top of page

Begin jou dag met Dankbaarheid.

Psalm 1281'n Pelgrimslied.


Dit gaan goed met elkeen wat die Here dien

en sy wil doen.

2Die vrug van jou arbeid sal jy geniet,

gelukkig en voorspoedig sal jy wees.


Een van my vriendinne wat ek oorsee ontmoet het, het altyd vir my gesê, wanneer ek ‘n “geloofs inperking” oomblik beleef of wil gryp na alles anders as God ;” Happiness becomes allot easier when you stop complaining about your problems and you start being grateful for all the problems you do not have.”

Kry ons nie maar almal sulke oomblikke in die lewe nie, waar ons so hard bid en glo, en dan wil niks uitwerk nie of dit vat te lank.

Dan raak ons frustreerd en kwaad, en probeer ons op ons eie die lewe aangryp en dinge laat gebeur, maar ai dit werk dan net nooit uit soos dit moet nie, en omdat alles dan so deurmekaar raak, beweeg ons dan of weg of nader aan God afhangende van die kompleksiteit van die situasie wat ons onself in bevind, dan nie?!


Wanneer dinge goed gaan en ons kry waarvoor ons gevra het en meer dan beweeg ons nog verder weg van God af, want dan raak ons “te besig” met eie lewe en alles daarin,en vergeet ons om dankie te sê, maar fokus ons dan eerder daarop om nog meer van God te vra en te verwag.


En wanneer die lewe ons druk, en ons bedroef, geknak en gebroke voel dan wil ons skielik bid, en God prys en ons maak die een belofte na die ander, bid dieselfde lang (mooi woordjies gevulde ) gebed aan God. Post op Whassapp en sosiale media derduisende inspireerende en motiveerende, christelike boodskappe wat ons het in ons arsinaal.

Ja ja moenie dit is probeer ontken nie,elke vrou het drie soorte gestoorde albums op haar foon...inspireerende, hartseer en wanneer ek kwaad is quotes.


Ons is mos maar mens en kompleks, vol foute en ons eie wil, soos God ons gemaak het. Dit is hoekom ons moet strewe daarna om God na te jaag, dieper in verhouding met Hom te tree, soos ‘n kind met hul pa in verhouding is.

Iets interesant om met julle te deel, dit vat 21 dae vir jou om ‘n splinternuwe gewoonte aan te leer en om ontslae te raak van ‘n nie-so-goeie gewoonte. En dit vat presies dieselfde hoeveelheid energie om die een of die ander te probeer beoefen.


So hoekom dan nie neig na die meer positiewe nie?


Ek glo vas dat alles in ons lewe het ons “aangetrek” na onsself toe deur ons gedagtes, drome, waardes en wat ons nodig het of graag wil hê. So basies het ons alles “gemanifest”.


En met soveel krag in ons, moet ons baie versigtig wees met ons gedagtes en emosies, want ons emosies dryf ons gedagtes en alles in ons lewens.


Want wanneer ons beheer het oor ons emosies en gedagtes is ons onbreekbaar. Dan kan niemand se woorde of dade ons seermaak nie, dan het ons nie ander se goedkeuring nodig nie en is ons sterker en meer self versekerd, sonder om bombasties en selfsigtig te wees.

Wanneer jy elke dag begin met God, met dankbaarheid en positiwiteit, dan trek jy meer van daardie energie in jou lewe in.


Dit moet ‘n daadwerklike poging van jou vat, want glo my as dit maklik was het meer mense se lewens baie anders gelyk, en was ons wêreld en almal daarin dalk beter.

Ek het al vandat ek kan onthou nog altyd ‘n tipe van ‘n “visionboard” in my lewe gehad, om my elke dag te herhinder aan my drome en aspirasies. My bord was gevul met dit wat ek wil bereik, wat ek bereik het, waarheen ek wil gaan eendag, positiewe gesegdes en bybelverse, vir elke situasie wat ek myself in kan bevind, wat my dan sal kan help om weer klaarheid te hê en oor te begin.

So hoekom probeer jy dit nie ook nie, mooiste vrou. Dit gaan pret wees, belowe.


Maak vir jouself ‘n visionboard. Hoe meer kleurvol dit is hoe beter, want ons is visuele mense, so dit is belangrik. Sit daarop jou gunsteling teks verse, motiveerende gesegdes ens. En sit dit iewers waar jy dit nooit sal miskyk nie.


En dan vir die volgende 21 dae, maak dit jou missie om elke dag daarna te kyk, gryp jou joernaal en stof dit af, en begin dit vul met al jou emosies. Want as jy dit neerpen, is dit uit jou gedagtes en hart, en bring dit vir jou lig in die donker in en gee dit jou die vermoë om weer te kan asem, en die of emosie anders te benader.


Maak dit deel van jou daaglikse roetine om tyd af te knyp om dankie te sê, en nie die sondagskool ruimpie dankie nie, maar met die opregte en eerlike opregtheid van iemand wat ‘n splinternuwe kans gegee word ,elke liewe dag, om weer te kan probeer.

Sê vir daardie vreemdeling wat oor jou pad kom hello, en gee vir hulle ‘n kompliment en kyk hoe jy hulle dag verander en hulle lewe beinvloed.


Bel of stuur ‘n boodskap aan daardie vriend of vriendin of jou familielid wat jy jare laas gesien het.

Sê jammer en bedoel dit. Luister na iemand, om regtig te luister, en nie net om jou opinie te gee nie.


Wees bewus en betrokke in jou en jou gesin se lewens, stêl belang en gee jou tyd eerder as materiele dinge...dit is die duurste komoditeit wat ons het om te gee.

Dit is die klein ongesiende goedjies wat ons doen om dankbaarheid te betoon wat ons lewe ophelder en verbeter en meer seën inbring vir ons.

Moenie dit plaas op sosiale media nie, want dit is selfsugtig. En verneederen vir die persoon vir wie jy dit gedoen het. So iets moet privaat wees want dit is kosbaar en moet beskerm word.


Maar bowen alles vriendin, leer om weer asem te kan haal, jouself in die spieël te kan sien en vir jouself te kan sê, jy is pragtig, jy is goud werd, jy is sterk en geskape om die wêreld aan die brand te steek met jou ongelooflike en unieke persoonlikheid.

Begin elke dag met ‘n dankie, en kyk hoe mooi God jou lewe kan skilder.


Groete en liefde,

Leatitia

348 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page