• Zandré Kotzé

Die huwelikspad

Twee harte word een,

twee lewens word ‘n geheel.


Twee opinies word gevleg,

wie is egter reg?


Maanskyn en rose,

nie aldag nie, nee.

Meer soos ‘n padkaart,

party paaie is reguit en geteer

en ander is kronkelpaaie en grondpad,

maar jy sien die mooiste dorpies,

mooiste uitkykpunte, mooiste bakens.


Dis dié liefde. ‘n Pad vol mooi, vol slag-gate,

‘n pad vol lekkerte en ‘n pad vol kinkels.


Solank die brandstof nie op raak nie,

is daar altyd ‘n manier om verder te ry.

Gelukkig is daar twee tenkies. As die een se tenk leeg is, is die ander een daar om verder oor te neem en die pad aan te durf tot die naaste vulstasie.


Soms verdwaal mens op die huwelikspad.

Dan verg dit goeie kommunikasie, rigting en aanwysings om weer die regte pad te vind. Praat. Neem opinies in ag. Luister.


Godsdiens.


“Validation. Compromise.” Ek dink ten spyte van dat die huwelik se rots God moet wees, moet hierdie twee dinge die pilare van jou verhouding wees. Die huwelik is “gee en neem.” As ons mekaar “validate” (ek sê hierdie in Engels, want dit beskryf vir my dit mooi), dan het jy ‘n wenresep! Dis waaroor die huwelik gaan.


En dan, “compromise.” Ek sê altyd, in enige verhouding, moet mens kan “compromise.” Let wel, dit moet nie so wees dat jy die persoon se hele menswees verander nie, indien dit die geval, stap jy die verkeerde huwelikspad. Maar ongelukkig is die huwelikspad ‘n pad waar jy aan mekaar skuur en skaaf – “compromise.”


Die res, liefde, vreugde, romanse, geluk en al die mooi goed val alles in plek en kom van self as jy die regte maat aan jou sy het. Ek dink wel, veral die nuwer generasie dink die huwelik is alles net mooi. Die ou-mense het nie verniet gesê in ‘n huwelik eet jy saam 7 sakke sout op nie!


1,249 views0 comments

Recent Posts

See All