Ander mense se verwagtinge is nie jou verantwoordelikheid nie.
Hierdie is een van daardie lesse wat mens meer as een keer in jou lewe leer. Inteendeel dink ek hierdie stelling is iets waaraan ons gereeld herhinner moet word wanneer ons ‘n moeilike situasie in die gesig staar. Meeste ‘situationships’ is eintlik nie so ingewikkeld soos ons dit graag vir onsself wil maak nie, dis eintlik heel eenvoudig: jy js verantwoordelik vir jouself. Jou eie gedagtes, jou eie leefstyl, jou eie vriendekring en verhoudings, jou eie tydverdryf. Alles in jou lewe is jou eie verantwoordelikheid, en hierdie is die deel waar ons weereens besef elke aksie het ‘n reaksie. Wat jy kies, is wat jy mee moet saamleef. Dís jou verantwoordelikheid.
Wat ander mense van jou verwag is nie jou verantwoordelikheid nie.
Terwyl die hele wêreld besig is om met iets te ‘identifiseer’, dink ek die veilig om te sê dat ons vrouens almal as magnete kan identifiseer! Ons trek dood eenvouding net alles na ons toe aan. Ek dink dit is ‘n mooi eienskap, want ek glo dit is hoe God die vrou geskape het – die een wat omgee, wat ondersteun, dis in ons natuur om te help as sien alles is nie pluis nie. Maar ek dink nooit God het bedoel dat ons dit ten koste van onsself moet doen nie.
Ek dink nie ons is veronderstel om die gewig van ander se verwagtinge ook aan te trek, terwyl ons net-net kop bo water hou met ons eie verwagtinge oor onsself. As ek vir ‘n oomblik stil raak en daaroor dink is dit eintlik vir my hartverskeurend hoe ons eie verwagtinge moontlik 98% van die keer uit ‘n negatiewe lig spruit. As jy nou vir jouself ‘n lysie moet maak van alles wat jy hierdie week van jouself verwag, sal dit klink of jy met iemand praat vir wie jy lief is en omgee, of is dit eintlik hard en gemeen. Ek wonder soms of is ons nie die mean girl in ons eie storie nie, ek weet ek is soms.
Hierdie week moet ek beter wees. Ek moet begin gym, ek moet reg eet, ek moet inloer by elke vriendin want anders is ek nou weer vriendin van die jaar, ek moet 110% by die werk gee want ek dink dis wat verwag word, ek mag nie foute maak nie en moenie durf Frans praat as nog ‘n taxi voor my inry of loadshedding op die ontydigste oomblik plaasvind. Dan moet ek ook meer intensioneel met my bybelstudie raak en tyd saam Jesus spandeer maar ook nie te lank nie want vloere moet gemop word en wasgoed gevou word. En ek wil net een episode op Netflix kyk en dit ‘chill’ noem.
Dit is absolute waansin. Hoekom doen ons dit aan onsself?
Wanneer het ons so gebreinspoel geraak dat ons eers vir alma landers reg en genoeg moet wees voordat ons reg en genoeg vir onsself is? Die bogenoemde lysie is my eie lysie, maar het eintlik absoluut niks met my uit te waai nie. Dis ‘n people-pleasing lysie vir die verwagtinge van ander mense oor my. En die beste van als, in ons eie hamsterhokkie waar ons hier lysie so na-jaag, is die mense wat hierdie verwagtinge skep salig onbewus van jou interne konstante stryd om hierdie verwagtinge te match nie, want in werklikheid dink niemand so baie aan ons soos wat ons graag wil dink nie. Ons wonder altyd wat gaan mense van ons dink, maar girl, ek belowe hulle dink nie veel aan jou nie. Jy is ook ‘n ‘mense’ in iemand anders se lewe, en hoe baie dink jy oor iemand anders?
Ek het onlangs ‘n worship aand bygewoon en nie veel van die aand verwag nie, net lekker saam sing en connect en tyd eenkant sit om saam Jesus te chill. My hart was op daardie stadium redelik vêr van Jesus af, of so het dit gevoel, want die duiwel het my so konstant kom herhinner oor my foute en sonde. Ek weet nie van jou nie, maar as ek dink aan al my foute en sonde is ek skaam om voor God te staan en te sê, “Hey Jesus, dis weer ek. I’ve failed You again. Sal u my asseblief weer ‘n keer kan vergewe, ek belowe ek gaan beter wees.” But then life happens, en mens voel nie altyd beter nie.
Nietemin, by die worship aand stap daar toe ‘n man na die mikrofoon toe en terwyl hierdie gedagtes deur my kop maal dat ek so graag by Jesus wil uitkom maar die barrier van my eie verwagtinge is in die pad, begin hy woord deel wat ek vir altyd saam my sal saamdra. Hy sê toe die volgende: ‘n Kar hou aan ry al is die vensters uitgeslaan.
Net daar besef ek opnuut God ken steeds my naam. God verwag nie dat ek eers ‘n hele lysie suksesvol afgehandel het voor ek met Hom kan gesels nie. God verwag nie veel van my nie, net dat ek lief moet wees en dissiples van die nasies moet maak. God verwag ook nie dat ek eers dit sal kan doen wanneer my storie en lewe agter mekaar is nie Die lewe gaan natuurlik sy hou gooi en soms gaan dit voel of jou vensters uitgeslaan word, maar net omdat jou vensters uitgeslaan is, verander nie die doel waarvoor jy spesifiek opgedroom en voor geskape is nie. Jou purpose word nie verander deur jou foute nie, dit kan jou dalk reroute op jou pad en jou journey bietjie langer laat vat, maar niks wat ons doen kan God se doel vir jou lewe verander nie, wat ‘n vertroosterende gedagte. He needs me to move where I am with what I have so that He can move want dit het in die eerste plek nie oor ons gegaan nie, dit alles gaan oor die Koninkryk. Maak ons skatte in die hemel of op aarde bymekaar?
So eenvoudig soos dit! En as ek werklik eerlik kan wees, kon ek inelkgeval nog nooit aanklank vind met mense se testimonies wat so perfek klink nie. Nee guys, the struggle is real but so is God – kan ons net vir ‘n oomblik die lewe en al sy spektrums waardeer en celebrate; the good, the bad and the ugly? Dis wat hierdie lewe so flippen amazing maak, dis wat ons lewendig hou en ons karakter bou. Dis wat ons afhanklikheid van God versterk want daar is geen manier in this life wat ek eers kan probeer om hierdie lewe sonder Jesus te doen nie. Uiteindelik dink die afhanklikheid van God outweighs the need om eers al die veragting checklist uit te sort.
By all means, wees beter – jy sal nooit spyt wees om aan jouself te werk nie. Maar moenie fokus verloor nie, ons doen dit nie om aan mense se verwagtinge te voldoen nie. This is personal tussen jou en God want op die einde van die dag is ons almal net besoekers oppad na ons beloofde land. Maak seker jou fokus is by die regte plek. Dit gaan nie oor die mense nie. Luister wat God van jou verwag, die mense en al hulle dinge sal daarna in plek val.
God het jou, MooisteVrou! Los jou lysie oor wat die wêreld vir jou skree en hoor die gentle fluister van jou Hemelse Pa. Dis die enigste lysie en verwagting wat werklik saak maak!
Goodness of God – Jenn Johnson
Nothing Else – Cody Carnes
Baie liefde,
Roux ♥️