Geluk-dempers
Dink nie regtig daar bestaan ‘n woord soos “geluk-demper” nie, maar dis hoe ek dit beskryf. Mense wie jou helder liggie demp, dit is ‘n geluk-demper. Elkeen van ons het ‘n sterk liggie wat helder skyn, ons gees, ons hart en siel. Dinge in die lewe demp ons liggie, laat dit flouer en flouer skyn, dis nou maar die lewe. Dan is daar mense, wat nes dinge jou liggie wil demp, laat uit blaas.
Hierdie soort mens gun jou geen geluk. Hulle steel jou lig sodat daar geen gees in jou oor is. Stadig maar seker, bietjie vir bietjie.
Gewoonlik het hierdie geluk-dempers alles in die lewe. Goeie beroep, ‘n pragtige gesin, gesondheid, lekker vriende, sukses in alle aspekte, tog gun hulle ander geen geluk. Hulle saai kwaad oral waar hulle gaan om jou geluk al minder te maak. Gewoonlik met baie slim maniere - sodat geen vinger na hulle gewys kan word nie. Hulle is soos ‘n spieël, aan die voor kant blink en aan die agter kant maar redelik vaal. Tog sien die mense net die mooi, blink kant.
Hierdie geluk-dempers breek harte, roei siele uit en speel met lewens.
Geluk-dempers begin sommer al van vroeg af, in die skole onder die kinders en so word dit van kleins af dat geluk-dempers jou kindjie se lig wil demp. Daardie kind se siel breek stukkie vir stukkie.
My hart is diep seer die laaste tyd van woede, teleurstelling en byna ‘n gevoel van bitter teenoor die menswees. Stilletjies word soveel mense se liggies gedemp.
Dan kom daar dae wat God ingryp en my herinner dat niemand die reg het om my liggie te demp nie. Dat Hy en net Hy alleen my vuurtjie sal laat brand. My siel, gees en hele menswees is belangrik en van waarde. My wese het betekenis. Ek is nie alleen nie. Ek is net soos ander, geregtig op geluk en dit sal en mag beleef. Ek sal nooit alleen wees as ek in Hom glo nie.
Danksy God word my liggie elke nou en dan ‘n bietjie sterker gestel sodat ek weer helderder kan skyn. Ek weet Hy sal nie toelaat dat hulle my liggie hier op aarde so sal demp dat dit nie weer wil brand.