Beskerm jou hart meisie…nie almal wil jou net liefhe nie!
Beskerm jou hart meisie, nie almal wil jou net liefhe nie. Hierdie liedjie deur die nuwe afrikaanse sangeres Deidre Barnard bler nou al vir weke in my kar.
Eers het ek gedink okei dis n lekker liedjie, lekker wysie maar die 50ste keer wat ek daarna geluister het, het dit my geslaan....lekker lewenslessie Bernice!
Mooistevrou, ek is seker daar is nog dames daar buite wat net soos ek ‘n absolute emosionele kreatuur is wat alles in over-drive doen. Ek doen dinge nie half nie- EK IS ALL-IN, ek is nie net lief nie- EK IS BAIE LIEF en ek gee nie net bietjie om nie- EK GEE SO BAIE OM DAT JOU PROBLEME MYNE WORD-letterlik!
In Spreuke 4:23 staan daar ''Wees veral versigtig met wat in jou hart omgaan, want dit bepaal jou hele lewe''
As ek maar net 'n paar jaar terug al na hierdie Bybelversie en selfs hierdie liedjie van Deidre kon geluister het sou ek myself dalk sommer baie hartseer gespaar het.
Ek moes op 'n baie harde manier geleer het dat almal nie altyd die mooiste intensies met jou hart het nie. En glo my dit het seergemaak!! Jy kan ALL-in wees, jy kan BAIE lief wees en ja, jy kan OMGEE TOT JY BLOU is MAAR as die ander persoon se intensies nie eg is nie- gaan jy die een wees wat daaronder lei.
So hoe beskerm ons ons harte?
1- Sit God eerste en maak jou verhouding met Hom jou belangrikste verhouding. JA, sit jou verhouding met God bo alle ander verhoudings in jou lewe. Prioritiseer Hom en Hy sal jou lei in alle ander verhoudings.
2- Passop vir wat jy eet! Ja, jy het reg gelees. Ons is wat ons eet, letterlik en geestelik. Daarom is dit uiters belangrik om so versigtig te wees wat ons toelaat in ons harte, ons lewens en ons mond (vir ons heupe se onthalwe natuurlik!!!) Dit wat jy toelaat in jou lewe- of dit ‘n verhouding is en of dit iets negatiefs op sosiale media is, het ‘n direkte weerspielling op jou hart, gedagtes en emosies.
3- Kyk mooi na jou vriendekring! Dit is so belangrik om onsself te omring met vriende wat ons gaan ondersteun, help groei en terselfde tyd nie gaan bang wees om die harde gesprekke ook met jou te he nie.
4- Vergewe. Hierdie laaste puntjie is vir my ongelooflik moeilik. Hoe vergewe jy iemand wat jou aspris seergemaak het? Hoe vergewe jy iemand wat jou hart gebreek het? Wel, dit is glad nie maklik nie, maar deur nie te vergewe nie word jy ‘n bitter mens… en wil jy regtig daai persoon die ‘’bragging rights’’ gee dat hulle jou ‘n bitter mens gemaak het? NEE, beslis nie!
Mooistevrou, daar is seker nog 100 ander maniere hoe om jou hart te beskerm daar buite maar ek stel voor begin iewers. Of dit ‘n vriendskap, ‘n werksplek of ‘n verhouding is…BESKERM jou hart. Pas jouself op. Vra God om jou te lei en jou te omring met die wat vir jou is.
Ek sluit af met die woorde van Deidre- ‘’Beskerm jou hart meisie, nie almal wil jou net liefhe nie.’’ Daar is ‘n doel met elke seisoen in ons lewens en as jy jouself in die proses beskerm gaan jy jouself sommer baie hartseer ook kan spaar!!