Die verlies van 'n troeteldier.
Ek is onlangs my sphynx kat verloor en die seer is onbeskryflik. Ja ’n kat sonder hare en ja hulle lyk soos aliens Ek het al verliese in my lewe gehad maar die een is net anders.Ons het elke dag ons roetine gehad. As ek by die huis gekom het kon ek nie wag om haar te sien nie. Sy was my baby.Ek verstaan nogsteeds nie hoe mense nie van diere kan hou nie maar “each to their own”
Sigmund Freud het gesê: “Time spent with a cat is never wasted.” Ek stem volkome saam.
My blou ogies katjie het ons ongelukkig gegroet op my verjaarsdag.Ons was weg see toe (blou) na die veearts laat weet het sy lyk baie goed ons kan maar gaan.Ek sal nooit vergeet nie, net voor my man die nuus aan my moes gebreek het lees ek die boodskap ( blou) ingegraveer in die badkamer deur van die restaurant." Be still and know that I am God. Put me first in all your troubles and I shall light your darkest tunnel."
Ek is 'n "firm"believer dat die Here met ons praat op verskillende maniere. Alles was net blou.
Ons almal weet ons troeteldiere se lewe is korter as die van ’n mens maar dit maak dit nie makliker nie omrede hulle ons familie lede / kinders word. Om die verlies van ’n troeteldier te hanteer is uiters moeilik. Dit beinvloed ons emosionele en fisiese welstand. Ek persoonlik voel soos ’n “zombie” en het geen eetlus nie. Niks is meer dieselfde nie. Min werkgewers verstaan ook werklik die pyn as so iets gebeur met hulle werknemers. Ons as werknemers is selfs te bang om te wys dat ons emosioneel onstabiel is a.g.v die verlies en sukkel om te kan konsentreer. Ek persoonlik dink hulle moet hierdie verlies sien as “family responsibility leave”. Ons het tyd nodig om te genees van die verlies.
Ek het gaan navorsing doen oor hoekom ons hierdie tipe verlies so erg vat.Hulle is soveel meer as troeteldiere vir baie mense. Eerstens om ’n troeteldier te verloor is net so seer soos om ’n familie lid te verloor. Ons kat was ons baba. Sy het by ons in die bed geslaap.Ons moes haar bad soos ’n baba omrede sy ’n sphynx kat was. Ons het selfs in die winter vir haar truie aangetrek en die heater spesiaal aangesit vir haar. Sy het ook spesiale “treats”gehad.Sy was deel van ons alledaagse lewe. Ons troeteldiere is ons sielkundiges sê ek altyd. Hulle weet dadelik as jy nie lekker voel nie en kom “comfort”jou. Hulle is ons “partners/ companions”as ons alleen is. Die liefde wat hulle vir ons gee is onmeetbaar. Om vir hulle te sorg gee vir ons lewe ’n betekenis. Die konneksie met ’n troeteldier is so spesiaal.
Iets wat almal moet weet ,daar is geen tydsberekening oor wanneer jy oor die verlies moet wees nie. Elke mens hanteer dit anders.Jy moet nooit skuldig voel oor jou emosies nie. Moenie jou emosies ignoreer of probeer onderdruk nie. “Your grief is your own”. Dit is normaal om te huil en te treur oor die verlies van jou troeteldier.
Brief aan my kat:
Aan my liefste blou ogies baba.My hele lewe lank wou ek bitter graag ’n katjie gehad het soos jy. Ek het jou gered van mense wat nie mooi na jou gekyk het nie.Ek en pappa het ons bes probeer om jou die liefde en sorg te gee wat jy verdien het.Jou persoonlikheid was uniek. Jou liefde was unlimited. Al het jou gesiggie nors gelyk vir ander kon ons jou emosies sien elke dag.Ons harte was stukkend toe ons die nuus ontvang het van die veearts.Dit was aaklig om vir jou medisyne te gee elke dag en te sien hoe jy suffer.Jy het ons vroeer gegroet as wat ons verwag het maar ons sou in elk geval nooit gereed gewees het om jou te groet nie. Ons sal wat wil gee vir nog 'n dag saam met jou.Jy los ’n groot leemte in die familie.Sag rus my baby. Vir altyd in ons harte.
Vir enige iemand wat al moes totsiens sê vir ’n troeteldier, my hart gaan uit na elkeen. Dit is die seerste seer. Mag Jesus jou vashou en troos.