top of page

Almal Soek Antwoorde

Vandag is daar geen fancy woorde nie, geen soetsappige verhaal oor ‘n rooskleurige lewe nie, geen ‘haar-lewe-is-so-agter-mekaar’ praatjies nie. Nee, vandag wil ek vir jou kom sê dat ‘sy’ nie so okay is nie. Sy is radeloos, sy is moeg, sy is bekommerd, sy probeer moed hou, sy probeer positief bly, sy probeer sterk wees, sy skraap net-net genoeg woorde bymekaar om ‘n gesprek met Jesus te voer, sy baklei elke dag ‘n hele klompie oorloë in haar kop – een teen haar haarself, een teen die vyand, een teen die samelewing, een tussen moed hou en opgee, een tussen haar en God. Ek is ‘sy’. ‘Sy’ is jy. ‘Sy’ is die mamma wat moeg is. ‘Sy’ is die vrou wat weer waardeer wil word. ‘Sy’ is die vriendin wat daar is vir almal. ‘Sy’ is ‘n Ester en ‘sy’ is ‘n Rut. ‘Sy’ is ek en ‘sy’ is jy.


Sy val op haar knieë. En onder ander omstandighede sou dit bekend gewees het, want dit is tog waar sy nog altyd op haar sterkste was. Maar nou bly sy op haar knieë, want op haar swakste wonder sy waar gaan sy krag kry om weer op te staan. So terwyl sy wonder, terwyl sy wag, terwyl sy kwaad, hartseer en moedeloos is, bly sy op haar knieë. Soms sê sy niks, soms sê sy teveel. Soms hardloop haar gedagtes weg en weet sy nie met wie sy dit werklik kan deel nie, want dis morsig en onvoorspelbaar soos sneeu in September. Sy lag ‘n oomblik vir haarself en onthou Jesus het haar gedagtes al lankal geken nog voor sy dit so kon oordink, en sy besef opnuut Hy is die een aan wie sy die warrelwinde kan probeer verduidelik.


Die lewe gebeur elke dag al hoe vinniger vir elkeen van ons. Ek dink nie hier is meer een vrou wat hierdie kan lees sonder om die seer van verlies te ken, of sonder om iemand te help dra aan ‘n verlies wat iemand na aan jou ken nie. Indien wel, hoop ek met alles in my dat jy nooit sal nodig hê om die verlies van ons verruklike realiteit te verstaan nie. As jy nie verstaan waardeer iemand gaan wat rou nie, bid ek dat jy nooit dit hoef te moet begryp nie. Al wat ek hoop jy begryp, is dat verlies nie soos ‘n operasie is nie. Dit is nie ‘n

ongeluk wat gebeur en na drie maande se fisio is jou wond genees nie. Dit is nie om ‘n been teen breek nie, dit is om ‘n been te amputeer en daarsonder te oorleef. Meeste van die dae leer mens om saam met dit te leef, en ander dae is dit bloot ‘n kwessie van oorlewing.


Wat ek wel geleer het van verlies, in watter vorm jy dit ookal ervaar, is dat almal antwoorde soek. Verlies stap hand-aan-hand met vrae. Dit gee en neem gelyk. Verlies lyk anders vir almal, maar dit los ons almal met dieselfde: vrae. Verlies kan dalk lyk soos vriendskappe wat ‘n doodloop straat bereik, of ‘n werkskontrak wat nie hernu word nie. Dit kan dalk lyk soos ‘n verhouding wat na jare saam nie uitwerk nie of ‘n droom huis wat nie op jou naam kan kom nie. Dit kan dalk lyk soos ‘n hospitaal bed, ‘n plat magie in ‘n moederskoot of ‘n kruis teen ‘n boom. Verlies het baie labels en ongelukkig is dit die een handelsmerk wat ons nie kan kies nie, dit is iets wat hierdie lewe vir ons elkeen uitdeel, hoe onregverdig dit ookal mag wees.


‘Sy’ het lank met Jesus gepraat. ‘Sy’ het ook lank stil gebly. ‘Sy’ het lank probeer soek na Sy stem, en toe die antwoorde nie klink soos troos nie, het ‘sy’ na mense gedraai om vertroosting te vind. ‘Sy’ was oorweldig deur troos en mense wat omgee, deur drukkies en boodskappe en gebede, maar ‘sy’ was teleurgesteld om te vind dat die leemte van werklike vertroosting steeds karring. ‘Sy’ het toe nog ‘n bietjie by Jesus gesit en ‘sy’ het besef dat die antwoorde wat ‘sy’ soek, nie iets is wat mense vir haar sal kan gee nie.

Elkeen van ons se lewens en ons tyd op hierdie aarde is haarfyn beplan en ‘carefully handcrafted’. Dit is ‘n ‘divine appointment’ wat die hemel met elkeen van ons het, van die dag wat ons in ons moeder se skoot opgedroom is, tot die dag wat die hemele weer jubel en juig wanneer ons plekkie voorberei is.


‘Divine Heavenly Appointment’ – laat dit vir ‘n oomblik in jou gedagtes sink.


God het ‘n spesiale afspraak met elkeen van ons, van die dag wat ons die lig sien, tot die dag wanneer ons die ewige lig sien. Dit is vir ons menslike brein makliker om te begryp dat ons tyd op aarde beperk is, tot wanneer verlies aan ons deur kom klop. Dan skielik is die tyd te min en die lewe heeltemal onregverdig. Wanneer teëspoed ons eie adres mis, is dit amper minder erg as wanneer dit aan ons eie deur kom klop. Die lewe gaan ‘vinniger’ aan as dit nie jou deur is nie. Maar die lewe gaan ook aan, selfs wanneer dit jou eie deur is.

