Almal hoef nie van jou te hou nie en dis okay!
Een van die mees bevrydendste dinge wat ons in die lewe leer, is dat ons nie van almal hoef te hou nie, en almal hoef nie van ons te hou nie en dit is heeltemal okay.
As daar nou ‘n les is wat ek in die lewe geleer het, is dit die volgende: Ek is nie vir almal nie. En ek sal jou nou ook die tyd spaar en vir jou dieselfde sê - jy is ook nie vir almal nie.
Ek het soveel tyd van my lewe daaraan bestee om “vir almal” te wees. Ek het nie besef dat ek dit gedoen het nie, maar ek het aanvaarding van ander nodig gehad.
Die onderwyser se witbroodjie, goeie presteerder en die people pleaser. Ek het probeer om te wees wat enigeiemand of almal nodig gehad het, want ek wou iemand vir almal wees.
Die lewe is te kort.
Kort voor lank het dit tot die punt gekom waar elke besluit in my lewe geweeg word aan wat ander mense daarvan sou dink. Ek het so vasgevang geraak in alles dat ek van myself en my eie geluk vergeet het. Ek was so groot ‘n people pleaser - ek wou net almal om my gelukkig hou sonder om aan myself te dink.
Moenie jou kosbare tyd en gawes mors om mense van jou waarde te oortuig nie, hulle sal nooit wil hê wat jy kan gee nie. Moenie hulle oortuig om langs jou te loop nie.
Om jou pad met iemand te deel is ‘n heilige gawe, moenie dit goedkoop maak deur joune in die verkeerde rigting te laat loop nie.
Dit is regtig ‘n paar wyse woorde – in alle aspekte van ons lewe van werk tot vriendskap tot verhoudings. Die lewe is net te kort om tyd en waardevolle energie daaraan te bestee om iemand te probeer oortuig dat jy vir hulle iets is.
Jy is nie almal nie
Dit is natuurlik nie altyd maklik nie. Dit kan diep in jou psige wees, om te dink oor wat ander van jou dink en hoe hul menings voor jou eie moet kom. Maar regtig, dit hoef nie so te wees nie.
Hoe meer tyd jy aan jouself bestee, hoe meer sal jy sien dat jou mense na jou toe sal kom. Dit sal dalk nie oornag gebeur nie, maar dit is geen rede om op te gee nie.
As jy nie van iemand hou nie, is dit nie regtig ‘n weerspieëling van jou nie, dis net dat jy nie “hul persoon” is nie.
Jy is nie almal nie. Daardie woorde moet in jou daaglikse mantra wees en as jy tans in vriendskappe of verhoudings is waar jy net gevra word wanneer jy iets vir hulle kan doen, of jy word net misbruik vir jou gawes, wat beteken dat jy jouself altyd moet verkoop...beëindig daardie vriendskap of verhouding, want dis nie jou en jou kosbare tyd werd nie.
Maar die wêreld sal altyd vol mense wees, ongeag wat jy doen, sal hul nooit van jou hou nie. Maar dan is hy ook vol mense wat jou ongelooflik baie sal liefhê!
Dis ‘n les wat ek in die lewe geleer het.
Wat is iets wat jy in die lewe geleer het?