Die verganklikheid van TYD...
Tiek, Tiek, Tiek weergalm die horlosie syfers in die kombuis en jy is alweer haastig oppad, nog ‘n dag, nog daaglikse take wat gedoen moet word voordat die son sak sodat jy, jy my liewe mens by die gejaag van hierdie wêreld kan inval.
Het jy al ooit die waarde van tyd opgeweeg teen enige iets anders in jou lewe?
Het jy al ooit die kosbaarheid daarvan besef?
Ek wil graag hê jy moet vir ‘n oomblik stil raak en die kosbaarheid van JOU tyd bereken.
In die beroep waarin ek werk is beplanning die sleutel tot sukses en tyd die sleutel tot die sukses. Ek wil graag ‘n rou storie met jou deel van die dag in September 2023 toe die kosbaarheid van tyd vir my geopenbaar was. Die dag toe ek besef het dat tyd al is wat ons het en dat jy nie in beheer is van jou lewens horlosie hier op aarde nie…
Sterk oppad soveel planne, soveel opwinding na bietjie rus en pret saam vriendinne is op die skedule, nooit gedink dat ‘n vrolike opwindende dag ‘n somber draai sal neem nie…
Die ongeluks toneel van ver lyk deur mekaar en erg, maar die gevoel wat jy ervaar as jy die persoon is wat daar sit na die ongeluk is n heeltemal ander prentjie.
Die adrinalien wat inskop is amazing dat jy nie dadelik besef wat gebeur het nie en in die oomblik van die ongeluk voel jy bewus maar ook bewusteloos.
Dit is n warboel van emosies, jy kan dit nie in woorde beskryf nie, maar jy voel elke deel.
n deel van God se Hand, Sy engele rondom jou en so dankbaar.
Die ergste gevoel is om die ander wat saam jou was te soek, seker te maak hulle lewe en is nie beseer nie.
Hoe die ligte verby jou flits van mense wat deur die vensters loer, nuuskierige agies wat net observeer hoe die voertuig lyk en wat het gebeur. Niemand stop om te hoor of jy oky is nie. Die gevoel van weerloosheid langs n hoofpad met ligte wat flits trokke se wind wat jou ruk soos hulle verby vlieg. Geen benul wat die mense wat daar sit beleef nie.
Toe ek uit die bakkie strompel met die reuk van brand, vrees van ontploffing en dood in my kop het Jesaja 43:2 by my opgekom " As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie; as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek."
Jy is nie gevrywaar van die sleg in die lewe nie, maar jy is gewaarborg dat Jesus Seun van God, die Almagtige jou beskerm deur alles. Ek kan getuig hoe God se Hand om ons was. Dat ons uitgestap het met net n bloukol, geen snye of skrape nie.
En dan besef jy jou verganklikheid, dat aardse goed nie saak maak nie, maar dat jou verhouding met God heel eerste in jou lewe moet staan. Want niemand ken die tyd of dag wat jy jou laaste asem gaan uitblaas nie. Dat die tyd wat jy vandag het al is wat jy het en dat more nie vir jou belowe is nie. Soos die Spreuke lui “‘n Mens beplan sy pad maar die Here bepaal hoe hy loop”. Leef vandag volheid, sonder terug hou en in oorvloed, wees die mindere en sê jammer, vergewe weer en leef vir die hier en nou. As tyd al is wat jy het, dan het jy alles.
Ek wil jou aanmoedig om in hierdie week te gaan sit en jouself te vra waarmee is jy besig, en is jy besig met dit wat waarlik jou gelukkig maak, nie wat die wêreld en mense van jou verwag nie, maar wat jou laat lewe. Jy het net een kans om te wees wie en wat God jou gemaak het om te wees, en jy moet besef jy gaan nooit weer die geleentheid kry om te wees wie Hy jou gemaak het om te wees nie. Môre is nie vir ons belowe nie, jy het net vandag, en dit is in die hier en nou waar jy gelukkig moet lewe. Nie die jaag agter geld en wêreldse besittings nie, maar na die vreugde en siels rus in jou hart wat jy ervaar as jy besig is met dit waartoe God jou geroep het.
Liefde
Zandelee