Beïnvloed jy ander, of word jy deur ander beïnvloed?
‘’n Hart gevul met liefde en dankbaarheid is kompos vir die wilde veldblomme
van geluk.’ – Karmen Wiid
Ek wil sommer begin deur vir jou te sê, jy wat nou hier lees, of jy nou ‘n mamma,
‘n suster, ‘n vriendin of ‘n swerwer sonder rigting is, jou lewe het letterlik so ‘n
onmisbare banier van goedheid en guns daaroor, dis soos om water van olie te
skei. Ons raak soms so vasgevang in ons allerdaagse algemene roetines, dat ons
dink ‘n groot gebeurtenis is nodig voordat die vyand bedreig voel. Laat my
asseblief toe om te getuig: dit is juis die klein, algemene, allerdaagse dinge wat
die vyand teen die mure uitdryf – ‘n tipiese 8 tot 5 werksdag, om inkopies te doen
vir ‘n doodgewone aandete, algemene beplanning vir ‘n nuwe week...alles
bloot omdat algemeen vereis dat ons volkome op die Here vertrou om te
voorsien.
Die lewe is nie ‘n film waar ons vooraf ‘n vinnige 3 minute voorskou kan kyk om
min of meer ‘n idee te kry van wat ons kan verwag nie, dit is meer soos ‘n eksamen
waar jy na die toets eers die les leer.
Dit is geen geheim dat jou karakter die koers van jou lewe bepaal nie. Wie jy is
wanneer die wêreld nie kyk nie, hoe jy mense hanteer wat nooit iets vir jou in ruil
kan teruggee nie, jou denke oor hoe jy gaan optree wanneer jy van iemand
verskil, jou optrede wanneer die antwoord ‘nee’ is en jy moet wag, selfs jou
gehoorsaamheid wanneer jy geroep word om dinge aan te pak wat jou bang
maak. Jou karakter is soos ‘n boom wat wortel skiet wanneer jy dit water met die
identiteit van wie jy in God is, en wanneer jou karakter gekweek word met die
waarheid van wie jy is in God, is dit vanselfsprekend dat jy die vrug van die Gees
sal dra.
Maar hoe gemaak wanneer jou karakter met vuil water getoets word? Wanneer
die begeertes en drome in jou hart nie volgens jou eie tydlyn verloop nie of die
lewe soveel hartseer jou kant toe gooi wat jy voel jy nie verdien nie en jy wonder
waar is God dan nou? Jy spandeer tyd in Sy woord, jy doen wat gedoen moet
word om jou water skoon gefilter te hou, en steeds lyk dit asof almal anders
rondom jou die vrugte pluk van ‘n boom wat jý dan so lank aan kweek. Nog erger
wanneer dit voorkom of hulle helfde die moeite met hulle eie bome doen!
Net soos wat Rome nie in ‘n dag gebou is nie, net so groei bome ook op hul eie
tyd. Elkeen van ons is ons eie boom, en op jou reis sal jy baie ander bome teëkom.
Sommige sal skadu gooi met suiwer slegte intensies, terwyl ander weer vir jou ‘n
rusplek sal bied. Sommige bome sal vrot vrugte dra wat jou sal siek maak, terwyl
ander se vrugte vir jou voedsaam sal wees en energie bied vir die pad wat voorlê.
Watter boom is jy wanneer die lewe nie volgens jou tydlyn verloop nie? Behou jy
‘n karakter waar jou wortels nie anders kan as om rusplek te bied en gesonde
vrugte te lewer vir diegene wat by jou kom skuiling vind, of word jou karakter
onder druk geplaas tot so ‘n mate dat jou boom skadu oor ‘n ander se pad gooi
en slegte vrugte lewer om hulle pad van voorspoed te pootjie?
Dit is baie makliker gesê as gedaan, ek weet. Ons almal kom op ‘n plek in ons
lewe waar ons gekonfronteer word met ons eie wil, ons eie planne en ons eie tyd
teenoor wat die mees fenominale Resigisseur al lankal oor ons lewens gedroom
en geskryf het. Ons almal wil soms self daardie pen vat en die manuskrip so bietjie
aanpas – ‘n paar tonele verwyder, hier en daar karakters verander, nuwe
karakters self kies en ander tonele vervroeg of vertraag.
Ek het die laaste twee weke opnuut besef hoekom die Bybel vir ons leer om nie
op ons eie insigte staat te maak nie. Ons is nie die regisseur van ons lewens nie.
Ons hou nie daardie pen vas nie. So talentvol, uniek en wonderlik elkeen van ons
geskape is, dink ek nie dis ‘n verantwoordelikheid wat enigeen van ons as mens
op ons skouers kan dra, om ‘n storie so perfek te redigeer, dat dit soos ‘n legkaart
met elke ontmoeting van ‘n ander siel op reis, op ‘n spesifieke tydstip, tot in die
fynste detail te skryf – dit alles terwyl jy God se Naam en volkome plan vir jou lewe,
en almal wat jy teëkom, te bemeester nie.
