top of page

Die Krag van Gebed: Ek Wou Verlede Week met God Baklei

Terwyl ons ‘n nuwe week afskop met ‘n nuwe hoop en verwagting, kan ons almal getuig dat die afgelope week, maand en selfs jaar een vir die boeke was. Nie die tipe boek wat eerste jou oog vang wanneer jy die opskrif lees of waarvan die omslag so mooi is jy wil dit eintlik net op jou bedkassie uitstal nie. Nee. Hierdie is ‘n riller waarvan die opskrif die ‘C’ woord lees, en die voorwoord geteken is deur die uwe, al die pad uit Wuhan. Die boek het al ‘n paar honderd blaaie van angswekkende verhale, maar die slot is nog nie voltooi nie.


Iewers tussen hoofstuk 1 en hoofstuk 3 het die karakters name van mense geword wat ons ken, en dit op sy eie maak my moedeloos. Voel dit vir enigiemand anders of hierdie boek net geen einde kry nie? Hoeveel leë bladsye is oor en hoeveel vreesaanjaende hoofstukke lê nog voor?


Verlede week wou ek met God baklei. My hart is seer vir almal wat om my so seer het. My hart is kwaad vir almal wat steeds so roekeloos tekere gaan. En my hart breek wanneer ek dink oor die toekoms. ‘n Jaar gelede in ‘n onderhoud het ek antwoorde vir die klassieke “Waar sien jy jouself oor vyf jaar?” vraag gehad. Ek onthou dit nog soos gister. Ek was vol self-vertroue dat oor vyf jaar van nou af ek ‘n groep mense wil lei, en dat ek dalk ‘n Labrador sal kry. Maar as ek eerlik moet wees, weet ek nie of ek eers ‘n hondjie aan hierdie wêreld wil blootstel nie.


Verlede week wou ek met God baklei, al weet ek dit was net die werk van die vyand wat ekstra hard probeer het om my hart ekstra hard te maak. Omstandighede lyk nie juis rooskleurig nie: die dood pronk op elke koerant opskrif, Facebook-plasing of iemand in die koffie winkel agter jou se lippe. Is dit net my hart wat swaar is?


Verlede week wou ek met God baklei, al weet ek die feit dat ek moontlik nie eendag gaan trou of kinders kry nie juis beaam dat ‘n absolute hartsbegeerte is. Die Here alleen weet hoe ons generasie gebreinspoel is om te glo jy kan nie beide ‘n loopbaan handhaaf met 3 kinders en ‘n Godvresende man nie. Niemand het gesê dit sal maklik wees nie maar wie het ons ooit laat glo ons moet kies? Mag ek nog droom oor ‘n sprokies troue waar ek AL my vriende en familie mag nooi om moewiese makiti te hou tot die son opkom sonder om te worry oor ‘n curfew of gaste beperking nie? Mag ek nog bid om drie gesonde baba’s in hierdie wêreld te bring as hierdie einste wêreld voel of dit ‘n 24-jarige soos soetkoek verslind?


Verlede week wou ek met God baklei, want hoekom ‘n langtermyn droom op my hart plaas en dan ‘n pandemie toelaat wat alles so korttermyn laat voel? Tot wanneer gaan jou hande afgekap bly voordat jy dan werklik weer alles kan beproef en die goeie behou, of buite jou gemak zone te beweeg om te sien wat aan die ander kant van vrees staan? Want as jy vandag bevoorreg genoeg is om steeds jou werk te hê, dan klou jy vas soos ‘n kind wat met ‘n tou en ‘n boom die grootste ‘bommie’ in jou oupa se plaasdam gaan maak.


Verlede week wou ek met God baklei, maar toe kom die Heilige Gees en herhinner my van ‘n paar waarhede wat ons in ons swakheid so maklik kan vergeet. Skuld gevoelens wou hulself kom tuismaak in my hart, want wie dink ek nou werklik is ek om met die Skepper van die heelal te wil baklei? Maar Genade het al die dele van my hart kom oorspoel soos wanneer daardie ‘bommie’ ‘n damwal laat oorloop en geen plek vir Skuld gelos nie. Verlede week wou ek met God baklei, en in plaas daarvan om terug te baklei, het die Waarheid homself weer kom tuismaak in elke deel van my.


