualiteit begin verloor as jy aanhoudend ander mense voor jouself stel. Ek sê nie jy moet nie daar wees vir ander nie maar wees versigtig dat ander nie die energie uit jou tap nie. Ons moet leer om onsself te waardeer.


Ons almal het tyd nodig om net onsself te kan wees, net om te kan ontspan en te reflekteer. Ons het tyd nodig alleen om “introspection” te kan doen sodat ons kan sien wat moet gaan en wat moet bly. Ons het tyd nodig om daai dinge wat moet gaan uit te wis en aandag te begin gee aan dit waarvoor ons regtig lief is. Elke mens het alleen tyd nodig met God. Ons het alleen tyd nodig om Sy stem te hoor. Hoe kan jy alleen tyd vir jouself skep?


Om in die natuur te wees is een van die lekkerste maniere om alleen te kan wees. Veral as jy by die see kan sit en net kan staar na die branders wat breek. Daar is net iets omtrent die see wat mens sommer dadelik rustig laat voel en mens vrede gee. As jy nie by die see bly nie is dit ook reg. Jy kan in jou buurt loop en net na die natuur om jou kyk terwyl jou gedagtes wegdryf. Jy kan ook jou eie plek skep in jou huis waar jy alleen kan wees. Al lê jy net eenvoudig in die bad. Meditasie is ook baie behulpsaam as jy wil afskakel en net in jou eie gedagtes wil wees.


As jy tyd skep vir alleen tyd sal jy die vermoë hê om verhoudings meer te geniet. Jou gedagtes word weer skoon en oop. Jy voel meer teenwoordig.Dit is ‘n groot prioriteit om tyd vir stilte en eensaamheid te skep. Maak tyd vir jouself.


“Some journeys in life can only be traveled alone.” Ken Poirot

304 views1 comment

Related Posts

See All
bottom of page