top of page

Blom waar jy geplant is

Ons almal het al die gesegde “blom waar jy geplant is” gehoor. Sjoe dit klink mos nou so inspirerend dat ons net kan floreer in enige omstandighede…


So wat gemaak as jy nie hou van waar jy geplant is nie? Jy is dalk geplant in ongemaklike werksomstandighede, ‘n verhouding wat net nie wil uitwerk nie of dalk ‘n finansiele krisis…ongeag van waar jy geplant is, gaan jy jouself moet vra- wat gaan hierdie situasie van my vereis sodat ek kan groei en floreer? Om te kan blom gaan beteken dat jy jou fokus van jou hier-en-nou situasie gaan moet skuif en dit direk plaas op Hom. God hou daarvan om ons in situasies te plaas waar jy nie ooit gedink of gedroom het jy sou kon blom en boonop ‘n verskil kan maak nie. Kyk maar na Ester en Rut, twee onwaarskynlike vroue op onwaarskynlike plekke om die ondenkbare te doen.


Mooistevrou, jy is absoluut in staat om te kan blom waar jy geplant is maar jy gaan dit slegs in die krag van die Heilige Gees kan doen. God se plan vir elke vrou is om te blom en haar volle potensiaal te bereik, en kom ons wees eerlik,daar is min dinge so mooi soos ‘n blom.Soms voel dit buite ons vermoë want sommige blomme is so pragtig en perfek maar dis okei, ons hoef nie perfek te wees nie. Vir God is jy reeds perfek!

My ma het die vermoe om n orgidee stiggie in n pot te druk en oor n week dra hy sommer 10 blomme. Ek aan die anderkant het glad nie groen vingers nie. Ek haal asem in dieselfde vertrek as ‘n plant en hy vrek. So hoe op aarde moet ek blom as ek nie groen vingers het nie?


Die sade wat jy daagliks plant deur uit jou hart raad vir vriendin te gee of om selfs net te droom en te werk aan jouself, plaas jou in ‘n posisie om te blom of jy nou groen vingers het of nie, maar wanneer jy ‘n saadjie plant gaan jy hom in die grond moet los totdat hy so groei dat sy kop self bo die grond uit steek.

Die mooiste blomme groei uit donkerte uit- so hou aan vertrou en glo tot daar deurbraak is en jy die lig kan sien want wanneer jy die Heilige Gees se stem duidelik hoor gaan jy groei-vrae kan vra soos “waarmee is Jesus hier besig?” en “wat kan ek uit hierdie situasie leer?


In watter seisoen bevind jy jouself? Is jy nog geplant of groei jy en dra jy reeds die vrugte van die lewe? Ongeag Mooistevrou, byt vas en blom net waar jy geplant is want Hy het amazing dinge wat wag op jou!

Bernice Schutte

792 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page