top of page

Ek’s nie tevrede met die minste

Kyk, dié stelling gaan nou die tannie wat voor in die kerk sit, jou skoonma en die jaloerse skoolvriendin se wenkbroue laat lig en die tonge laat klap, maar voor jy saam hulle stem, lees my stukkie, ek dink jy gaan saam my stem:


Hier praat ek nou nie van geld of besittings nie, maar die dinge wat geld nie kan koop nie. Ek het vir my Leandie du Randt se nuwe boek My hacks van die lewe gekoop en sommer binne ‘n paar dae verslind. Sy skryf so reg in my kraal. Na haar boek se lees het ek net weer opnuut besef dat die lewe eintlik oor jouself gaan, bedoelende jou pad met die die Here, jou leefstyl, jou storie, Hy het jou ‘n individueel gemaak . Jou man/vrou, kinders, werk, vriende en al die ander dinge wat jou legkaart voltooi is net stukkies wat die prentjie bymekaar sit, maar op die ou einde is dit jy wat tel.


Hierdie tevredenheid waarvan ek praat is nou nie die klere in jou kas, die huis op jou man se naam, jou blink motor of die nuutste tegnologie nie, neé ek praat van die kos wat jou siel voed, jou waardes, jou geloof, jou rituele, jou moets en moenies, die dinge wat jou JY maak.


Dit gesê, het ek besef, maar ‘n mens kan nie tevrede met die minste wees nie. Jy kan nie jou waardes laat gaan om die minste te wees, jy kan nie jou geloof laat vaar om die minste te wees nie, jou rituele, dis jy, moenie dit verminder of verskuif, jou rooi en groen lys van dinge in die lewe, moenie die rooi dood krap en by die groen lysie by skryf net om die vrede te bewaar nie.


Mense is so geneig om die woorde te gooi, “wees tevrede met die minste,” maar ek stem nie heeltemal daarmee saam nie. Hoekom moet ons ons wyse en siening oor ‘n ding verander om by die stelling in te pas? Dus, het ek besluit dat ek nie langer tevrede met die minste sal wees nie. Ek gaan nie meer die minste wees en minste uitleéf nie. Jou waardes is jou siel, moenie dit verkoop nie.


“Ek wens iemand wil liewer die tempel se deur toesluit. Dan kon julle ten minste nie al hierdie nuttelose offers vir My bring nie. Ek is nie beïndruk met wat julle doen nie. Moenie dink dat Ek maar met enigiets tevrede moet wees nie. Onthou, Ek is die Here, die enigste God.” Maleagi 1:10

As jy die hoofstuk verder lees sê die Here dat die mense Hom genooi het as gas, maar dit waarmee hulle die tafel gedek het is met offers wat hulle self nie wil hê nie, dit was gesteelde en siek diere en vir Hom was dit nie aanvaarbaar nie. Verder sê Hy dat as jy belowe om die beste te gee en dan later met iets minderwaardigs kom, dit nie met jou goed sal gaan nie.


Ek is nie ‘n dominee of Bybel-kenner nie, net iemand wat ‘n stukkie op my eie manier probeer verstaan en interpreteer. Ek sien die vers dat as jy vir jouself waardes gestel het en jy later in jou lewe jou waardes moet verlaag of verloor, dat ons Heer nie gelukkig sal wees nie en jy nóg minder.


Ons is so geneig om te buig vir iemand anders, of te verander om die vrede te bewaar, of omdat dit die makliker uitweg is, maar ons is die moeite werd om nie tevrede met die minste te wees nie. Jy is die moeite werd!


855 views0 comments

Related Posts

See All
bottom of page