Geloof soos'n kind.
Moenie vir julle skatte op aarde bymekaar maak waar mot en roes dit kan verniel en waar diewe kan inbreek en dit steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.
Matteus 6:19-21
Helloo aan my mooiste vrou en man!
Dis Marianne hier! Vandag het ek die wonderlike voorreg om vir die eerste keer by jou in te skakel met die opdrag om jou te motiveer. Nou hier moet ek myself onderbreek deur sê, toe ek hoor ek kan inskakel by
die Mooistevrou gemeenskap, was ek net in absolute ekstase. Toe ek uitvind dat ek Sondae die kans kry om my boodskap mee te deel – ek was buiten myself gevul met geluk, maar toe kry ek 'n oomblik van stilte en dink ‘God werk maar in snaakse maniere’.
Ek spot gedurig met my een vriend – toevallig 'n dominie van alle beroepe – en vertel dat ek seker een van God se grootste ironie is. Soos ons twee hierdie paadjie gaan saam stap, en ek is seker dat ons mekaar nog goed gaan leer ken, sal jy agterkom dat ek 'n groot pessimis is wanneer dit by geloof en die kerk kom, maar
als in my lewe doen ek nie sonder geloof nie. Ironies, nê? Of meer soos'n paradoks sou ek sê en jy dink ?
Tog, is dit my lewenstorie wat my gemotiveer het om nou hier te sit en vir jou te skryf. Nog meer, hoe om'n verhouding met God te hê wat soos die idioom glo soos'n kind lyk. Wel, vanuit my perspektief, maar onthou, elkeen sin lyk anders. My geloofspaadjie is een wat lyk soos daardie doolhowe op TV. Ek het my
geloof gehad en toe weer verloor. Ek het my geloof weer gevind en toe ervaar ek
seker een van die moeilikste geloofhindernisse in my lewe.
Die gevolg? Ek waskwaad vir God en het soos daardie stoute kindjie opgetree wat dik bek in die hoekie gaan sit. Ag, en so kan ek aangaan, maar nou wil ek eers my storie deel oor die dag wat ek God ontmoet het, en wie weet, dalk inspireer dit jou – en bly ook gerus tot die einde, ek kan jou belowe dat jy vir my gaan lag.
Terwyl ek wel later hieroor gaan praat, wil ek noem dat drome vir my van groot belang is. As'n kreatiewe persoon, spandeer ek die meeste van my tyd tussen my gedagtes opsoek na'n nuwe storie of ek gaan soek een agter elke koppie koffie en geroeste heinings. Nou kan jy vir jouself dink, as kind was my verbeelding
omtrent op loop. Teminste kan ek my verbeelding nou hanteer…soortvan. Dis seker ook, glo ek, hoekom God eerder met my kommunikeer deur drome as deur iemand anders.
My eerste droom was toe ek agt jaar oud was. Ek onthou my kindertyd saam met God asof dit gister gebeur het. My gunsteling dag van die week was Sondae, want dan kon ek op-dress en vir God gaan kuier. Kinderkerk was dié plek om te wees, want dan kon ons uit volle bors sing en prentjies teken tot iemand kom kla oor hoe ons die mense steur (kinderkerk was in die kerk gedurende die diens). Soos daardie persoon uitloop, giggel ons kindertjies en sing net nog harder. Dit was altyd'n kompetisie vir ons, om God beter te dien as die sogenaamde “grootmense”.
Die kompetisie het partykeer so erg geword dat die tannie gedink het sy sou haar werk as oppasser verloor. Dit was die beste tyd vir my interme van die kerk…en ook die laaste. Toe ons verhuis na'n ander dorp, was ek nooit weer rêrig in die kerk nie.
In elk geval, in my droom, was ek in my kinderhuis en dit was net voor sonsondergang. Ek onthou nou nog die dik belaaide atmosfeer. Ek was in my bed toe iets my na die voordeur roep. Toe ek voor ons voordeur staan, swaai die deur stadig oop en buite staan'n klein seuntjie. Ek onthou nog hoe snaaks die seuntjie
gelyk het – swat regop hare en sulke groot swart, onnatuurlike oë met'n klein lyfie wat uit verhouding lyk. Die seuntjie het vir my snaaks geglimlag en gevra of hy kan inkom. Selfs in die droom kon ek aanvoel iets is fout en ek het geweier om hom in te laat. Sy glimlag het geval en die keer vra hy harder kan ek inkom?
