top of page

Christene is vir altyd

Hierdie is nou al ‘n hele rukkie in my gedagtes en iets waaroor ek my woorde wil neerpen op papier. Om die keuse te maak om ‘n Christen te wees is ‘n keuse wat jy ten alle tye moet uitleef. Dit is nie net ‘n lewenskeuse en geloofs-keuse wat jy nou en dan kan uit oefen nie. Indien jy die dag besluit dat jy een van God se kinders wil wees moet jy daardie besluit beloof en Sy geloof en gebooie respekteer.


Tog, kies die mens om hulle geloof te beoefen soos en wanneer dit hulle pas. Dieselfde mense wat dag in en dag uit glo hulle leef hulle Christenskap uit, kerkgangers, selgroepe bywoon, altyd God se naam noem in hulle doen en late maar ter selfde tyd hulle geloof uit oefen soos dit hulle pas.

Hulle vergewe wanneer hulle so voel, is vriendelik wanneer dit hulle pas, hê lief wanneer hulle wil. Is jy dan werklik een van God s’n?


God kies ons nie wanneer Hy so voel nie, of wanneer dit Hom pas nie. Dus kan ons Hom nie net vereer wanneer ons lus is nie. Ons moet ten alle tye ons Christenskap uitleef, sonder uitsonderinge. Dan is jy voorwaardelik ‘n Christen.


Ons verdraai die Woord sodat dit ons leefstyl pas, ons wyse, ons opinie. Ons kies wat ons wil doen en glo.


Kyk, niemand is perfek nie, altans nie naasten by nie, maar jou standaard van geloof moet konstant wees. Jy moet vandag dieselfde glo en sê as môre.

Sonde gaan jy pleeg, maar jou leefwyse moet soos God s’n wees.


Geloof is een van die moeilikste dinge wat daar is om te verstaan, met soveel vrae en wonder. Tog, is geloof eenvoudig. Glo soos ‘n kind. Hê die onskuld van ‘n kind.


Mag jy in oorvloed lewe, elke dag dieselfde, sonder pretensies, net soos ‘n kind van die Here.

Mag jy elke dag God kies.

Mag jy elke dag liefde kies.

Mag jy elke dag sagmoedigheid kies.

Mag jy elke dag vergifnis kies.

Mag jy elke dag eerlikheid kies.

Mag jy, elke dag keuses maak asof dit jou laaste dag is.


Ek is trots om te sê ek is ‘n Christen. Ek probeer my bes om elke dag die beste Christen te wees. Ek is nie die perfekte Christen nie, sondaar is ek, vergifnis vra ek, maar my standaard van geloof glo ek is altyd konstant.


Met tyd, ‘n bietjie ouderdom en effe wysheid het ek al geleer, al voel ek soms ‘n sekere manier oor ‘n situasie (en ek het gewoonlik ‘n sterk opinie), dan vra ek myself af, is dit regtig hoe God sou optree in dieselfde situasie? Talle kere het dit my opinie of gevoel na dit verander. Dis dan wanneer ek weet ek sit my eie behoeftes bo my geloof, dis dan wat jy moet volwasse genoeg wees om die kop-skuif te maak om jou opinie te verander.

Ek glo dit is ‘n ware Christen – om jou geloof en God bo jou eie opinie en behoeftes te stel.


163 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page