• Chantelle Coetzee Rautenbach

Geestesgesondheid

Wat is geestesgesondheid? In eenvoudige terme is dit is jou emosionele welstand in.Dit gaan oor die manier waarop jy dink en voel omtrent jou vermoë om die “op “en die “af “die lewe te hanteer en wat 'n "rollercoaster"kan dit nie soms wees nie.


Ek kan nie genoeg beklemtoon hoe belangrik jou geestesgesondheid is nie. Ek is glad nie ’n sielkundige nie maar uit eie ervaring het ek baie geleer oor die belangrikheid van ‘n gesonde geestes welstand. Baie faktore dra by tot jou geestesgesondheid. Jou gedagtes, kinderjare, vriende, verhoudings, werk , omgewing en jou fisiese gesondheid beinvloed jou geestesgesondheid.


Ek het nou die aand ’n program gekyk waar iemand a.g.v. sy geestesgesondheid nie meer kon deelneem aan die program nie. Wat my verstom het was die res van die mense se reaksie op die program. Almal was so besorg en het regtig die deelnemer aangemoedig om na sy geestesgesondheid om te sien. Nie een keer was daar iets negatief gesê nie of geoordeel nie. Dit het my net weer laat besef hoe belangrik jou “happiness “ is.


Ek dink nie ons gee genoeg aandag aan ons geestesgesondheid nie en sluk maar baie dinge wat dit negatief affekteer. Ek dink ’n groot probleem is mense is skaam om te praat daaroor, bang hulle word gekritiseer en dat mense dink daar is iets fout as hulle nie “gelukkig”voorkom nie.


Daar is absoluut niks fout daarmee as jy op medikasie is om te help met jou geestesgesondheid nie. Inteendeel is dit juis beter vir jou indien jy dit nodig het. Jy moet na jouself kyk. Dit is onmoontlik om altyd gelukkig te wees. Partykeer is jy ongelukkig en jy weet nie regtig hoekom nie. Jy voel of jy in ’n donker gat geval het en nie daar kan uitklim nie. Jy is nie lus om uit die bed uit te klim nie. Jy is nie lus om te eet nie of dalk net lus om te eet.Jy is konstant moeg en geirriteerd. Jy is nie lus vir mense nie. Dit is okay om so te voel want ek kan jou belowe mense om jou voel dalk ook so, of het al so gevoel. Moet nooit net dink dit is net jy nie.


Jou geestesgesondheids verander soos jou lewensomstandighede verander. Jy kan dalk jou werk verloor en dit sal natuurlik jou geestesgesondheid beinvloed. Dit is belangrik om te fokus op JOU geestesgesondheid vir jouself. Niemand wil heeltyd ongelukkig voel nie.Mens wil graag die lewe geniet ten spyte van dinge wat om jou aangaan.


Ons vergelyk graag met ander wat vir “ons” as buitestaander dalk gelukkig lyk maar wie weet, dalk is daai persoon bitter ongelukkig en sukkel self met hulle geestesgesondheid. Die persoon wie jy volg op instagram kan in die duurste huis bly , oral oor die wêreld toer, die beste en mooiste klere dra maar dit beteken nie dat daardie persoon gelukkig is nie.


Ek werk elke dag aan my geestesgesondheid en glo my, ek het my dae waar ek net die “duve” oor my kop wil trek. Ek probeer fokus daarop om tevrede te wees met myself, nie te vergelyk met ander nie,myself te aanvaar vir wie ek is, met my swak en sterk punte. Ek praat as iets my plan, soms te veel en kan soos ’n regte kla kous klink maar so kry ek dit uit my sisteem.Ek het wel my handjie vol mense met wie ek regtig praat oor hoe ek voel. Ek vat ook tyd vir myself om net in my eie geselskap te wees. Ek noem dit my "reset "time want ek het soms tyd nodig om dinge op my eie te verwerk.


Ons almal hanteer uitdagings van die lewe anders en so ook ervaar ons elkeen dit anders. ’n Gesonde en goeie geestesgesondheid stel ons elkeen in staat om sterker te word om hierdie uitdagings te kan hanteer. Onthou, jy is net ’n mens.

290 views0 comments

Recent Posts

See All