Die Grootste Geveg: Jou hart teen jou kop, en jou kop teentyd.

“Nou en dan, verloor ek my pad. In die storm, sonder ‘n kompas, weet nooit waar die spore my vat of wat lê voor daar op my pad. Niemand weet hoe lank is die lewe, of hoe kort is die reis.”

Ons almal was al by so ‘n kruispad in ons lewe. Net wanneer jou hart jou kop

oortuig het om ‘n tree in geloof te neem, moet jou kop rusteloos en soms

roekeloos baklei om tyd te oortuig om of stil te staan, of te vlieg. Dit is soos om

die hele jaar lank uit te sien vir ‘n Desember vakansie - en voor jy jou oë uitvee is

al die beplanning, al die slapies af tel, die borrelende afwagting, die enkele

dae, die honderde kilometers, die skaterlag en die stroopsoet herhinneringe van

elke kosbare oomblik saam geliefdes of die ontnugterende tyd saam met

jouself, juis dit -‘n vlietende herhinnering, splinternuut toegedraai in jou hart se

vakansie kamer.


Soos ons die nuwe jaar betree, wens ons almal mekaar voorspoed toe. En dit is

werklik my wens vir jou & jou geliefdes – ‘n jaar vol voorspoed, goedheid en

guns. Hierdie jaar lyk voorspoed vir ons elkeen anders. Dit lyk soos inneem,

eerder as net lees. Dit lyk soos transformeer, eerder as net verander. Dit lyk soos

gee, eerder as neem. Dit lyk soos aanmoedig, eerder as kritiek en oordeel lewer.

Dit lyk soos voel, eerder as net sien. Dit lyk soos luister, eerder as net hoor. Soos

optree, eerder as net praat. Dit lyk soos bewustelik gesonder leef, eerder as net

relatief gesond wees. Dit lyk soos kosbare tyd saam met hartsmense wat mekaar

kan druk wanneer ons hopelik weer op ‘n Saterdag ‘n rugby wedstryd kan kyk of

die oggendure groet met lekker skaterlag om ‘n knetterende vuur. Dit lyk soos

leef, eerder as net oorleef.


Tyd is die grootste paradoks van hierdie onvoorspelbare tyd. Tyd is nie jou vriend

nie, want van hom het ons nooit genoeg nie. Tot ons genoeg van hom kry, dan

weet ons nie wat om daarmee te maak nie. Ek dink ons hanteer soms ons