Die lewe is nie ‘n deadline wat ons kan afjaag nie. Jou lewe is jou eie persoonlike
film, geskryf deur jou eie persoonlike Regisseur wat jou persoonlik gevorm en
geskape het om die hoof karakter in jou storie te wees op hierdie spesifieke
tydstip, tot in die fynste detail, want dit is hoe Hy daaroor gedroom het. Dit is ‘n
asemrowende reis van genade, met ‘n paar tonele van storms en sterk winde,
talle karakters wat vlietend is, oomblikke, plekke en mense wat delikaat
toegedraai word en in jou hart se onthou-kamer gebêre word – of dit as gevolg
van hulle inspraak in jou lewe of die lesse van hulle toneel saam met jou was.
Dit voel soms soos ‘n pay as you go kontrak vir elke keer wat ons buite die Wil van
ons Regisseur beweeg, maar genade laat ons toe om ‘n pray as you go kontrak
te teken, een sonder die fynskrif... ‘n ‘Come as you are, Ek weet alklaar. I created
you for me en so lank as wat ek die pen vashou sal ek jou teen jouself beskerm’
tipe kontrak. Al wat ons moet doen is om op te daag.
Jy gaan nie die lyne vir elke toneel ken nie, al leer jy hoe hard. Jou gebede gaan
nie altyd die regte woorde hê nie, indien dit enigsins woorde gaan hê. Soms gaan
dit voel of jou plafon jou gebede pootjie om by die regte adres uit te kom, want
dit stop eenvoudig net daar, by ‘n wit plafon. Soms gaan jou trane te veel raak
en woorde te min, ander kere gaan jy dalk teveel praat en te min luister.
Selfs ontnugter voel. Maar daardie einste tonele is juis in jou storie geskryf, dit is geen
verassing vir ons Regisseur nie. Persoonlik voel ek dit is so vir 3 redes:
1. Jy is sterk genoeg om elke spesifieke toneel van jou lewe te hanteer, en selfs
wanneer jy swak voel, sal God namens jou sterk wees.
2. Niks bou karater soos om te wag op die Here se Wil nie, en niks skree van
absolute intieme verhouding en afhanklikheid soos om op God te vertrou vir
voorsiening nie.
3. ‘Waiting signifies an expected endurance that’s demonstrated by a directed,
purposeful, active and courageous attitude of prayer’ en dit vernietig opnuut die
vyand se planne vir teëspoed om jou karakter te breek.
Being negative only makes a journey more difficult. You may be given a cactus,
but you don’t have to sit on it. – Joyce Meyer
Wanneer dit lyk of die wêreld om jou se vrugte soeter is en hulle bloeisels voor
joune bot, onthou dat ons almal nie bome van dieselfde soort is nie. Daar is ‘n
spesifieke tyd wat jou boom nodig het om te groei, met spesifieke nutriente wat
nodig is om die beste weergawe van jou soort op te lewer. Nutriente in die sin van
karaktereienskappe soos God dit vir jou bestem. Daar is GEEN ander film soos
joune nie. Nie een enkele mens is geskape soos jy nie, geen ander se voete het
al elke pad gestap wat jy gestap het, elke oorwinning en verlies ervaar wat jy
ervaar het, elke spiritual battle baklei wat jy al moes baklei of elke emosie gevoel
wat jy gevoel het nie. Jy, is jou boom en jou eie persoonlike film, spesiaal aan
mekaar geweef vir ‘n doel groter as wat ons horlosies aandui. Wees die een wat
in jou tyd van wag en wonder ander mense met jou karakter beinvloed, eerder
as wat jy met aardse manière beinvoed word. Soos Effesiërs 3:20 beklemtoon, jou
tyd sal kom en jy sal SOVEEL meer kry as wat jy ooit kon dink om voor te vra.
Wanneer jy God vra om dinge in jou lewe te verander, is Sy antwoord dalk juis om
jòù te verander.
Versies van Bemoediging:
“He works all things for the good of those who love Him.”
Romans 8:28
“Blessed are the pure in heart, for they shall see God.”
Matthew 5:8
“For the eyes of the Lord are over the righteous, and His ears are open unto their
prayers.”
1 Peter 3:12
“Wait for the Lord, be strong and let your hearts take courage, wait for the Lord.”
Psalm 27:14
“Do not be anxious about anything, but in everything, by prayer and petition, with
thanksgiving, present your requests to God.”
Philippians 4:6
Liedjies vir die week:
Jeremy Camp – Keep Me in The Moment
Kim Walker-Smith – Just Be
Elevation Worship – Do It Again
Cory Asbury – Reckless Love
Elias Dummer – Enough
Baie liefde,
Rouxnette