Ontwrigting is ‘n ligtelike stelling van wat ons almal al die afgelope jaar ervaar het, maar soos elke ander keer, word ons herhinner dat die enigste konstante ding in die lewe verandering is. Ons kan hoe self-versekerd in ons geloof wees, maar ons sal nooit werklik God se plan vir ons lewe in die volle weergawe daarvan kan sien of verstaan nie. Soms wys Jesus vir ons flits oomblike, soos ‘n ‘trailer’ van ‘n fliek wat jy nie kan wag om te kyk nie, maar nes hierdie boek wat ons nou nie ons volgende hoofstuk kan sien nie, sal die film van ons lewe die dag vrygestel word wanneer God se plan vir ons lewe vervul is.


Die grootste voorreg wat ons as kinders van God tot en met die premier van hierdie lewens-film het, is om saam met God op ‘n absolute waansinnige, tog glorieryke avontuur genaamd die lewe te gaan, waar God ons hier en daar toelaat om te sien hoe Sy volmaakte beeld vir ons lewens lyk en hoe die fynste detail in daardie oomblik vasgepen is. God laat ons toe om vrae te vra in ons onsekerheid,mar Hy wil nie hê ons moet in ‘n toestand van mismoedigheid bly omdat ons nie die antwoorde ken nie.


Dit is nie deel van die plan om op hierdie avontuur sekerheid en resultate te verkry nie, want sodra ons weer hoe die eind prentjie lyk, sal dit nie meer die geloof van ‘n XXL-size mosterdsaadjie vat om ons daar te kry nie, die intimiteit en verhouding met God sal wegkwyn want ons dink ons weet hoe die antwoord lyk om tot by die die eindpunt te kom. Ek sê XXL want dit is hoe ek deesdae alles ervaar: XXL liefde, XXL omgee, XXL bang wees, XXL gebede, XXL vriendskappe, XXL groei in my eie hoedanigheid. Die lewe gebeur nou vir my in XXL, en soms moet mens se koffie ook so lyk!


God het my kom leer dat dit nodig is vir ontwrigting om ons weer op die regte pad van ons ‘divine assignment’ te kry. God sal al ons planne kom onderbreuk om ons weer op koers te kry, en dit mag dalk soos lewensveranderde oomblike en gebeurtenisse voorkom wat die nuwe koers van jou pad sal definieer. Dit is wel so belangrik dat ons 2 dinge baie mooi moet verstaan: ontwrigting kom nie om ons seer te maak of om ons te straf nie, ontwrigting nooi ons uit om weer in lyn met Jesus se hart vir ons eie hart, siel en gees te kom. Ontwrigting herposisioneer ons vir groter, beter dinge wat God al lankal oor ons gedroom het en in Sy woord belowe. Dit maak ons sterker en wyser en druk ons ‘n tree nader aan die ‘anointed’ weergawe van onsself. God belowe self dat Hy weet wat Hy vir ons beplan het, planne vir hoop en ‘well-being’, Hy wil vir ons hoop en ‘n toekoms gee, God het nie rampspoedige planne vir ons lewe nie. En alhoewel dinge rampspoedig om ons lyk, maak God Sy instruksie duidelik dat vrees nie van Hom af kom nie en dat hoewel ons nie nou verstaan wat Hy doen nie, ons weel eendag sal.


