top of page

EENS IN ‘n LEEFTYD

Iets waarna almal smag, daardie opregte oomblikke, die lag uit jou maag tot die trane rol. Laat aande se gesels, vroeg opstaan en saam ‘n koppie koffie te geniet. ñ Sielsgenoot om die lewe mee te kan deel. “Die liefde is geduldig, die liefde is vriendelik; dit is nie afgunstig nie, is nie grootpraterig nie, is nie verwaand nie. Dit handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, is nie liggeraak nie, hou nie boek van die kwaad nie. Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.” ‭‭1 KORINTIËRS‬ ‭13:4-5, 7‬ ‭AFR83‬‬ By jou sielsgenoot is waar jy sekuriteit kry, dit gee jou veiligheid. Die tipe liefde veroorsaak geen skade of pyn nie, maar wil net die beste vir jou gee, ondersteuning bied en help jou elke stap van die pad en jou vang wanneer jy val. ñ Veilige skuilplek. Dis belangrik laat die persoon wat jy lief het weet dat jy wil die beste vir hulle gee, en daar sal wees wanneer jy benodig word om ‘n sagte val plek te kan wees. Die woorde aan iemand oor die liefde is gewoonlik n belofte vir die toekoms, ‘n belofte van ‘n gelukkige lewe is gemaak meer dikwels dan nie en soms het die persoon wat die belofte maak nie ‘n plan van aksie nie. ‘n plan van aksie verskaf duidelikheid oor die begin en einde van iets wat mens wil doen. Onthou altyd, liefde oor die langtermyn, die tipe liefde waarop ‘n mens ‘n lewe bou, is konstant aan die groei en ontwikkel. Die grootste geskenk wat geliefdes vir mekaar kan gee, is die belofte om elke dag weer saam die groei. “Wat God dan saamgevoeg het, mag 'n mens nie skei nie.”” ‭‭MARKUS‬ ‭10:9‬ ‭AFR83‬‬ Mooistevrou, al is jy in ‘n verhouding, dalk verloof, jare getroud of selfs ongetroud of enkellopend - my wens is dat jy hierdie tipe liefde sal ervaar wat jou beker sal laat oorloop van opregte liefde. En hierdie liefde word eerstens in Christus gevind, en dan in jou sielsgenoot. Die liefde is ‘n werkwoord, ‘n pragtige, unieke legkaart wat stuk vir stuk saam gesit word. Hierdie tipe liefde gaan jy nie sien nie, jy gaan dit by niemand anders hoor nie, dis iets wat net JY gaan weet, en net JY gaan voel! Die Here het jou pad reeds haarfyn beplan.


812 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page