top of page

As jy dit kan droom, kan jy dit doen

Van kindsbeen af word daar vir ons ‘n padkaart gegee, wat vir jou lewe bedoel is. Die een wat geskep word as kind deur jou ouers, jou skool, jou vriende en familie, en later deur jou Universiteit, jou beroep, jou eggenoot en die grootmens wêreld.


Alles haarfyn beplan en bespreek, binne die “veilige” opsie in die lewe. Meeste mense hou by die opsie, omdat dit veilig is, omdat jou ouers, hulle ouers ens dit gedoen het. Dit al is wat hulle en jy ken. Maar dit is nie noodwendig die droom wat jy het nie, maar uit vrees vir die onbekende, en om niemand teleur te stel nie, knyp jy jou oë toe en volg die plan, doen wat jy moet om te oorleef en “gelukkig” te wees.

Vir die wat braaf genoeg is, wat hulle eie padkaart skep en volg, vir daardie groepie mense, is daar altyd teenstand en harde werk. Altyd mense wat sê “jy kan dit nie doen nie, jy sal dit nie doen nie, dit gaan nie uitwerk nie.”


Maar as jy vasbyt, aanhou werk, glo en vertrou, die ure insit, sal jy die vrugte pluk van jou uithou vermoëns. Niks in die lewe wat die moeite werd is kom maklik nie. Dit verg tyd, harde werk, opoffering en passie. Die wil om af te skakel en nie te luister na die “naysayers” in jou lewe, om te fokus op dit wat jy wil bemagtig.

God plaas daardie droom in jou diepste binneste, laat jou oor en oor daaraan dink, dit voel in jou menswees. Oor en oor sal jy daarvan droom, praat, deur gebeure en geleenthede gaan wat jou daaraan herhinder. Hoekom? Omdat dit die plan is, die droom is, die passie is wat God vir JOU geskep en ontwerp het. Vir niemand anders nie, want hulle drome en paaie in die lewe is anders. En todat jy nie reageer en optree in die rigting van daardie droom nie, gaan God jou bly herhinder daaraan.


Ek het eendag iets gehoor wat my perspektief hieroor verander het. Iemand het gese “too kill a big dream tell it to a small minded person.” Daardie woorde kan nie meer waar wees nie. Het jy al ooit jou drome gedeel met jou familie? En dan kry jy die woorde “ai my kind, dit is sommer lugkasteel drome, dit gaan nooit uitwerk nie. Hoe gaan jy dit doen? Wat gaan jy daarmee doen? Jy sal nooit geld maak met dit nie.”

Of het jy al jou drome gedeel met jou vriende, kollegas en dan kry jy dieselfde sort reaksies van onwerklike en onbekombare drome. Of hulle se dit werk nie uit nie, maar dan vat hulle jou idees en maak ‘n sukses daarvan. Was jy al hier, gaan jy tans hierdeur? Glo my ons almal was al hier of gaan dalk nog daar arriver.

Ja ons kry die klein groepie familie en vriende, ons moskombersie-mense, wat ons kampvergters is, en bankvas agter ons staan en ons aan “cheer” om ons drome te volg. Daardie mense moet ons koester, want hulle is gemaak en gestuur deur God , op die regte tydstip, om ons te ondersteun, op te tel, trane af te vee en stywe drukkies te gee as die lewe en ander mense onsdruk, wil weg lei van ons drom,e ons aandag wil aflei van ons drome af.


Hulle sê die plek waar die meeste onvervulde drome, projekte en mijoeners is, is in die begrafplaas.

So moenie een van daardie overvulde dromers wees nie. Glo en vertrou, wees dankbaar, sit in de ure, voed jou passie, omring jouself met ander dromers soos jy, mense wat jou inspireer en motiveer. Verdwyn vir 6 maande en werk aan jou droom. Moenie jou tyd uitleen nie, hou vas daaraan, werk hard, hou aan bid, en kom terug ‘n wenner. Laat die mense verstom staan op die mens wat jy geword het, en die oorwinning wat jy bereik het.


Onthou altyd, jou drome, jou sukses, is ‘n genade gawe gegee en geskep deur God, en as Hy dit gegee het vir jou, sal geen mens teen jou kan staan nie. Wees altyd opreg en dankbaar en gee terug aan die wat by jou gestaan het. Pay it forward.


Mag jy altyd vashou en aanbou aan jou drome, mag hulle waar word, maak nie saak hoe "weird of twisted" jou drome is nie.


Aan die ander kant van vrees is die grootste belonings.”


260 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page