top of page

Dit is Koud - Dit is Beurtkrag


Het jy al ooit koud gekry? Nie die fisiese, dit-is-koud-buite tipe nie. Die tipe koue wat tot diep in jou beendere, jou hele wese sny. Die-winter-in-jou-hart, tipe koud - yskoud!


Het jy al ooit ‘n kragonderbreking ervaar? Nie die allerdaagse beurtkrag-met-fases nie. Die tipe kragonderbreking waar jy net nie meer emosioneel, geestelik of fisies die energie het vir énige iets nie. Die tipe onderbreking wat jy nie eintlik weet wanneer die krag weer gaan aan- of terugkom nie. Dis donker, pikdonker!


Ek wil opgewonde vir jou sê - JY GAAN OKAY WEES!


Ons dink in díé donkerte dat álles uitmekaar val en níks óóit weer dieselfde gaan wees nie. Ons sukkel om die Lig te sien en dat die gevoel vir áltyd gaan bly en ons vir áltyd onseker, moedeloos, kragteloos en ysigkoud gaan wees.


Met álle liefde - die krag kóm weer aan en die erge winter gaan verby! Jy is nie gemaak om vir seisoene aaneen in die donker te sit en koud te kry nie. Die son skyn al is dit koud, maar jy moet fisies uitgaan om die hitte te kan voel. Beurtkrag is nie nodig nie. Jy móét letterlik opstaan en alternatiewe energie opwek. Wanneer jy wáárlik besef jou seisoen van beurtkrag en alleenwees is verby, kom ál die ligte aan.


JESAJA 41:10 - “Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; kyk nie angstig rond nie, want Ek is jou God. Ek versterk jou, ook help Ek jou, ook ondersteun Ek jou met my reddende regterhand.”

625 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page