God sal elke keer vir ons deur kom, maar Hy het nodig van ons om deur die vrees van onbekende situasies in ‘courage’ te stap. Vrees kom nie van God af nie. ‘For God has not given us a spirit of fear, but of power and love and of a sound mind.’ – 2 Tim :7


Ek bid dat God ons elkeen sal kom ontmoet in die hoofstuk waar jy is, en vir jou die moed sal gee om die veranderinge waarvoor jy nie vra of nie wil hê nie te omhels want jy weet daar lê ‘n belofte in elke verandering. Ek bid dat Hy ons sal leer om te soek wat Hy soek end room wat Hy droom en glo soos Hy glo en vertrou soos Hy vertrou. Mag ons toelaat dat God se ‘purpose’ oor ons lewe altyd voorkeur bo ons eie persoonlike preferences kry!


Die lewe lyk nie op die oomblik baie rooskleurig nie, MAAR: die hoofstuk van hierdie boek is nog nie klaar nie en film premier is nog nie beskikbaar nie want ons hou nie die pen vas nie, ons Skrywer doen en Hy is besig om divinely te intervene in my en jou lewens ek daarmee is ek heeltemal okay, want het God ons al werklik ooit teleurgestel? Ek is vas oortuig Hy gaan nie nou begin nie!


Mooiste Vrou, al voel jy ook dalk jy wil met God baklei wil ek jou aanmoedig om eers te bid. Hierdie is ‘n lang reis wat voorlê en jy moet volledig gekleë wees in die wapenrusting van die Heilige Gees, want fight gaan ons fight, but it will be the good fight. Trek saam met my die volle wapenrusting van God aan sodat ons staande kan bly teen die liste van die duiwel (Eff 6:11).

‘For our struggle is not against flesh and blood, but against the rulers, against the powers, against the world forces of this darkness, against the spiritual forces of wickedness in the heavenly places (Eff6:12).


Ons trek die Helm van Verlossing aan. Ons trek die Borsharnas van Geregtigheid aan. Ons dra die Waarheid as Gordel. Ons dra die Skuld van Geloof. Ons dra die Swaard van die Gees. En ons dra die Evangelie van Vrede.


“She is choosing to be prayerfully instinctive, rather than impulsively reactive.”


Bid, bid en bid! Bid die bold prayers wat die vyand se ore laat suis! Bid die sagte gebede net voor die trane begin rol. Bid die gebede wat gedagtes gebly het omdat jy nie die moed het om verder te bid nie, die Here hoor jou nogsteeds! Bid vir Jesus, bid vir jou naastes en bid vir jouself. Mooiste Vrou, ons gaan hierdeur gaan, so ons kan net sowel met die heel sterkste inenting gaan wat vir almal beskikbaar is, GEBED!


As ons ooit die krag van gebed kon verstaan, sou ons dalk ook so bly soos die engele in die hemel wees wanneer ons nog ‘n opregte gebed hoor, en soveel te meer, nog ‘n opregte gebed bid!


“Let God have you and let God love you – and don’t be surprised if your heart begins to hear music you’ve never heard before and your feet learn to dance as never before.”

Max Ludaco


Liedjies vir die Week:

Bernice West: Chrome Clouded

Cory Ashbury: Egypt / Reckless Love

Rend Collective: Second Chances

Caroline Grace: Glo, Vertrou en bly Onthou

Chris Tomlin: God Who Listens

Hillsong: New Wine

Elevation + Maverick City Music: Million Little Miracles

Kari Jobe: Throne Room

Lauren Daigle: Rescue / Look Up Child

Riana Nel: Skouers

Crowder: Come As You Are


Versies van Bemoediging:

‘Many are the plans in a person’s heart, but it is the Lord’s purpose for him that prevails.’

Proverbs 19:21


‘I can do all things through Him who strengthens and empowers me.’

Philippians 4:13


‘Do not fear anything, for I am with you. Do not be afraid, for I am your God. I will strengthen you, be assured I will help you; I will certainly take hold of you with My righteous right hand.’

Isaiah 41:10


‘When the time is right, I, the Lord, will make it happen.’

Isaiah 60:22


‘I have told you these things, so that in Me you may have peace. In this world, you will have trouble, but take heart, I have overcome the world.’

John 16:33


Baie liefde,

Roux 😊


1,855 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page