top of page

Die waarde van pricetags…..

Die winkels se ingange is oorlaai met afgemerkte somers klere, en net as jy aan daardie pragtige somers rokke vat vang jou oog daai perfekte wintersjas wat hierdie komende winter hoog mode sal wees. Sy “pricetag” is immers buite jou begroting en jy stap maar mismoedig weer aan.


Net soos ons elke “pricetag” bekyk voor ons ietsie koop, het jy al ooit gewonder wat jou “pricetag” is ? Word jou tyd teen halfprys uit gegee, geselskap wat jou sielsmoeg maak, mense wat oor jou loop en sê wat hulle wil, spring as iemand iets verwag sonder om aan jouself te dink, dan voel jy sommer minderwaardig asof jy iewers agter al die hope klere lê en niemand sien iets raak nie. Hulle weet net jy is daar. Iewers…

Jy het ook daai bekende T’s & C’s, jou eie reëls wat nagekom moet word sodat JY gelukkig is. Ek dink soos die lewe stap beland mens op ‘n plek waar jy minderwaardig voel, asof jy nie goed genoeg is nie, en so hou mens maar net aan dat dinge maar gaan soos altyd, en in die proses kry jy verder seer. Tot waar jy nie meer nog kan vat nie, en jy besef dan, maar WOW! Hierdie is nie ek nie, hierdie vriendekringe is nie vir my nie, dis nie hoe ek behandel wil word, óf my tyd wil bestee nie! Dis ñ lang en harde pad om tot by hierdie besef te kom, en om dit om te draai is omtrent nog meer werk.


Ons dink al eerste aan “wat sal hulle dink as ek nee sê” of as jy net doen wat beter by jou sal pas en jou gelukkig maak. Ons voel ons moet altyd ander tevrede stel, en in die proses kom jy jouself na, jy merk jouself en jou tyd af.


Haal jouself van daardie afgemerkte rak af, sodra jy jou waarde besef sal jy weet dat nie nie op enige rak behoort nie.Dat jou tyd meer werd is as om net weg te gee, want waardevolle mense sal jou lewe binne kom wat jou sal verryk, wat jou sal optel en dra, saam jou sal lê. Saam jou sal uitsien en in jou seer deel.


Waar jy vandaan kom, wat jy ry, wat jy doen sal nie saak maak nie, want jy is meer waardevol as dit. Jou tyd en jou geselskap sal meer werd wees as enige “pricetag” van ‘n pragtige, duursame uitrusting op Cotton On se rak.

Staan op vir jouself, jy is waardevol, jou waarde kan nie gemeet word aan aarde dinge nie. Laat die regte mense in jou lewe toe - jy gaan floreer!

185 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page