Die lewe is morsig
Ons skep weeklikse ritmes en taak kaarte, finansiële doelwitte en gesonde spyskaarte wat almal se voorkeure in ag te neem.
Ons doen "date nights" en "declutter" en weier beslis 80% van die uitnodigings wat oor ons pad kom af.
Alles in die hoop om ordelike, eenvoudige en opgeruimde lewens te skep.
En steeds is alles morsig.
Ons raak moedeloos, veral wanneer ons, ons lewens vergelyk met die bekende mense of eenvoudige lewende ghoeroes. Ons wonder wat ons verkeerd gedoen het, wat anders kon ons los. Miskien as ons in 'n piepklein huisie met 'n kompos toilet, sal die lewe eenvoudig en maklik voel?
Ons kan nie ons weg na 'n perfekte lewe vereenvoudig nie, en ons moet ook nie wil nie. Ek bring dit egter te sprake ingeval jy net begin, of sukkel of vergelyk en net nuuskierig is.
Ek skilder 'n pragtige prentjie van minimalisme en vereenvoudiging, maar sommige dae, selfs met eenvoud, is die lewe morsig. Ons is deurmekaar. Dit is deel van die menslike toestand. Hoogte punte, laagte punte, opdraandes, afdraandes, alles kom met mens wees selfs wanneer ons vereenvoudig het.
Ek moet elke dag aan myself werk. Om kalm en gesentreerd te voel kom nie vanself nie. Ek oorreageer wanneer ek wil onder reageer.
Ek hou vas wanneer ek moet laat gaan. Tussendeur is al die lieflike dele deurmekaar dele. Soms dink ek, ek het alles bymekaar gekry, maar tensy ek doelbewus gefokus is, is ek oral.
Om met minder te leef, 'n oggend roetine te beoefen en regtig goed vir myself te sorg, help my om meer ek te wees.
'n Bietjie elke dag maak meer saak as om dit alles oor 'n naweek te probeer indruk. "Consistency" maak meer saak as intensiteit.
Die lewe is morsig. Eenvoud help, maar dit is nie 'n genesing nie. Ons moet aanhou terugkom na onsself. Selfs wanneer dit woelig of hartseer of vreesaanjaend is daar buite. Kan ons steeds ons warm, liefdevolle, wonderlike, genadige self wees.
Net omdat dinge mal rondom jou is, beteken dit nie dat dinge in jou binneste mal hoef te wees nie.
Op die dae wanneer jy nie jou beste is nie, en wanneer dinge deurmekaar is, wees sag met jouself. Moenie meer verwag of eis as wat jy moet gee nie. Wees geduldig en herinner jouself dat dinge altyd omdraai. Behandel jouself soos jy 'n baie goeie vriend sal behandel met 'n slegte dag. Nooi eenvoud in om jou lewe te verbeter, nie om dit te vervolmaak nie. Selfs die gemors het iets om te bied.
Asem diep in.
Asem diep uit.
Hande op die hart.
Herhaal.
Jy het dit.