top of page

Draai Noord

Deur Bianca Brits


Die laaste amper twee jaar het ons almal uitgedaag op nuwe vlakke, buiten die gewone alledaagse uitdagings. Ek self het in hierdie tyd so baie na die Here gegaan met situasies waar ek nie weet wat om te doen nie, of wonder hoe dinge gaan uitwerk en of dit ooit ok gaan wees. Die een dag lees ek toe iets raak en dit het my anker geword waaraan ek vashou en wanneer die onsekerhede, twyfel en vrees wil opkom, gaan dit soos 'n opname in my kop af.


Faithful He has been. Faithful He will be.


Die Here het my al sover gebring. Hy sal my nie nou net hier los om op my eie voort te veg nie. Soms dink ek het ons nodig om terug te dink aan ons verlede en onthou waardeur Hy ons alles al gebring.


Ek het nie aaklige kinderjare gehad nie, maar my ouers is geskei toe ek nog baie jonk was, en dinge was nie altyd maklik nie. My ma het my en my sussie basis alleen groot gemaak met 'n baie klein inkomste en op skool is jy maar bewus dat jy nie uit 'n welaf gesin kom nie. Op skool was ek 'n baie stil, teruggetrokke mens. My tyd is maar voor my boeke spandeer en ek het baie gesukkel met my selfvertrou en om te voel dat ek genoeg is.


Maar waar ek vandag sit en terugkyk na waar ek was en tot waar die Here my vandag gebring, kan ek nie anders as om Sy hand in my lewe raak te sien nie.


Soms bevind ons onsself in Egipte soos die Israeliete in die Ou Testament. Hulle was vir jare deur die Egiptenare as slawe aangehou en hulle het verskriklik hard gewerk en 'n moeilike lewe gehad.


Maar God het belowe dat Hy hulle sal kom red en verlos.


Eksodus 6:6-8

Therefore say to the children of Israel: "I am the LORD; I will bring you out from under the burdens of the Egyptians, I will rescue you from their bondage, and I will redeem you with an outstretched arm and with great judgments. I will take you as My people, and I will be your God. Then you shall know that I am the LORD your God who brings you out from under the burdens of the Egyptians. And I will bring you into the land which I swore to give to Abraham, Isaac, and Jacob; and I will give it to you as a heritage: I am the LORD."


En Hy kom toe Sy belofte na deur vir Moses te stuur om met Faroa te gaan praat om hulle te laat gaan. Maar hierdie gesprek en proses het ook nie so maklik verloop soos daar gehoop was nie. Die Faroa het geweier. Eers nadat God die plae gestuur het, het Faroa uiteindelik uit desperaatheid vir Moses gese om die Israeliete te neem en te vlug.


Maar dit was nie lank nie toe het Faroa weer van plan verander en die Egiptenare agter die Israeliete aangestuur tot hulle by 'n doodstop voor die Rooi See gekom het.


Soos ons almal seker die storie ken het God die waters geskei en n pad daar deur gemaak vir die Israeliete om veilig aan die anderkant te kom.


Hier het God hulle nou gered en vrygelaat van die Egiptenare. Maar toe begin die reis deur die woestyn. Die Israeliete raak honger, dors. Hulle is moeg en warm. En soos wat ons mense is, sodra ons honger en dors is, begin ons kerm en kla. Die Israeliete het selfs later gesê dat Moses hulle eerder in Egipte moes gelos het. Daar het hulle tenminste kos en water gehad.


As ek aan hierdie gedeelte dink, dink ek maar die Israeliete is lekker simpel. God belowe Hy sal hulle red uit die slawerny in Egipte en Hy doen dit. Ten spyte van hulle gekla, gee Hy vir hulle kos deur manna uit die lug te stuur en Hy verander bitter water in drinkbare water. Hy beweeg as 'n wolk voor hulle in die dag en 'n vuur in die nag. Hy het die rooi see vir hulle oopgemaak. Hulle sien al die wonderwerke gebeur maar tog keer op keer in hulle reis vind ons waar hulle weer kerm en kla.


Maar hoeveel keer vra ons God om ons uit iets te verlos of te red of iets te doen, maar as Hy dit dan vir ons doen en die prentjie lyk nie soos wat ons in ons kop gehad nie, begin ons ook kla en kerm.


Ek dink ons, en dalk was dit die Israeliete se gedagte ook, maar dat soos ons voet uit Egipte uit trap, trap ons direk in die beloofde land in. Maar ongelukkig werk dit nie altyd so nie en is daar 'n reis waarop die Here ons neem.