Nou jy sien, ek was as kind geleer dat respek die bobaas is en woorde soos asseblief en dankie is beste maatjies.
Toe die snaakse seuntjie houding gooi, vou ek my arms beterwetig en sê neusie in die lig nee, jy het nie asseblief gevra nie. Ek het my sin skaars voltooi toe alles begin bewe en die seuntjie kyk benoud na hoe die son sak en vra al hoe meer benoud of hy kan inkom. Ek kon sy vrees aanvoel en net toe ek wou ingee, toe sak die son en voor my verskyn die duiwel en skree op my en gaan tekere. Ek was maar agt en het begin bang raak. Op daardie oomblik voel ek die heerlikste warm gevoel op my skouer en agter my staan God en glimlag gerustellend my kind, jy het niks om voor bang te wees nie. Toe draai hy woedend na die duiwel en verban hom van my drome.
Wat daarna gebeur het, dit kan ek nie vir jou sê nie. Ek was wakker gemaak deur my ouers omdat hulle gehoor het hoe ek rond skarrel in my bed. Tot vandag toe nog wonder ek oor my droom en wat kon gebeur het as ek ja vir die seuntjie gesê het. Tog, van daardie dag af, was ek nooit weer bang nie – nie toe ek alleen in die middel van Johannesburg gelos was nie en selfs nie eers toe ek en my ouers in'n motorongeluk was nie. Ek moes toekyk hoe albei my ouers hospitaal toe gejaag word terwyl ek alleen moes agter bly om na my jonger boetie om te sien. Ons was daardie dag oppad om hom by sy skool te gaan optel en ek was maar net vyftien toe dit gebeur het, maar dié is ‘n geloofstorie vir'n ander dag.
My volgende droom was toe ek sewentien was en op daardie tydstip, was ek nog in die koshuis. Die vorige drie jaar was maar droë geloofsjare vir my omdat ek my geloof in daardie tyd verloor het, maar op sewentien het ek weer nader gegroei aan God en was ek ook nader as ooit. Een aand, terwyl ek slaap, was ek weer oorval met'n diep slaap soveel dat my een vriendin gedink het ek was dood. Al hoe ek dit weet is omdat sy my die volgende oggend omhels het. Sy is'n ligte slaper en spot my gedurig oor hoe ek liggies snork wanneer ek lekker slaap. Daardie aand kon sy nie slaap nie en het sy geluister of ek vas slaap. Sy kon niks hoor nie. Toe sy voor my bed staan, volgens haar, het my bors nie beweeg nie en ek het nie asem gehaal nie. Dit was asof ek nie meer lewendig was nie. Sy het my wakker geskud, maar ek het geen reaksie getoon nie. Omdat dit klaar drie uur in die oggend was, het sy gaan slaap met die gedagte dat sy haar verbeel het. Min het sy geweet dat ek daardie aand beide hemel en hel toe was.
Ek gaan nou nie fokus op my tyd in hel nie, want eerlikwaar, dis nou nog'n bietjie crazy vir my om terug te dink daaraan, maar ek was eerste daarnatoe. Die droom het begin waar iemand waarvoor ek baie omgee het, eintlik'n demoon was en hoe die persoon terug getrek was hel toe en hy sou doodgemaak word as ek nie help nie. Soos ek sê, dit was crazy, maar ek onthou die nood, die omgee en vrees wat ek gevoel het. Maar, daar is altyd'n maar, al hoe ek my vriend kon help is as ek my eie siel verkoop. Ek onthou hoe ek gesukkel het met die keuse en toe gryp ek die veerpen en voor ek die kontrak teken, het ek vir God gevra om my te vergewe vir my verraad. Daarna was dit die snaakste gevoel ooit. Ek het geteken, maar dit was asof ek nie geteken het nie. Daar het so'n ligte gloeiende glans my kom bedek en gekeer
dat my siel verkoop word.
