Die moed om nie van gehou te word nie
Dit is ‘n moeilike een en verg dat jy elke bietjie moed in jou bymekaar skraap. Dit is moeilik en dit
“suck” want ons almal wil hê iemand moet van ons hou. Terwyl dit wat benodig word en die proses,
nie so eenvoudig is as “wie gee om” nie, daar is ‘n paar klein veranderinge wat jy kan implementeer
wat jou kan help.
Erken dit, dit voel nogals lekker as mense van jou hou. Maar om ander (die verkeerde ander) te
behaag sodat ons die liefde kan voel, is dit uitputtend en laat jou eintlik slegter voel.
So, wat is die antwoord?
Dit verg moed en baie oefening. Vir ‘n gesonde welstand moet jy daaraan werk en jou energie iewers
elders plaas.
Aanvaar wat is. As jy alles het wat jy kan hê, op ‘n plek wat ooreenstem met jou waardes, en mense
hou nog steeds nie van jou nie, moet jy okay wees daarmee. Jy kan nie mense beheer nie, maar jy
kan jouself beheer.
Probeer om dit in perspektief te hou. Die beste les wat ek nog ooit geleer het, was om vas te stel wie
se opinies eintlik saak moet maak. As dit nie iemand is wat jy liefhet of respekteer nie, leer om dit te
ignoreer.
Vir lank het ek ander se opinies oor my geglo, ek het toe gelaat dat dit my pla en dat ek myself
gereeld verafsku. Ek het gereeld myself gevra is ek nog mooi? Sal iemand ooit opreg van my kan
hou? Moet ek nie gewig verloor nie? En so kan my lys nog aangaan. Dit was ‘n konstante bakleiery
met myself.
Ons laat gereeld toe dat ander mense se opinies oor onsself bepaal wie ons is. En dit was eintlik so
onnodig. As mens fokus op wat verkeerd is met jouself, soek jy dalk redes om jouself te haat.
En dan is dit mense wat jaloers is op jou, wat agter af is en wat nooit die ekstra myl sal gaan vir jou
nie. Aanvaar jouself soos jy is, sonder die behoefte van ander se voorkeure of opinies.
Ek het oor die naweek hierdie quote raak gelees en dit het my perspektief heeltemal verander:
“Don't take criticism from someone you wouldn’t take advice from”
Hoeveel keer was ons nie skuldig oor dit nie? Ek weet ek was definitief.
Bou jou selfvertroue op. Die beste manier om jouself te pantser teen mense wat nie van jou hou
nie, is om van jouself te hou. Jy is bekwaam en goed genoeg. Nou moet jy dit net glo.
Ek dink Andy Mart se quote som dit die beste op: “There is only one option: to act courageously in the right way, deep in the knowledge that we will be disliked. Then accept that and even be mindful of it.”
Doen wat jou gelukkig maak, al hou mense nie van jou nie, is dit okay.