top of page

Bless them and Block them


‘’Genoeg is genoeg, hoor my stem…


Here ek’s moeg, om net te le…’’


Hierdie lirieke van Joe Niemand som die boodskap wat ek het so ongelooflik mooi op.


Het jy al ooit jou hart en siel in iets (of iemand) ingestort om dit te maak werk, net vir al jou harde werk om deur die mat te val en jou te laat wonder…wanneer is genoeg werklik genoeg? Wanneer is dit doodeenvoudig tyd vir my op op te gee en weg te stap?


Ongeag of dit werk, ‘n vriendskap, ‘n verhouding of selfs net iets kleins wat al jou energie tap is, is dit belangrik dat ons besef wanneer is dit tyd om te laat gaan en op te gee EN dat dit heeltemal okay is.


Ja, in die wereld van vandag word daar konstant vir ons gese om te veg vir dit wat belangrik is en om vas te byt maar wanneer dit ten koste van jouself, jou fisiese en geestelike gesondheid en die gene om jou is….dan se ek laat dit gaan.


Mooistevrou, die realiteit van die saak is dat ons moet ophou om ons tyd en aandag konstant in te span in dinge wat dood eenvoudig nie gaan uitwerk nie MAAR terselfdetyd is dit ook net so belangrik om die tyd en gebed in te sit om seker te maak dat dit wel iets is wat nie gaan uitwerk nie.


Die afrikaanse aktrise, Leanie du Randt het ‘n gesegde waar sy se Bless them and Block them…


Hoe ongelooflik waar en mooi is dit nie. Jy hoef nie ‘n wrok in jou hart rond te dra nie. Spreek seen oor hulle uit, en jy hoef nie jouself verder daaraan bloot te stel nie- blok hulle net!


Bid oor die saak en vra die Here of hierdie “iets” of “iemand” werklik vir my is, en as jy saam jou gebed (en natuurlik jou pro’s en cons lysie) besluit het dat dit nie VIR jou is nie, laat gaan dit ten volle. Ek moes my eie raad gevolg het en laat gaan het van ‘n situasie wat vir die laaste paar jaar al my energie getap het en my emosioneel net uitgeput het, en raai wat, die Here is so ongelooflik goed vir my dat Hy daai leemte gevul het met soveel ander mooi dinge. Ja, dit maak seer om te laat gaan en die onsekerheid van die toekoms van die onbekende is niks lekker nie, maar Mooistevrou dit maak spasie vir wat Hy vir jou beskore het.


Ek dink dit is ook baie belangrik dat wanneer jy laat gaan (veral as dit van iemand of ‘n verhouding is) om in beheer te bly van wie toegang tot jou het. Jy het nie nodig om jou lewe soos ‘n oop boek voor daardie persoon te sit nie, jy kan groei en aangaan sonder hulle teenwoordigheid.


Laas maar nie die minste nie, jy hoef nie te wag vir ‘n weerligstraal as teken dat genoeg wel genoeg is nie. Jy mag laat gaan, jy mag vir jouself besluit en dit gaan okay wees. Diep binne gaan jy jou instink en eie limiete moet vertrou, maar ek belowe jou…


die dag wat jy jouself en jou eie welstand eerste sit, gaan die dag wees wat jy jouself gaan toestemming gee om te blom tot jou volle potensiaal.


713 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page