Die een
Hoe weet mens dit is die regte een vir jou , “ The one “ ? Dit is iets wat ons almal al oor gewonder of bevraagteken het. As jy in ’n verhouding is kom daar ’n tyd wanneer jy begin wonder of die persoon saam wie jy is die regte persoon is vir jou waarmee jy die res van jou lewe wil spandeer. Ek het nou al getroude en geskeide mense gevar hoe het hulle geweet dit is nie die een ?
Ek kon nooit 'n duidelike antwoord kry op my vraag nie en het op die ou einde tot die konklusie gekom dat alles oor 'n keuse gaan en dit absoluut 'n gebed saak is.
Ek het verloof geraak op die ouderdom van 24 aan ’n man saam met wie ek 3 jaar was. Dit was die natuurlike volgende stap en al my vriendinne het op daardie stadium verloof geraak of getrou. Ek het gereeld gebid daaroor en die Here gevra vir ’n boodskap of ’n teken dat hy “ die een “ is maar ek het nooit ’n geruste hart gehad daaroor nie en die verlowing gebreek. Ek was gevra hoekom het ek dan ja gesê wat heeltemal reg was en eerlikwaar dink ek die opwinding was so groot maar toe die realiteit in skop dat hierdie my lewensmaat vir die res van my lewe gaan wees het ek dadelik angstig geraak. Dit was vir my ‘n “warning light”dat iets nie reg in my gees is nie. Dit was ’n groot keuse wat ek moes maak. Party mense was kwaad vir my en ander trots op my maar ek het geweet dit is nie my lewensmaat nie. Ek was baie lief vir hom maar ek het geweet die Here het ’n plan met alles en ek moet Hom vertrou. In die proses het ek baie introspeksie gedoen en myself die volgende paar vrae gevra wat jy dalk ook kan gebruik.
Is die persoon ’n Christen?
Maak die persoon jou gelukkig?
Hou jy van die persoon?
Is julle goeie vriende?
Laat die persoon jou lag?
Vertrou jy die persoon?
Sal die persoon ’n goeie ouer wees vir julle kinders?
Hanteer die persoon jou met respek?
Hanteer die persoon ander met respek?
Hoe hanteer die persoon konflik?
Het julle dieselfde waardes?
Is die verhouding ’n prioriteit vir die persoon?
Kan jy staat maak op die persoon?
Laat die persoon jou veilig voel?
Kan jy jouself wees?
Neem die persoon jou in ag?
Hoe is julle kommunikasie met mekaar?
Dit is net ’n paar vrae wat jou dalk kan help as jy ’n keuse moet maak of vrae wat jy oor kan dink. Bid daaroor en vra die Here vir lyding. Meeste van die tyd hoor ons Sy stem maar ons luister nie. Mens is so verlief dat jy blindelings in iets kan gaan. Om ’n lewensmaat te kies is die belangrikste keuse wat jy ooit sal maak.
Die persoon wie jy kies affekteer alles van jou. Ek het al verskeie kere gehoor dat iemand sal sê hulle het geweet dit was nie die regte persoon vir hulle nie maar hulle gehoop of gedink die persoon sou verander nadat hulle getrou het. Dit is seker die grootste fout wat jy kan maak. Geen verhouding of huwelik gaan altyd perfek wees nie. Onverwagte dinge gebeur wat jou verhouding/huwelik sal toets. Dit is iets waaraan albei elke dag sal moet werk. Sterk huwelike ontwikkel nie sommer net outomaties nie.
Skryf neer waarna jy opsoek is in ’n lewensmaat en bid daaroor. Psalm 37 vers 4 sê “Vind jou vreugde in die Here en Hy sal jou gee wat jou hart begeer.” Die Here is regtig amazing en getrou.