top of page

Deur diep waters mét hoop

"God requires deep waters because deep waters are mandatory for diving and diving means you're going all in You cannot dive into shallow waters. When God asks you to dive by faith, you will always be called to deep waters, first." @hertrueworth

Toe ek hierdie quote raak lees, het dit diep getref. Want hoe waar is dit nie? Ons is bang vir die onbekende, die lewe se diep waters waarin ons beland, maar ons besef nie altyd dadelik dat dit ook deel is van Sy plan nie.

God het “all in” gegaan toe Hy elkeen van ons se paaie vooruit geloop en beplan het. Hy het nie by ‘n moeilike situasie te staan gekom, en gedink ‘Ek gaan kyk wat jy self hieruit kan maak nie’. Néé, daarvoor het Hy ook gesorg vir ‘n uitweg. Nog ‘n leer proses om ons te vorm.

“As jy deur diep water moet gaan, sal Ek by jou wees. As jy oor ’n rivier moet kom, sal die water jou nie wegspoel nie. As jy naby ’n vuur moet verbygaan, sal die hitte jou nie verskroei nie. Die vlamme sal jou nie brand nie.”

- Jesaja‬ ‭43‬:‭2‬ ‭DB‬‬


2023 het vars begin, en om dit reg te begin spreek ek oor elke Mooistevrou wat hier lees dat dit God se jaar vir jou sal wees. Matteus 6:25-33 stel dit vir ons baie duidelik hoe ons op God moet vertrou en nie oor môre moet bekommer nie.

Mag jy in alle omstandighede die jaar, dit deur gaan met hoop al voel dit of jou voete nie die bodem kan raak nie, Hy IS met jou! Jou waters sal nie altyd diep wees nie, jou omstandighede nie altyd ondraaglik nie, maar dit het ons ook nodig om te vorm en groei in die vrou wat Hy oor ons droom.



@Yuri-Efremov


755 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page