“Declutter”Jouself
Met die nuwe jaar - nuwe dinge en roetine wat die rondte doen, dink ek dis gepas om
jouself bietjie te “declutter”. Dis om ontslae te raak van alles wat jou pla, onnodige goed
rondom jou wat jou nie meer geluk bring nie, weg te gooi en die belangrikste is om ‘n NUWE
JY VIR JOUSELF te word.
Ek is mal oor regpak maar ek is ook ‘n bietjie ocd, ek kry dit van my moeder af, maar ek is bly
ek is so, maar ek dink my kêrel sal stry. Ek het laasjaar The Home Edit op Netflix gekyk en ek
is glad nie spyt daaroor nie, ek het dadelik inspirasie begin kry.
Net soos om jou huis so nou en dan te “spring clean” so moet jy ook jouself soms “spring
clean”.
Eerstens verander bietjie jou perspektief oor jou lewe.
Begin met ‘n nuwe patroon van gedagtes.
‘n nuwe golflengte van emosies.
‘n nuwe konneksie met jouself en
‘n nuwe glo sisteem in jouself.
Begin “declutter”:
As jy nie lief is daarvoor nie, verbeter dit.
Gooi ou klere uit, skenk dit of verkoop dit.
Skuif jou huis vir ‘n slag.
Moenie bang wees vir verandering nie.
Skryf jou emosies neer.
Probeer ‘n nuwe haarstyl.
Neem nuwe kiekies vir jou huis se mure.
Vermy drama.
Gee meer as wat jy neem.
Heroorweeg van jou roetines
As jy dit nie gebruik nie gooi dit uit
Ons is geneig om soveel goed om ons en binne ons op te gaar. Raak ontslae van
negatiwiteit, maak vrede jou prioriteit en moenie toelaat dat vrees en twyfel harder as jou
hart skree nie. Leer om sterk en ambisieus te wees. Bevry jouself van al die onnodige
bagasie wat jy elke dag saam met jou dra en laat dit gaan.
Ek weet om reg te pak vat tyd, en dis gewoonlik iets wat nie een van ons het nie, maar glo
my, as jy eers tyd maak en begin “declutter” gaan jy so goed begin voel.
Jy is van jou eie geluk afhanklik, sodra jy ontslae raak van alles wat jou ongelukkig maak, sal
jy plek maak vir inspirasie en ‘n goeie ordelike rigting vind in jou lewe.
Omring jouself met die dinge wat jy liefhet. Maak spasie vir dit wat saak maak vir jou. Soek
God se wil in alles wat jy aanpak. En vind vrede in jouself en geniet die gevoel.