Fastforward na die einde van my besoek, was ek omtrent witty (bly sekere dinge verander nie) met die duiwel soveel dat twee engele af gekom het om my te kom red. My vriend moes ek agterlos in hel soos ek op geneem was hemel toe. Ek onthou hoe die gemaklikste gevoel my omvou het soos'n warm wolkombers in die hartjie van die winter. Als was so sag en fluffly, gemaklik en net…rus. Ek het rus vir
my siel ervaar en ek dink dis iets waarna elkeen graag smag. Ek was geneem om voor God te verskyn en ek kan onthou hoe die lig te skerp was en hoe ek my kop moes laat sak het. Ek kon net God se voete sien en dis toe Hy my liggies uittrap oor my dade en ek onthou hoe skaam ek gevoel het, maar dit was juis as gevolg van my dade waarom ek hemel toe gevat was. God het vertel dat ek sonder om veel te dink,
myself op geoffer vir iemand wat dit nie eers verdien nie. Daarom wil hy my'n engel maak en wil Hy hê ek moet daar by Hom wees. Dis waar die snaakse deel inkom en ek my eie mond verwens. In plaas van om te sê dis my eer, het ek hande op die heupe en met toe oë opgekyk en gesê dankie, maar nee dankie. Rus en sing is nie vir my nie. As U my'n engel wil maak, maak my'n gevegsengel en stuur my terug aarde toe om jou intrument te wees en mense te help in nood. Kan jy jouself indink? Ek onthou hoe die stilte ge-eggo het na my woorde en hoe die engele my aangegaap het. Die stilte het so lank aangegaan dat ek self gedink het tot hier toe gaan'n Marianne en nie verder nie. Maar al wat ek daarna gehoor het, is hoe God uibundig lag. Die klank was iets wat ek nie kan beskryf nie, maar my hele lyf het net ontspan en ek wou net saam lag. Dis toe God vooroor leun en met humor in sy stemtoon sê, as dit jou wens is, dan kan jy terug gaan. Hy het sy hande gewuif en toe maak die grond oop en onder my sien ek die aarde. En dit was die laaste voordat ek wakker geword het die volgende oggend. Ek onthou hoe verdwaal en misluk my siel was die volgende drie dae, maar hier is ek nogsteeds.
Sjoe! Dis baie om in te neem nê? En dan dink jy seker ook dit kan nie wees nie? Dis okay. Jy kan van die storie maak wat jy wil, maar wat hoop ek jy leer uit my drome uit? Ek hoop jy leer dat God nie so ver weg is soos wat jy dink Hy is nie. Jy het nie'n dominie of kerk nodig om naby aan Hom te wees nie. Jy het nie eers nodig om die perfekte Christen te wees om Sy stem te kan hoor nie. Hemel en hel weet dat ek ver van ‘n goeie Christen af is en dat ek al heelwat in my lewe gesondig het. Al wat jy nodig het, is God se tien gebooie, of soos ek daarna verwys – God en sy twee gebooie – waarby ek by die volgende lewe:
- God eerste bo almal en alles
- Respekteer en hanteer almal soos jy self hanteer wil word.
Net dit en jou bybel, highlighters, pen, sticky notes en'n notaboek. Dit klink baie makliker om'n verhouding met God te bou as wat gedurig gepreek word nê? Dit en jou blindelingse en uiterse vertroue dat daar iets of iemand daar buite is was omgee vir jou en na jou omsien.
En die mees belangrikste advies wat ek kan gee is – God praat gedurig met jou en wanneer Hy sien iets werk nie, dan probeer Hy iets anders. Jy moet net leer hoe om te kyk, te luister en te herken.
Wel, dis al van my af vir vandag en indien jy meer wil weet, laat weet my gerus en my volgende artikel sal wees oor hoe om Sy stem te herken (en ook al die maniere hoe God met my al gepraat het). Ek hoop jy het'n rustige Sondag verder en onthou…gaan leef jou lewe met kinderlike bewondering en glo soos'n kindjie.
Xxx
Marianne