top of page

"Climb and maintain..."

Die volgende woorde van Tyler Perry sal my altyd bybly: "And if I can leave you with anything...climb and maintain; pray and worship".


In 'n motiverende video vertel hy sy ervaring met vlieg en hoe bang hy is vir vlieg, só dat hy selfs 'n speelvliegtuig koop om te kyk of hy sy vrees kan oorkom; 'n lang ruk na dit vlieg hy toe regtig; maar ek kan nie help om te lag soos hy dit vertel nie! In die lug verduidelik hy wat gebeur wanneer jy die vliegtuig moet stabiliseer om bo lugdruk te breek, soos wat die vliegtuig rond bons en hulle "turbulence" ervaar; en die dame wat die vliegtuig verkeer beheer vanuit die basis, skakel in en sê: "378; climb and maintain, 6500 feet"....en die vlieënier stel 'n paar goed, verander die rat soos wat die vliegtuig styg en hulle breek deur die "turbulence", tot by 'n plek waar dit weer rustig is...

(Sien die link na die video en luister gerus, dis so die moeitewerd)


Jou lewe gaan seisoene hê, dit het ek eerstehands ervaar hierdie jaar, en dinge gaan rof lyk en deurmekaar, asof niks sin maak nie, maar een ding is vir seker, in die donkerste tye waar dinge nie sinmaak nie en jy alles bevraagteken, is die eintlike tyd waar jy hervorm word, in die onbekende word die ou gewoontes gebreek, nuwe kennis word geleer, jy leerken jouself weer, wysheid word gebou en as jy net die pad loop en vertroue bou in jouself en die Here en jouself die grasie gee om te leer, sal jy deurbreek en nuwe perspektief kry, dinge sal weer rustig word. Ons is nie gemaak om alles en almal rondom ons te "fix en te control" nie, ons moet kyk na ons eie lewe eers...en ons is ook nie gemaak om by een plek stil te staan nie, menende geestelik en soms fisies, ons is hier om te groei en te leer, om nuwe hoogtepunte te haal, om ander te help maar nie tenkoste van ons eie welstand nie...


As jy bereid is om te waag en die onbekende toe oë aan te gryp, bereid is om nee te sê en deure toe te maak wat jou siel beïnvloed, sal jy nuwe grense ontdek en die mooi in die deurmekaar sien, deur te besef dat met geloof, geduld, selfliefde en deursettingsvermoë, jy soveel instaat is. Ons baklei soms om antwoorde te kry, en ons wil ons lewenspad voor ons uitgelê sien, maar dit gaan nooit so kan wees nie.


Daar gaan tye wees wat jy gaan

moet aanvaar, laat gaan, vergewe, waag, jammer sê, nee sê, en vertrou dat alles tengoede uitwerk, soms sonder dat jy regtig verstaan.


Nie alle seisoene gaan mooi lyk nie, maar mag jy altyd in elke een wat kom, die Here loof en prys en Hom eerste hou in jou lewe, moenie ooit jou fokus afhaal van Hom nie. Onthou dat maak nie saak wat nie, jy't 'n keuse vir alles wat jy toelaat in jou lewe, jy's inbeheer van jou gedagtes, so mag jy hierdie jaar 'n nuwe reis aanpak van selfontdekking en strenger grense, mag jy opstaan vir jouself, vir wat reg is en jy sê genoeg is genoeg, al loop ek alleen, kies ek "emotional and mental health", kies ek Jesus se vrede bo alles.


Mag jy in die nuwe jaar inloop met nuwe hoop, nuwe perspektief en rustigheid.

Dankie vir 'n wonderlike jaar en jou ondersteuning, vir elke boodskap, like, deel en volg... dankie dat jy hier is, jy sal nie verstaan hoe baie dit beteken nie, ons sien uit om nuwe inspirasie vir jou te bring en soveel nuwe mooi dinge.


Onthou... climb and maintain, climb and maintain, pray and worship.


Baie liefde en 'n voorspoedige nuwe jaar wat voorlê,

Adelé en Mooistevrou span


Tyler Perry - climb and maintain.

https://youtu.be/T3g1y_OySTg

639 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page