'n Paar jaar terug het ek deur 'n situasie gegaan wat my regtig ontstel het. Ek was teleurgesteld in mense na aan my en hartseer en kwaad oor wat gebeur het. Maar so het die lewe aangegaan en het almal oor die storie gekom en aanbeweeg met hulle lewens, behalwe ek. Vir maande, en later jare, het die storie bly aan my knaag. En het gesukkel om oor die seer, teleurstelling en bitterheid te kom. Ek het baie met die Here daaroor gepraat. By Hom gehuil, soms geskel, en op kere net gevra dat Hy al die gevoelens wil wegneem.


Die een oggend lees ek my Bybel dagstukkie vir die dag en hierdie is die Bybelvers tref my tussen die oë: "You have circled this mountain long enough, now turn north." Deuteronomy 2:3


Die Israeliete het vir 40 jaar in Egipte rondgewandel en die beloofde land was nie ver nie. Maar as gevolg van hulle houdings het hulle hulself veroorsaak om doelloos in die woestyn rond te dwaal.


Dit het my laat besef dat ek nou vir jare hierdie storie oor en oor in my kop af speel. Dat ek die enigste een is wat nog aan die verlede vashou en agterbly. Almal beweeg aan met hulle lewens, maar ek hou myself vasgevang in die woestyn. Die dinge wat die Here vir my belowe het is net daar, maar ek bly vasgevang in die verlede. En die enigste manier daar uit is vir my om te verander. Ek gaan moet anders dink oor die dinge. Ek gaan moet laat gaan. Vrede maak en fokus op my eie lewe. Dit hang van my af.


In daardie tyd het ek bietjie bible journaling gedoen en ek het hierdie vers in my Bybel gemerk. Die prentjie wat ek gekry het waarvan af ek gewerk het was 'n lugballon wat hoog bo 'n woud sweef.

In daardie selfde week nog kuier ons die een aand by my skoonouers. Op daardie stadium het my skoonouers se bure se dogter ons naels gedoen vir 'n ekstra inkomste vir wanneer sy na skool verder gaan studeer. Toe sy die aand daar aan kom met haar tassie met al haar naelgoedjies in vang my oog die sleutelhouer wat aan haar tassie vas is. Op dit is 'n lugballon met die woorde daarby: let the journey begin.


Ek wens baie maal dat ek op daardie oomblik net verlos was van alles en in vrede aangegaan het met my lewe. Maar dit was 'n reis waarin ek nog baie gehuil het, frustreerd was en net gevoel het dat dit onregverdig is. Maar dis ook juis in hierdie tyd wat ek soveel nader aan die Here gegroei het, moes leer om Hom te vertrou wanneer ek glad nie verstaan nie, en dinge in Sy hande oorgegee het.


Ek het eendag vir 'n vriendin gesê dat ek weet die Here kan al hierdie hartseer en bitterheid met 'n klap van Sy vingers laat verdwyn en my vry maak daarvan. Haar antwoord was so mooi, dat dalk neem Hy dit nie net weg nie, want daar is iets wat ek moet leer. Ek moet groei en ek moet Hom op 'n meer intieme vlak leer ken. Dis maklik om in die Here te glo en te vertrou wanneer alles goed gaan, maar ons leer Sy karaktereienskappe en wie Hy is eers werklik ken wanneer ons geen ander keuse het as om met alles in ons Hom net blindelings te vertrou nie.


We may enjoy God on the mountaintops, but we get to know Him intimately in the valleys.


'n Paar jaar later tot op die presiese dag het God ny situasie kom omdraai. Hy het elke negatiewe gedagte van daardie dag kom vul met positiewe gedagtes.


Selfs al is ons nog in Egipte of reeds op reis na die beloofde land. Elke belofte in God se Woord bly waar en is vir my en jou. En sal tot vervulling kom.


• Hy sal ons nooit verlaat of in die steek laat nie.

• Hy sal jou krag gee.

• Hy sal jou red.

• Hy sal vir jou baklei.

• Hy sal alles ten goede laat meewerk.


Partykeer moet ons net terugdink aan waar Hy voorheen vir ons Sy getrouheid bewys het.


Remembering God's faithfulness in the past lets us embrace the difficulties of the present and the uncertainties of the future.


God bly dieselfde ongeag waar ons onsself bevind. Hy bly wie Hy is.


The God of the Mountains is the God of the valley.


En dis waaraan ons kan vashou. Faithful He has been on the mountaintops. Faithful He will be in the valley.

197 views1 comment

Related Posts

See All
bottom of page