Die lewe het onlangs aan ‘haar’ eie deur kom klop. Die lewe was onregverdig en realiteit was wreed. ‘Sy’ het vinnig besef dat die lewe nie ‘n trade-off is nie..my lewe vir joune, my gehoorsaamheid vir sy lewe. Ek sal dit doen as die Here net dit sal doen. Dit is nie hoe geloof werk nie. Dit is nie hoe die lewe werk nie. ‘A million little miracles’ lyk soms baie soos die seerste en die verste wat jy van Jesus af voel wanneer realiteit van

‘n vervalle wêreld juis dit word, realiteit. Die vrae, die baklei, die bid, die stil bly, die trane, die onthou, die verandering, die ‘wat as’ en ‘ons moes nog’. Dit is in daardie gesprekke waar Jesus ‘haar’ kom herhinner het dat jy nie ‘n aardse antwoord vir ‘n hemelse afspraak gaan kry nie. Dit is soos om met elke ekstra vraag waaroor jy nie vrede kry nie, ‘n ekstra sak sement in jou rugsak te pak en op jou lewensreis te neem –

die een wat aangaan, selfs al voel dit of alles om jou stilstaan.


Almal soek antwoorde vir die realiteit waarin ons onsself bevind, maar maak seker die grond waarop die woorde wat jy hoor val, vrugbaar is sodat iets goed daaruit kan bot.


As die grond in jou hart nie met Jesus se Woord en Waarheid gemeng is nie, kan jy seker wees dat die vyand se onkruid sal wortel skiet. Ons moet besef dat wanneer ons sing dat Jesus die dood oorwin het, dit moontlik meer gaan oor ons gees as oor ons liggaam. Soveel van ons haal asem, maar ons siel kort suurstof. Ek neem ons nie kwalik nie, en ek glo ‘grace fills the gaps’ – niemand weet meer hoe om die realiteit van wat voel soos 40 jaar in die woestyn te hanteer nie, maar God is lankal daar waarheen ons nog oppad is en dit sal goed wees, soos Hy belowe het. God het lewe in ons geblaas, Sy asem is ons asem en solank ons asem haal het ons ‘purpose’, en solank ons ‘purpose’ het, sal ons moed skep om vandag te face.


‘Sy’ is ek. ‘Sy’ is jy.


Sy haal diep asem en vat dit een dag op ‘n slag. Sy herhinner haarself aan God se beloftes en plant haar hart se tuin vol van Sy waarheid. Sy weet dit blom nie heel jaar lank nie, maar wanneer seisoene verander en dit in September sneeu, weet sy dat God steeds dieselfde God is wat Hy gister, vandag en môre sal wees. Sy weet Sy beloftes is waarop sy kan staatmaak, al is dit een versie ‘n dag. Net een versie, net een belofte om jou deur die dag te kry. En dit is goed. Dit is ‘n mosterdsaadjie. Dit is stilte. Dit is woorde bymekaar skraap. Dit is trane, dit is skree, dit is baklei, dit is oorgee. Totale oorgee aan ‘n plan groter as ons eie, en ‘n Wil wat beter vir ons wil hê as wat ons self kan dink, want dit is ‘n ‘divine heavenly appointment’ en dit het my en jou naam op.


God vertrou jou met die oorlog, nie dat jy dit alleen gaan wen nie, Hy gaan dit wen – dit behoort aan Hom. Maar Hy vertrou dat Hy jou gaan vind, op jou knieë, waar Hy alreeds wag om jou te ontmoet. Hy vertrou jou met die oorlog want Hy is gereed om jou op te help. Hy het Sy kinder snog nooit teleurgestel nie en Hy gaan nie nou begin nie.


‘Sy’ is ek. ‘Sy’ is jy. ‘Sy’ het elke dag ‘n date saam Jesus, tot haar siel weer lewe kry.


“Spirit lead me where my trust is without borders, let me walk upon the waters, wherever You would call me. Take me deeper than my feet could ever wander, and my faith will be made stronger, in the presence of my Saviour.” - Hillsong


Versies van Bemoediging:


“So do not fear, for I am with you; do not be dismayed, for I am your God. I will

strengthen you and help you; I will uphold you with My righteous right hand.”

Isaiah 41:10

“Perhaps you were born for such a time as this.”

Esther 4:14


“For the word of the Lord is right and true, He is faithful in all He does.”

Psalm 33:4


“Now all glory to God, who is able, through His mighty power at work within us, to

accomplish infinitely more than we might ask or think.”

Ephesians 3:20


“For God has not given us the spirit of fear, but of power and of love and of a sound

mind.”

2 Timothy 1:7


‘” I have told you these things, so that in Me you may have peace. In this world, you will

have trouble, but take heart! I have overcome the world.”

John 16:33


Liedjies vir die Week:


Rend Collective: Weep With Me

Hillsong: Oceans

Elevation Worship: See a Victory

Lydia Laird: I’ll Be Okay

Jenn Johnson: You’re Gonna Be Okay

Bethel Music & We The Kingdom: Dancing on the Waves


Bethel Music: Prepare the Way

For King & Country: Control

Rend Collective: Second Chances


Baie liefde,

Rouxnette <3

592 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page