Die Stem tussen die geraas…
Liefste vrou, het jy al ooit die geraas probeer uitdoof net om weer die sag fluister van die Heilige Gees te hoor. Om weer nuwe perspektief en dryfkrag te kry, of net daai gevoel in jou hart wat bevestig dat jy besig is met dit waartoe die Here jou geroep het.
Of dalk wonder en stoei jy nog self om te hoor wat God se roeping met jou lewe is.
Die mooiste ding van God se stem is dat Hy heeltyd praat en dit is ons wat net weer in frekwensie moet kom om Sy stem te hoor. Ek was die afgelope week so gekonfronteer tussen soveel stemme en hoe om besluite te maak. Maar Jesus het my so mooi kom wys dat as ek die instruksies op ‘n bottle kan lees en vetrou dat die maker van daardie produk presies geweet het wat die effek en belangrikheid van die produk is, waarom kan ek nie vetrou dat God wat my Maker is presies weet wat Hy vir my ingedagte het end at Hy my die nodige instruksies sal gee om Sy pad te volg.
Die Psalm digter was so bewus dat God sy Maker is en dat daar geen geheimenis tussen jou en God is nie.
Is jy as vrou in jou eie menswees, sonder die titels wat die wêreld aan jou heg, bewus dat God jou maker is, end at jy genoeg is sonder enige titels. Gaan strort jou hart, jou seer, jou diepste geheime en grootse drome voor Sy voete neer, en luister net weer na Sy stem. Net soos wat die Psalm digter so bewus was van God, net so kan jy weer bewus raak van hom. Ek wil jou bemoedig met die volgende Psalm en gaan maak dit in jou hart vas, so as die aanslae van die vyand kom om jou weer van koers af te haal, dat jy soos Effesiërs 6:17 sê “ vat die sward van die Gees, dit is die word van God” die vyand kan veg met die waarheid van God se waard, dat Hy jou herder is, dat Hy jou sal lei op die regte paaie en Hy sal jou versorg. My gebed vir jou die week is, dat jy liefste vrou jou Herder se nabyheid sal beleef en Sy stem sal hoor.
Psalm 23:1-4
“Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.
Hy laat my rus in groen wievelde.
Hy bring my by waters waar daar vrede is.
Hy gee my nuwe krag.
Hy lei my op die regte paaie tot eer van Sy Naam”
Liefde
Zandelee