Ek voel soos 'n glas water met 'n mint blaar in,
Daar's duisende stemme wat van alle kante skree, stemme wat jou selfbeeld aanval, stemme wat jou alledaags aanval, met jou werk, tydens jou werk, in jou verhoudinge, tydens jou stiltetyd - stemme soos: "jy's vet, jy's dom, weird, lelik, kyk hoe lyk jy, jy's nie goedgenoeg nie, almal gaan vir jou lag, wat maak jou nou so belangrik? Daai idee gaan NIE werk nie, moet dit nie eers probeer nie, OF, probeer dit, go for it, doen dit, doen dat. Sien jy, selfs sy dink jy's vreemd, hy dink jy's 'n idioot, hulle dink jy probeer iets van niks maak nie...KYK waar is sy in haar lewe, kyk wat het sy bereik, hoekom is ek nie daar nie, wat is fout met my dat ek nog nie daar is nie..." klink dit bekend? Ek stem, ek sukkel nog baie daarmee!
Die grap van alles is, jy weet wat die waarheid is, maar dit is heeltyd 'n teenstryd teen wat jy weet reg is en al die duisende stemme wat skree. Jy't seker opgelet hoe uitputtend dit is? Dit maak jou fisies en emosioneel moeg. Altans vir my, want dit voel daar's heeltyd 'n "battle" in my kop van wat ek moet doen en nie doen nie, hoe ek moet lyk en nie lyk nie, wie ek dink ek moet wees en wie almal wil hê ek moet wees, en dan probeer jy nog jouself vind ook.
Nou na regte, maak die opskrif van hierdie berig nie regtig sin nie, metafories sê dit, jy lyk so bietjie "eenvoudig", daar's nie veel smaak nie (alhoewel daar is) en dis beslis nie die eerste verversing wat enigeiemand sou kies nie (mits jy iets byvoeg soos "dry lemon" of "sprite" om dit soeter te maak, nêh). Nou sedert ons dit gehoor het, het dit half 'n sê ding geword tussen ons mense, jy weet almal het "daai sê ding", ons lag elkekeer vir mekaar, want die persoon wie dit vertel het het dit met 'n houding gesê - dink Casper de Vries met sy kort lyfie en aksent - "jy lyk soos 'n glas water met 'n mint blaar in" - sien jy hom? Nogal snaaks nêh?! Maar no judging though, daai was 'n one time thing, en ek's nie regtig 'n groot aanhanger van sy programme nie - weens spesifieke redes. Elkegeval, terug by die mint blaar,
Het jy geweet, mint bevat ogelooflike nutriente? Ek stipileer dit in Engels:
These infused waters are spruced up with the nutrients of seasonal foods, ensuring that the body is not left wanting for essential minerals and vitamins. There are some herbs and spices that may also be added to these infused waters and mint is one of them. Adding just a few leaves of mint (pudina) to your water bottle can help add a bit of flavor to your drinking water, while also enhancing its cooling abilities.
Mint has anti-inflammatory properties and can help keep your skin fresh and healthy during summers.
Mint helps keep acne breakouts at bay, due to its anti-bacterial properties.
Summers are time when a lot of people complain of excessive stomach acid. The presence of the compound menthol in mint makes it soothing for the digestive system and keeps your stomach healthy.
Mint may help alleviate headaches, due to its strong, refreshing aroma and flavour.
Okei, so die mint blaar en skreeuende gedagtes - niks in jou lewe gaan verander, as jy nie werk daaraan nie. Jy kan nie 'n gesonde leefstyl handhaaf en elke dag takeaways eet nie. Jy kan nie verwag dat goeie positiewe dinge oor jou lewe spoel, as jy jou brein voed met gif en nagatiewe sêgoed nie. Elke gedagte het 'n fisiese reaksie in jou liggaam, en dit wat jy jou brein voed sal hy glo.
Ons wil die werk gedoen hê, ons wil die lyf hê, die blommende leefstyl, die geluk en die sprankel, maar ons is nie bereid om die werk in te sit wat dit verg om dit te kry nie.
Ek moet myself dwing, elke dag om positiewe dinge oor myself uit te spreek. Ek moet opstaan met die wete dat iets goed oppad is, dat dinge verander gaan word. Ek moet vir myself bly sê om in God se voetspore te loop, in Sy wil te bly, by Hom te skuil en nie mense sin nie - dit maak nie saak wat hulle sê nie, my fokus moet gerig wees op HOM en SY doel vir my lewe. Om vir Hom te lewe is soveel meer belangriker!!
STAY IN YOUR OWN LANE.
DO NOT LOSE YOUR AUTHENTICIY.
YOU ARE BEAUTIFUL.
YOU ARE ENOUGH
YOU HAVE PHENOMINAL COPING SKILLS
YOU HAVE ENOUGH
YOU ARE SUCCESSFUL
YOU ARE BLESSED AND HIGHLY FAVORED
Oor en oor, herhalend moet ons dit sê.
As jy wil leer om in sekere areas van jou lewe te verbeter, moet jy die werk insit en die lees werk gaan doen in daardie spesifieke area. Jy moet jou Bybel optel en LEES, jy moet die regte goed kyk en na die regte goed luister. Feed your inner being with what you want to see.
"You can’t pour from an empty cup. Take care of yourself first."
Net soos 'n mint blaar soveel smaak in water kan gee, soveel nutriente kan bied, net so is ons woorde en dit wat ons onsself emosioneel, geestelik en fisies voed so ongelooflik belangrik.
"Self-love is not selfish; you cannot truly love another until you know how to love yourself."
Die grootste fout wat ons kan maak is om onsself af te skeep deur te dink iemand anders sal meer uit ons tyd baat as ons self.
Adelé