top of page

Die pad na genesing en vergifnis

Wat beteken die woord “genesing” vir jou as mens?


Ek het hierdie vraag aan my sussie gevra gisteraand, om ‘n ander perspektief te kry, en omdat sy my ware noord is basies, en haar antwoord het dit so pragtig opgesom.

Samantha Vermeulen “ Wanneer jy met totale oorgawe kan lewe sonder verwagtinge en verwyte.”


Hoe pragtig is dit nie? Kort en kragtig en so eerlik. Sy het dit gesê sonder om twee keer te dink daaroor.


Dit het my laat dink oor die verskillende persepsies wat daar is oor genesing en wat daardie woordjie beteken vir ieder en elke een van ons.

Vir my glo ek dat ons omstandighede (verlede,hede,toekoms), agtergrond (kultuur,geloof ens), fondasie en fondamente (hoe ons groot gemaak is en wat ons geleer is van kindsbeen af), en die traumas wat ons ondervind in ons lewe, dit alles saam die betekenis van genesing beinvloed.

Wat dink jy?


Die pad na genesing is nie ‘n maklike pad om te stap nie. Dit is baie moeilik en isoleerend, en dit leer ons presies wat in ons as mens steek. Waarvan ons regtig gemaak is.

So paar jaar terug het ek besluit om my eie reis na genesing en vergifnis te onderneem. Ek het in 2017 alles verkoop en oorsee gegaan om “ te leer wat is realiteit en wat het ek ontwerp in my kop,wat is ‘n leuen en wat is ‘n aanwentsel en om te begin om my ware self te ondek”.


My familie het gedink ek is impulsief en waaghalsig en speel met my toekoms, maar dit was die grootste, moeilikste en beste besluit wat ek nog geneem het in my lewe.


Want op my reis na genesing en vergifnis het ek geleer oor geduld, verdraagsaamheid, wie ware vriende en familie was, wie regtig omgee en verstaan, en net hoe seer ek die mense in my lewe gemaak het.

Ek het geleer presies wat woorde kan doen, die totale impak wat ek gemaak het in hulle lewe en ook nie gemaak het in hulle lewens nie.

My reis het begin met my wat moes diep introspeksie doen, om seker te maak dat die herhinneringe wat ek het oor goed wat gebeur het, die regte waarheid is en nie die “prentjie” wat ek gemaak het in my kop (om te oorleef).


En glo my as ek sê dit is nie maklik nie, ek moes harde vrae vra, en leer om regtig te luister na ander en ook myself.

Ek moes kontak maak met die gene wat ek seer gemaak het, gebruik het, misbruik het ens en ek moes opreg om vergifnis vra, sonder smeek en verduideliking, sonder swartgalligheid en verweite OF verwagting.

Toe ek begin het met my reis was dit so moeilik, vernederend en pynvol, maar hoe langer ek dit aangepak het, en hoe ligter ek geraak het, hoe beter het ek gevoel en hoe makliker het alles geraak en kon ek die gebeure in ‘n ander lig sien.


Ek het gedink ek was totaal genees en kon makliker ander vegewe en myself ook in die prosess, en dat hulle verlos is en ek ook...net om na my gesprek met sussie te besef hoe vêr ek nog het om te gaan...en dat my moeilikste reis nog voorlê en dat ek weer verval het in van my ou maniere. En dat ek van die lesse wat ek geleer het weer vergeet het of agter gelaat het.


“Hoe bedoel jy dan nou?” is seker wat julle nou dink.

So kom ek stêl dit so.


Wanneer ons besluit om so iets aan te pak,begin ons nooit by die mense naaste aan ons nie, want dit is te persoonlik en te seer, en daardie “eie ekke gees” is steeds daar en ons wil tog nie eerste die knie buig en jammer sê nie. Want ons voel dan wys ons ons is swak of verkeerd.


Ons moet leer om daardie eina oop te maak en skoon te maak, soos wat jy ‘n wond sal skoonmaak. Ons moet leer om te bloei om nuwe lewe in te bring, herstêl te bring. En ons moet daardie seer vat wat saam met dit kom, sowel as rus om daardie genesing te being en nie te dink dat ons alles in een dag kan doen nie.

Genesing is bevrydend, en gun mens die geleentheid om asem te kan skep sonder om “klein” te voel, maar om krag te kry en iemand anders in die oë te kan kyk weer en te weet dat jy gedoen het wat reg is.


En of daardie persoon kies om jou te vergewe of nie, is hulle keuse, en hoef niks van jou af weg te neem as mens nie, want jy het nie iemand anders se goedkeuring nodig om ‘n volle, gesonde en bevrydende lewe te kan lei nie.


Al wat ons kan doen is om te glo dat wat ons opreg gedoen het, genoeg is om hulle ook te bevry, te genees en toe te laat om hulself los te maak van daardie seer.


Wat ek wil hê julle moet vat hieruit is dat genesing jou vrymaak en nie noodwendig die ander persoon nie, dat vergifnis jou hart en siel skoonmaak en lig in die donker dele bring maar nie noodwendig vir die ander persoon nie.


Genesing is ongelukkig nie ‘n vinnige oplossing nie, vergifnis is nie verseker nie...maar hoe meer ons dit beoefen hoe meer leer ons nie net onself nie maar ook die mense in ons lewe (deur ons dade nie net woorde nie).


So vat jou reistog, wees eerlik met jouself, wees oop vir verandering en teenkanting en moenie dadelik op jou perdjie spring en verdedigend raak nie, maak oop jou “blompotte” en toe jou mond.

Maar die belangrikste...vergifnis begin by die huis,genesing begin van binne. Jy kan nie gee wat jy nie het om te gee nie.

Sterkte met jou reis mooiste vrou.

En weet dat al is jy “alleen” op jou eie reis is jy ook nie eintlik “alleen” daarin nie want reg rondom jou is almal besig met hulle eie reis.

En onthou, jy is finominaal, besonders en uniek.


“Hier is enkele Skrifverwysings:

  • Die genesings wat Jesus tydens Sy aardse bediening verrig het, was tekenswaardeur Hy die mense laat sien het hóé die komende koninkryk sal lyk: geen sondes, siektes, demone, pyn, lyding, ens. nie. Sy genesings het die volgende kenmerke gehad: Dit was ongeorganiseerd en spontaan (Matteus 9:27); dit was onmiddellik en volledig; dit was só oortuigend eg dat selfs teenstanders nie die egtheid betwyfel nie (Johannes 11:47-49); dit het soms vanoor ’n afstand geskied (Lukas 7:10); dit het in alle rus plaasgevind sonder reklame of “show” of ophef (Jesus verbied geneesdes om dit bekend te maak – Matteus 9:30). Jesus het ook nooit álmal genees nie. In Nasaret slegs enkeles (Lukas 4:23-37). By Betesda-bad was daar menige siekes, maar Jesus rig Hom slegs tot één (Johannes 5).

167 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page