top of page

Deur die waarheid te praat

Mooistevrou, ek wil graag die volgende met jou deel in die hoop dat jy ook besef dat jy ‘n stem het. Dat jy ook ‘n sê het en dat jy dit mág gebruik – so hard as wat jy kan. Maak jou mond oop en praat die waarheid.

Want deur die waarheid te praat, sál jy die atmosfeer skuif. Maar moenie dat dit jou terug hou nie, praat in elk geval die waarheid. Hierdie skuif in die atmosfeer is nodig en agterstallig!


Hierdie waarheid waarna ek verwys is nie noodwendig ‘n leun want ontbloot word nie, maar eerder die blootstelling van wat dit ook al is wat jou pla.


As jy nie ‘n geleentheid gaan gebruik om te praat nie, gaan jy dag in en dag uit ongelukkig wees. Ek weet, want ek was ook daar gewees. Tot op ‘n dag wat ek bewustelik ‘n keuse gemaak het dat ek iets gaan begin sê, dat ek vir my self gaan begin opstaan. Want as ek dit nie doen nie, gaan niemand dit doen nie.


Moositevrou, as jy maar net kon weet hoe my lewe al verander het vandat ek daardie kopskuif gemaak het.

Daar sal natuurlik ook mense wees wat vir jou kom sê: ‘’Jissie maar jy het verander”. En weet jy wat dis juis vir hierdie mense wat jy die waarheid voor moet vertel. Hulle sal nie daarvan hou nie. Maar hulle is reg, jy het verander.


Jy het verander in iemand wat haar eie waarde besef, in iemand wat weet wanneer om iets te sê en wanneer om iemand in hul spore te stop wanneer hulle oor haar probeer loop.

Vind jou stem en gebruik hom, mooistevrou.


219 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page