top of page

Dis okay om 'n breek te vat

deur Anri Basson


Het jy al opgelet dat dit vir ons baie ongemaklik kan voel om 'n breek te vat?

Sal ek mense in die steek laat? Wat sal in daardie ruimte van niks gebeur? Sal ek agter raak? Sal ek vergeet word?

Die goeie nuus?

Jy kan voorkom dat uitbranding plaasvind. Dit is uiters moontlik met 'n bietjie selfversorging, en om jou eie geluk te onthou.

Ja, werk is belangrik. Familie verpligtinge is belangrik. En ja, elke ander aspek van die lewe waarmee ons almal tans te doen het, is belangrik. Maar soms het jy net 'n breek nodig, van alles af. En dit is okay. Eerlik? Dit is nodig. En ons moet ook nie daaroor skuldig hoef te voel nie.

Dit is goed om jou selfoon neer te sit. Dit is dalk die moeilikste ding vir sommige mense. Ek bedoel dit in die sin dat ons voel dat ons verpligtinge het om altyd dadelik te antwoord of dit nou 'n WhatsApp, ‘n teksboodskap, e-pos ens is. Dit kan van ons geluk of gemoedsrus wegneem. Probeer om jou foon minder te gebruik, probeer om dit nie vir 'n uur te gebruik voordat jy gaan slaap nie - jy sal dalk net 'n verskil in jou gemoedsrus sien.

Dit is soms goed om 'n blaaskans van jou lessenaar te vat. Ons het almal daardie tye terwyl ons werk waar ons ongelooflik oorweldig voel. Vat 'n paar minute 'n breek, gaan stap buite of maak vir jou ‘n koppie koffie/tee. Dit kan n groot verskil maak.

Dit is 'n okay om 'n sosiale media breek te vat. Ek het al 'n paar keer dit gedoen, en dit is wonderlik. Om 'n breek te neem, kan so eenvoudig wees as om nie jou profiele na te gaan nie, en eerder ten volle teenwoordig in die regte wêreld te wees.

Dit is goed om te ontsnap. Om weg te kom vir 'n rukkie, veral om jou "reset" knoppie te druk. Ons almal was daar, en dit gebeur met almal.

Soms is die beste medisyne net pure ontspanning, waar jy nie hoef te bekommer oor die hele lewe vir net 'n bietjie nie en jy kan fokus op jou.

Almal het tyd op hul eie nodig. Jy hoef nie noodwendig weg te kom om uit die stresvolle roetine van jou alledaagse lewe te kom nie.

‘n Dag of naweek van net niks doen kan regtig net wondere verrig in jou lewe en n nuwe ingesteldheid plaas vir die volgende dag of komende week.

Uitbranding is 'n werklikheid en gebeur met almal van ons, maak nie saak hoe sterk of goed jy is om stres te hanteer nie. Almal het n blaaskans nodig, dit is jou werk om te onthou dat jy ook een nodig het.

Om 'n breek te vat kan in baie vorme en omstandighede kom, en as jy geroep voel om 'n breek te vat, hoop ek jy eer dit en onthou die volgende:

...dit is goed om 'n breek te vat van jou werk

...dit is goed om 'n blaaskans uit 'n verhouding te neem

...dit is goed om spasie te neem van iemand vir wie jy lief is

...dit is okay om 'n blaaskans te neem van jou kreatiewe passies

...dit is goed om 'n breek te neem tydens besige dae

...dit is goed om 'n blaaskans te neem van jou fisiese roetine en dieet

...dit is goed om 'n blaaskans van jou sosiale kalender te neem

...dit is goed om 'n blaaskans te neem en te wees

Maak nie saak hoe klein, of hoe groot nie, gee jouself te doen wat jy wil doen. Jou liggaam, siel en verstand sal jou dankie sê!


425 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page